Top stories

MAAK REG VIR DIE RESESSIE

MAAK REG VIR DIE RESESSIE

Tien top tips om Suid-Afrikaners te help voorberei vir die resessie.

2009-08-04Karen Webber

Suid-Afrika is nou amptelik vir die eerste keer in 17 jaar in resessie. Die ekonomie het met meer as 6% in die eerste drie maande van die jaar gekrimp en 'n onseker toekoms maak manse ongemaklik. Die belangrikste vraag is:

Hoe gaan dit my en my familie raak?

Die silwer randjie is dat ons hier in Suid-Afrika kan leer van lande soos Amerika en Engeland, waar gewone mense al maande lank die effek van die wêreldwye resessie beleef.

Hier is tien dinge wat jy kan doen om die wolf van die deur te hou.

1.    Werkendes moet kyk na werksekuriteit. Duisende kan hul werk verloor as gevolg van die resessie. Ken jou waarde, maar wees bereid om jou tekortkominge (privaat) te erken en iets daaromtrent te doen. Gaan op 'n kursus of verbreed jou sektor kennis deur die internet, sodat jy kan uistaan bo ander kandidate vir bevorderings of nuwe poste. Dit kan ook help wanneer jou base moet besluit of hulle kan bekostig om jou te verloor wanneer die besigheid krimp en hulle moet mense laat gaan.

2.    Spaar, spaar, spaar. Sente tel is nie lekker of maklik nie, maar mens kan nie anders gedurende 'n resessie nie. Finansiële dissipline is noodsaaklik; kenners sê jy moet omtrent drie maande se salaris gespaar hê vir onverwagse uitgawes of as jou inkomste opdroog.

3.    Kyk weer na jou finansiële prioriteite. Werk 'n begroting uit en moenie geld spandeer op iets wat jy nie nodig het nie. Moenie uitstel nie.

4.    Verkoop jou besittings. Impulsiewe kopies en wit olifante kan vir jou geld maak, want mense verkies tweedehands bo nuut gedurende 'n resessie. Adverteer goedkoop via die internet.

5.    Maak seker jy kom uit skuld uit. Jy sal geld spaar in rente en vir beter lenings kwalifiseer wanneer die resessie harder begin druk en jy het regtig 'n lening nodig.

6.    Spandeer minder op kos. Plant jou eie groente, vrugte en kruie. Begin 'n kos klub met vriende eerder as om gedurig in restaurante te eet. Vat jou tyd wanneer jy kruideniersware koop en vergelyk produkte om die beste waarde vir geld te kry. En moenie op 'n leë maag winkels toe gaan nie!

7.    Lewe gesonder. Minder gesondheidsprobleme beteken minder mediese onkoste. Spaar geld deur op te hou rook. Belê in 'n fiets en spaar op petrol oor korter afstande. Kanselleer jou gym lidmaatskap en gaan stap elke aand vinnig saam met 'n vriendin.

8. 
   Snuffel die goedkoopste van alles uit op die internet: van mat skoonmakers tot DVDs en blomme.

9.    Onderhandel vir die beste prys. Gedurende 'n resessie moet besighede ekstra hard werk sodat hulle - en nie die kompetisie nie - verbruikers se rande kry. Gebruik dit tot jou voordeel.

10.    Wees kreatief. Verras iemand met tuisgebakte koekies eerder as duur presente. Ruil jou talente vir 'n diens waarvoor ander moet betaa; as jy Frans praat en wil leer van rekenaars, soek 'n rekenaarguru wat Frans wil leer. Kyk hoe jou stokperdjies - naaldwerk, scrapbooking, stap met honde - vir jou kan geld maak. Ruil tydskrifte uit met vriendinne. Doen vrywilligerswerk eerder as om in die winkels rond te loop (waar jy meer geld sal uitgee as wat jy moet).
 
Jy hoef nie jou hele lewenswyse te verander net omdat die ekonomie swaarkry nie.
Maar dit is 'n geleentheid om jou lewe van 'n nuwe hoek te bekyk en die onnodige uit te sny en jou energie – en geld – te spandeer op die dinge wat regtig saakmaak.

Kommentaar
  • Thanks Karen, dis 'n goeie "how-to".
    Jou grootste fan, Jeanne :)
  • Ek is geinspireer om my lewenstyl te evalueer en twee maal te dink voor ek geld spandeer. Dankie vir die nuttige wenke! Goeie artikel!
  • Fantasties!!! Dankie vir nuttige inligting.ps:Jeanne: ek en jy sal maar die 'grootste fan' posisie moet bespreek....Estie
  • Dis nou interessant. Ek is nog steeds benoud oor die resessie maar ek het nou 'n paar blink idees gekry vir hoe ek self 'n verskil kan maak aan ons geldsake. Dankie voelgoed! Julle het 'n lekker site!
  • Ek het toe maar besluit plaas om geld uit te gee wat oor is in die maand op onnodige gemors, het ek 'n ekstra spaarrek. oopgemaak en 'n stloporder geteken dat dit sommer van een rek. na die volgende oorgedra word. Eendag kan dit dien vir 'n klein pensioentjie of so iets. Dankie vir die wenk. Spandeer geld op goed wat regtig saakmaak. Groete, Thea

gesels saam


argief

argief

soek op voelgoed

voelgoed

cafe

 

Ons Bootcamp gaan die maand oor 29 dae na geluk. Dink jy geluk kan in 29 dae verander? Kan so boekie regtig ’n verskil maak?

'n nuwe

jy!


Wil jy weet hoe om van so-so na SO SEXY te verander? Vind ’n splinternuwe jy!

in die nuutste

finesse

 


Versamelstuk! Dit is ons 150ste uitgawe!
Jou eie dieet - kies waarvoor JY lus is en skud kilo's af
Vuurwarm haarstyle waaroor jy mal sal wees!

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]

 

voelgoed

RSS

   www.nuus24.com

   www.DStv.com

   www.computicket.com

voelgoed

gemeenskap

 29dae.co.za
Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie!

 

 manlief.co.za
 Die oulikste manne in die land!

   

bittersoetboek.co.za
Natasha deel haar hartsgeheime.

   

soetgoedvirdiesiel.co.za
Susan Coetzer deel al gratis soetgoed vir die siel.

 

 

Dink jy Bees Roux is skuldig of nie?

 Nee, daar is te veel goed wat onduidelik is.
 Ja, geen twyfel nie.
kyk uitslae