54 ’N WARM BAKKIE SOP VIR HONGER MENSE AKTUEEL Articles www.voelgoed.co.za

’N WARM BAKKIE SOP VIR HONGER MENSE

’N WARM BAKKIE SOP VIR HONGER MENSE

31 Mei is Nasionale Sopdag! Denny en FoodBank SA werk saam om minderbevoorregtes ‘n bakkie sop te gee. Jy kan ook help.

2012-05-02

Met die winter om die draai krul ons almal snoesig in ons komberse op met ’n warm bakkie sop. Sop is so deel van winter, dat daar selfs ’n Nasionale Sopdag is! Sopdag is ’n dag van liefde en sorg vir mense wat nie so geseënd is soos ons nie.

Omtrent 11 miljoen mense in Suid-Afrika weet nie waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie! Denny en FoodBank SA span kragte saam om op 31 Mei 2012  Nasionale Sopdag te ondersteun. Hulle neem die leiding om seker te maak dat die duisende mense wat in ons armste areas woon, ook ’n heerlike warm ete kan geniet wanneer hulle dit die nodigste het in die winter maande.

Denny het belowe om R200 000 aan FoodBank SA te skenk, maar ek en jy kan dit selfs meer maak. Al wat jy hoef te doen is om jou gunsteling Denny sop tussen April en Augustus 2012 te koop, en dit is nie eers moeite vir ons sopliefhebbers nie! Natuurlik moet jy ook ’n heerlike bakkie Denny sop op Nasionale Sopdag geniet!
 
Vir elke Denny sop produk wat ons in daardie tyd koop, sal hulle 40 sent aan FoodBank SA skenk.
 
FoodBank SA is ’n nie-winsgewende organisasie en Suid-Afrika se enigste voedselbank wat gehaltekos aan honger mense versprei om hongersnood en wanvoeding in Suid-Afrika te beveg.
 
Dis so maklik soos dit. Jy kan jou eie koskas vul met gesonde etes vir die winter en in dieselfde asem help jy die wat minder het as jy. Wat ’n wonderlike manier om jou deel te doen! 
 
Gaan kyk op www.nationalsoupday.co.za en www.foodbank.org.za vir meer inligting.
 

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]