ASHLEY VS GIGI

ASHLEY VS GIGI

Woensdagaand was meeste van ons verstom toe Ashley Hayden NIE as die wenner van Survivor Santa Carolina aangewys is nie.

2010-04-22Ingrid Botha

Ingrid Botha



Sy het die spel uitmuntend gespeel, het 5 immunity rewards gewen en die kykers was mal oor die blondekop. So iewers moes die blondekop se strategie gewerk het om so ver te kon vorder in die realiteitsprogram.

Survivor is ooglopend fisies, geestelik en emosioneel uitmergelend. Jy moet ? goeie swemmer wees, fisiese pyn kan deurstaan, koud en honger gaan slaap en dan word jy nog boonop ook opgevreet deur sandvlooie...Hoe het jy jouself voorberei daarvoor?

Ashley: Ek het absoluut NIKS gedoen om my fisies voor te berei, en boonop is ek nie eens fisies sterk nie. Al “voorbereiding” wat ek gedoen het was om tweekeer ? week ? stel kliptrappe in ? park naby my huis uit te klim, en dan huis toe te gaan.
   
Maar ek het geweet, al het ek nie die nodige fisiese krag nie, het ek geweet ek het ? sterk wil en ek is gedetermineerd. En met daardie twee eienskappe kan mens berge versit. Die groot fout wat ek gemaak het is om myself nie emosioneel voor te berei vir die groot verlange na my twee kinders nie. Hulle was daarop voorberei dat hulle nie hulle ma sal sien vir ? maand nie, so toe ons in Desember verlede jaar vertrek eiland toe, kon hulle dit baie goed hanteer. Maar ek het skaars by die eiland aangekom, toe tref dit my soos ? ton bakstene. Die verlange het soos ? groot gat in my maag kom sit. Ek het elke dag oor hulle gehuil. Hulle is maar nog baie klein, net 5 en 6 jaar oud. 

Hoe het jy jou slim plannetjies beraam sodat net jy en GiGi oorgebly het?

“Dit baat jou niks om klein, sluwe plannetjies te maak om jou teenstander te probeer uitoorlê nie, mense sien dadelik dwarsdeur jou. Maar jy moet darem ? strategie in plek hê wanneer jy wegspring.
“Toe ons op die eiland aanland het ek geweet ek moet (a) nie beheer probeer neem (soos my gewoonte is nie) en (b) dat ek so min moontlik aandag moet trek, want anders stem hulle jou uit. Vir my, wat ? regte beheervraat is en “loud” is, was dit beslis nie maklik nie, hoor!
   
Jy het ooglopend baie mense kennis, want hoe interpreteer jy iemand sodat hulle uit jou hand uit eet?

Nee wat, ek probeer nie mense bewustelik lees sodat ek hulle guns kan wen nie. Ek dink mense hou van my omdat ek van hulle hou. Ek is van nature geïnteresseerd in mense, en op Survivor het ek dit tot my voordeel gebruik. Maar ek sal voorstel dat wanneer jy iemand se guns wil wen, moet jy uitvind waarin daardie persoon belangstel. Wat maak hulle bly? Wat maak hulle hartseer? Wat laat hulle tick?  
My vriendskap met Izak (Davel) het begin toe ek by hom gaan sit het eendag omdat hy so ongelukkig gelyk het. Izak het sy vrou ongelooflik gemis, die arme man. Hulle twee het die mooiste verhouding en hulle is gek oor mekaar. Siestog, ek kon sien hoe sukkel hy en toe het ek by hom gaan sit en met hom gesels. Sien, ek vind maniere om vriende te maak. Nie om hulle te manipuleer nie, maar omdat ek van hulle hou.

Ek het gou in die spel agtergekom dat mans baie meer goedgelowig is as vroue. Wanneer jy iets met ‘n man bespreek sal hulle oop wees vir nuwe idees. Terwyl vroue weer alles eers evalueer en analiseer en wonder oor jou motiewe. So ek wou so gou moontlik van al die vroue ontslae raak want hulle was vir my ? bedreiging.

 Terwyl die mans probeer alfa-man speel en wedywer oor wie die grootste vis gevang het, het die vroue net stilweg toegekyk – en gewag. Om te doen wat vroue die beste doen – beheer te neem. Teen die tyd wat die twee spanne gemerge het, was ek die enigste vrou oor in my groep!
 
So jy sê jy is NIE ? sersant-majoor by die huis nie?

Nee beslis nie. My man Charlie het ook gese nou wonder al die mense seker wat gaan aan by die huis? Ek hou van orde, maar ek is nie baasspelerig nie. Ek is byvoorbeeld ? ‘lysie-mens.” Dit gee my die grootste satisfaksie as ek elke dingetjie wat ek gelys het aan die einde van die dag kan afmerk: tick, tick, tick. Dinge moet ordelik gebeur. Ek dink dit kom van ’n diepgevestigde gevoel van onsekerheid, want ek begin paniekerig raak wanneer ek buite beheer voel. Maar die lewe is so onvoorspelbaar, mens kan net beplan tot op ? punt. Ek sal byvoorbeeld ‘n netjiese lysie maak voor ek winkels toe gaan, en dit dan by die huis laat lê.

Was jou familie en vriende verbaas om die “slinkse” kant te sien?

Charlie is ongelooflik trots op my. Hy ken die real me. Wat julle gesien het op televisie, is net ’n gedeelte van my persoonlikheid, ek is eintlik maar ’n sissie. Raak gou bang vir goed, so hy is baie trots dat ek deurgedruk het. Die kinders is nog te klein om te verstaan, maak ek is bly dat ek dit kon tuisbring by hulle dat mens moet hard werk en gedetermineerd moet wees om sukses in die lewe te wil bereik.

As jy dit weer kon doen, wat sou jy verander aan jou spel?

Ek sal weer presies dieselfde strategie hê, maar hierdie keer sal ek meer subtiel te werk gaan, ek sal meer gebruik maak van “die krag van suggestie” eerder as om baasspelerig en manipulerend oor te kom. Maar, aan die anderkant, as ek weer dit moes oordoen sal ek heel moontlik dit presies op dieselfde manier speel, want ek kan nie wees wat ek nie is nie. 

Al is Ashleigh nie ons Nuwe Survivor nie, en al het sy baie “foute” bly sy nog steeds ons kykers se liefling. Ashleigh se strategie is ’n voorbeeld vir ons almal. Vergeet van jou swakhede en fokus net op dit waarin jy goed is, en jy sál Survive.

(BAIE geluk aan ons twee wenners van die SMS kompetisie, Charmain van Rooyen en Lyzelle Chassy. Hulle wen 'n getekende Survivor hoed en 'n t-hemp.)

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]