58 NUWEJAARSVOORNEME VIR DIE HELE JAAR ... ons SELF kenner Articles www.voelgoed.co.za

NUWEJAARSVOORNEME VIR DIE HELE JAAR ...

NUWEJAARSVOORNEME VIR DIE HELE JAAR ...

Is jou nuwejaarsvoorneme al lankal weer vergete en iets van die verlede?

2012-01-31Eugene Kemp

Kry dinge in plek om die belangrikste voornemens heel jaar vol te hou.


Aan die begin van die jaar is dit maklik om jou gedagtes met al die verkeerde dinge besig te hou. Jy dink dalk oor alles wat die vorige jaar verkeerdgeloop het en wonder hoe gaan jy deur hierdie jaar kom. Jy het dalk ’n lys vol nuwejaarsvoorneme, maar na die eerste maand van die jaar is dit ook maar weer vergete. My raad vir jou is: probeer om nie te ver vooruit te dink nie – fokus net op die hier en nou.

Daar is drie goed wat nogal ʼn groot rol speel in die gebrek aan selfmotivering. Wanneer jou vertroue en selfvertroue min is, gaan jou motivering ook maar laag wees. Dit is wanneer jy dink dat jy nie genoeg tyd, geld, of talent het om iets te doen nie. As gelowige, behoort jy te glo dat jy al die nodige bronne sal kry om te doen wat oor jou pad kom.

ʼn Gebrek aan fokus kan ook jou motivering knou. Jy weet nie regtig wat om te doen en waar om te begin nie. Jy vat hier, los daar, karring op ʼn ander plek – en daar kom niks van nie. Dan moet jy jouself afvra: Waarom doen jy wat jy doen? As dit byvoorbeeld bloot vir finansiële voordeel is, gaan jy waarskynlik sukkel om gemotiveerd te bly. Die belangrike ding is om jou “plek” in die lewe vol te staan.

Die derde ding wat ʼn rol speel in gebrek aan selfmotivering, is rigtingloosheid. Party mense het groot planne, maar hulle het nie stappe in plek om daar te kom nie. Dit is dalk ʼn goeie idee om aan die begin van die jaar neer te skryf wat jy wil bereik, en dit dan in kleiner stappe op te breek. Want soms is jou doelwit so groot dat jy nie ʼn idee het hoe om daar uit te kom nie – dit voel buite jou bereik. Maar wanneer jy stukkie vir stukkie daarheen beweeg, kom jy maklik daar.

Om ʼn dankbaarheidsjoernaal te hou, kan jou ook help om gemotiveerd te bly. Dit fokus jou aandag op die dinge in jou lewe wat reg loop en gee jou moed om aan te gaan.

Kommentaar

gesels saam


soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]