VIR MILLA IS MA-WEES VIR <i>EVER</i>

VIR MILLA IS MA-WEES VIR <i>EVER</i>

Milla Jovovich neem moederskap baie ernstig op. Die 34-jarige model en aktrise sê sy wil hê haar dogtertjie moet net haar kinderjare geniet.

2010-04-21Ingrid Botha

Sy dink die hele idee van ouers wat hulle kinders forseer om kindersterre te wees is “af”.

Die beeldskone Russiese model en aktrise van flieks soos Fifth Element saam met Bruce Willis, vertel dat haar ouers haar laat werk het vandat sy 12-jaar oud was.
Sy sê sy sal nooit daaraan dink om haar dogtertjie Ever Gabo (wat ’n naam!) te laat werk nie.
“Dis bietjie af dink ek. Die hele idee van die werkende kind tipe ding... Toe ek en my familie uit Rusland na Amerika immigreer, was ons baie arm. Ons het regtig gesukkel om te oorleef. Toe my ma talent in my raaksien wou sy hê ek moet die beste en die meeste daarvan maak.”
“Maar dit is nie nodig vir Ever om te werk nie. Ek wil hê my dogtertjie moet net ’n kind wees. Sy moet hard werk in die skool en sy moet haar passie vind – stadig en op ’n natuurlike wyse.”

Alhoewel dit klink asof Ever ’n wonderlike lewe lei met haar ma wat ’n beroemde aktrise is en haar pa, Paul W.S.Anderson wat ’n film regisseur is, lyk dit asof die dogtertjie ook maar swaar kry. Haar ma kan byvoorbeeld nooit saam met haar parkie toe gaan nie, want hulle word só oordonder met fotograwe dat dit die ander ouers ontstem. “Almal raak dan verskriklik gespanne en dan raak hulle sommer vir my kwaad, sê Milla. Soveel so dat Ever al gesê het sy wil die paparazzi se “kameras breek.”

Ja jong, dit lyk my daar is altyd maar ’n prys om te betaal, al is jy gebore met die spreekwoordelike silwer lepel in die mond.

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]