WAT DOEN TROMPIE NOU?

WAT DOEN TROMPIE NOU?

As Ben10 vir jou vreemd klink, het jy heelwaarskynlik grootgeword in die Trompie-era. Kliek hier en herleef jou jeug!

2010-05-03Ilana Scholtz

Sjoe! Al was dit toeka se tyd, voel dit soos gister, presies klokslag, dat mamma, pappa, boetie en sussie vasgenael voor die televisie gesit het, met die afwagting op nog episodes wat een van `n paar van hul gunsteling televisieprogramme was.

Trompieeee…… Kyk gou rond, is daar iemand naby? Niemand nie?!  Nou waarvoor wag jy dan, niemand sal jou hoor nie. Komaan, sing saam! Jy weet jy wil! 

`n Een, `n twee, `n drie, hier gaan ons...

“Trompieeeee…. en die Boksombende, dis Blikkies, Dawie, Rooies en Boesman die brak!” Het `n “tsunami-skokgolf” sopas deur jou brein gespoel?  Wat van dié enetjie? “Vreemdeling… Enkeling… Alleen.” En dan, wag hiervoor - wie was nou weer daardie jong laerskool “laaitie” met die geel skoene wat in die strate rondgejaag het met sy BMX?  Ja,  jy is reg, dit is... Die Swart Kat.

Meisies, meisies!  Wie van ons wou nie `n “boyfriend” soos Die Swart Kat/Borrie Veldt (Christo Niehaus) gehad het nie?  Sjoe, hy was darem maar die slimste en sexyste outjie in die hele wye wêreld. En was Hess (Clara Joubert) van Orkney Snork nie te dierbaar met haar twee ponies langs haar kop nie? Om nie eers te praat van programme soos Pumkin Patch, Haas Das se Nuuskas, Patrys, Vyfster, Arende, Nommer asseblief en Vetkoekpaleis nie.

En dames, wat sou julle nie alles gedoen én gegee het om die Voshaarnooi Lena (Selma van der Vyver) in Ballade vir `n Enkeling te wees nie? Die groenmonster was letterlik en figuurlik “giggelgroen” met haar in die omtrek – kompleet soos die Angelina Jolie van vandag.

Is dit nie `n lekker Red Bull skopgevoel, om die horlosie bietjie terug te draai en om jou jeug te herleef nie?

Maar wat het van hierdie mense geword? Hierdie mense wat vir `n reeks of meer in ons sitkamers geboer het?  Dis asof ons hul lewendig verloor het.  Het ons regtig van hulle vergeet, net omdat ons niks meer van hulle hoor of sien nie? Is die kostuums en karakters, na soveel jare weg?

Dit is dan die mense wat nesgeskop het in ons huise én in ons harte. Nie net het hulle ons laat droom nie, maar soms het hulle ook die kind in ons wakker gemaak én gehou of hoe?

 

Dit lyk of die Voshaarnooi, Lena, die land verruil het vir groener weivelde...  Selma van der Vyver bly al die afgelope 12 jaar in Florida in die VSA. Tans werk sy by ’n teatergeselskap wat werkswinkels aanbied vir publieke skole.

 

 

 



 

Ons hoor Hess is nou ’n graad-R juffrou in die Suurveld. Sy is steeds besig met verhoogproduksies vir verskeie geleenthede soos fondsinsamelingsprojekte, ens. Sy het ook ingeskryf vir haar BEd-graad en sê dat sy steeds op haar “Hemelse Agent” vertrou om dalk weer by die televisiebedryf betrokke te raak.   

 

 



 

Trompie oftewel Riaan Winter (46) is ook lank nie meer te sien op die kassie nie, hy het sy streke verruil vir die sakewêreld en hy is getroud met Karien en hulle het twee seuns, John en Thomas.

 

 

 

 


Mense soos Christo Niehaus (Die Swart Kat), Selma van der Vyver (Voshaarnooi-Lena in Ballade vir `n Enkeling) en Riaan Winter (Trompie) het iets reggekry. Hierdie karakters, hierdie mense, het al was dit net vir `n half uur of uur, ietsie in my en jou geanker.  Hulle het ons laat glo in die goeie, al is daar soveel haat, hulle het ons laat hoop op ware liefde, al is daar soveel seer, en vir ons die krag, moed en durf gegee om as `n span saam te werk, al is daar soveel verdeeldheid.

Daarom weet ek, dat ek en jy daardie kostuum of karakter onder ons klere dra, elke dag, want al was dit nét `n storie en of jy dit nou wil erken of nie, wil ek en jy `n storie leef met net die beste einde.

Kyk wat het ons opgespoor! Kliek hier en gaan luister na Trompie se liedjie! Kom julle sing saam...



Bron:
www.dieburger.com


Tanja Grobbelaar en Ilana Scholtz




Kommentaar
  • Wow!!! Ek het sommer trane in my oë gekry! Soveel nostalgie, mooi herinneringe, onskuldinge kinderjare . . . Ek wens ek kon dit vir my kinders gee. Trompie speel Vrydae-middae op een van die kanale, my 12-jarige seun 'probeer' om te kyk daarna, maar kry nie eintlik aanklank daarby nie, dis deesdae 'dragonball-z' of so iets. Ek dink SABC kan almal weer terugbring, dalk maak dit ons toekomstige grootmense beter landsburgers?
  • hoe mis ek die goeie ou dae met behoorlike tv programme... nie soos die nonsens wat deesdae op tv is nie
  • Ai hoe lekker was die "trip down memory lane", het my laat terug verlang na my kinderjare. Dankie vir die insetsel.
  • Ek wil

gesels saam