58 BESLUIT JY MET JOU KOP OF HART? ons SELF kenner Articles www.voelgoed.co.za

BESLUIT JY MET JOU KOP OF HART?

BESLUIT JY MET JOU KOP OF HART?

Om 'n besluit te neem is nie maklik nie. Daar is geen handboek nie. Jy is alleen verantwoordelik vir jou besluite.

2012-02-07

Dié gedagte is nogal vreesaanjaend!


Die hartsbesluit

Daar is mense wat sê jy moet volgens daardie diep-in-jou-binneste-gevoel optree. Dít sal jou ’n goeie aanduiding gee, en dis buitendien die enigste manier om ’n besluit te neem. Dit hang egter van die besluit af. As die uitkoms geringer implikasies het, is ’n hartsbesluit seker reg. Maar onthou, die emosionele deel van die brein reageer so ’n klein bietjie vinniger as die rasionele deel. So, baiekeer kan dit die verkeerde besluit wees ... met erge gevolge ...

Die kopbesluit

Die oumense het mos gepraat van “tot tien tel”. Daarom moet ’n mens jou brein kans gee sodat die rasionele deel kan inskop. Dit gee jou tyd om ’n bietjie te dink, te bedink en te oordink.

Die hart-kopbesluit

In sy boek 7 Habits of Highly Effective People skryf Steven Covey dat hoogs effektiewe mense ’n goeie afstand tussen die prikkel (stimulus) en die reaksie (respons) het. Dit gee die brein genoeg tyd om na ’n alternatiewe reaksie te soek wat meer by die prikkel gaan pas. Dit wil sê: die gut feeling, oftewel kropgevoel, moet saam met die brein werk.

Die waarde van ’n klankbord

’n Goeie idee vir die taai besluite is om ’n klankbord te kry. Iemand wat jy vertrou, wat sal luister en jou gedagtes na jou toe terugkaats. Deur jou gedagtes hardop te sê, kry ’n mens baiekeer ook meer helderheid.

Bekyk jou opsies van hoek tot kant

Dis belangrik om eers jou keuses teenoor mekaar op te weeg. Partykeer mag jy dink die keuse is tussen A en B, maar dit is dalk C en D of selfs E. Vir die groter prentjie is dit dus ’n goeie plan om kolomme te trek en die negatiewe en positiewe teenoor mekaar te stel. Dis ’n feit dat as jou keuses so swart op wit voor jou lê, jy vir seker nader aan die oplossing gaan kom.
Bid ook vir insig. Die Here beloof ons wysheid wanneer ons dit kortkom. En as mens biddend, in diep afhanklikheid, oor die groot en selfs klein dingetjies in die lewe besluit, sal jy wel reg kies.


Kommentaar

gesels saam