OMSKEP DIT IN 'N KUIERKOMBUIS!
Daar is niks so lekker soos 'n vriendelike en warm kombuis nie.
2012-01-24
Daar is niks so lekker soos 'n vriendelike en warm kombuis nie.
2012-01-24
Met hierdie items kan jy ook jou kombuis in ’n kuierkombuis omskep!
Word ’n bobaaskok deur jou eie vars tuisgemaakte pasta op te tower. Hierdie pragtige Kuchenprofi Pasta Maker van Kitchen Passion (R2 100) is beslis iets wat jy as ’n dekor-item in jou kombuis kan gebruik. Dit knie en rol die deeg uit en boonop kan jy enige tipe pasta uitrol, soos spaghetti, fettuccine en tagliatelle.
Hierdie is sekerlik die droom-yskas wat alles-in-een bevat. Dit is omgewingsvriendelik en gebruik 20% minder elektrisiteit. Dit elimineer reuke en bakterieë in jou yskas met die unieke Vacuum Fresh en Humidity Control, wat jou kos langer vars hou. Boonop kry jy ’n 10 jaar-waarborg op dié LG Linear Compressor.
Met hierdie haak teen jou muur van Corricraft (R195) hoef jy nie meer na lepels of ander kombuistoerusting te soek nie. Hang dit naby jou stoof sodat dit binne bereik is as jy dit nodig het. Dit kan ook as sleutelhouer gebruik word.
Houtlepels is ideaal om mee te kook of selfs vir opskep te gebruik. Dit beskadig nie jou potte nie en vir opskepdoeleindes lyk dit altyd mooi. Hang hierdie lepels en produkte aan die haak teen die muur naby die stoof. Beskikbaar by @home vanaf R25.
Dit is ideaal vir tee-liefhebbers. Die kalmerende uitwerking wat tee op jou het, begin by die voorbereiding daarvan. Nou kan jy die water in die pot warm maak en dan die teesakkies byvoeg. Dit is ook ideaal om op jou stoof uit te stal. Beskikbaar by Kitchen Passion (R1 115).
Hierdie graniethouer waarin jy kruie kan meng of ander speserye kan fynkap, is ʼn moet-hê in enige kombuis. Gebruik dit om verskillende kruie met mekaar te meng en hulle geure te laat ontsnap. Dit is ook ideaal om koring fyn te maak, wat jy dan in jou pasta kan gebruik. Kry dit by @home teen R290.
Emaljehouers verleen daardie ouwêreldse gevoel aan jou kombuis. As jy dit wil uitstal, sit almal saam in een area, so sal dit ’n groter impak maak. Die houers is ook ideaal om eetgerei of ander kookapparaat in te hou. Jy kan verskillende emaljehouers by pandjieswinkels of kombuiswinkels koop vanaf R35.
Daar word gesê as jy eers met Le Creuset-panne gekook het, jy nie weer iets anders sal gebruik nie. As jy ’n passievolle kok is, is dit dalk tyd om jouself met een van hulle gietysterpanne te bederf. Die reeks is sinoniem met goeie smaak en goeie kos en boonop kry jy ’n lewenslange waarborg op hulle produkte. Beskikbaar in 12 verskillende kleure vanaf R438 by uitgesoekte winkels.
Maak seker dat jy nie jou hande verbrand met warm disse uit die oond nie. Kies ’n handskoen wat ’n noodsaaklike beskermende laag bied tussen jou hande en warm kastrolle, panne en oondskottels. R144 by Le Creuset.
As jou huis lekker kuiervertrekke het, is die Little Perillo-stoele perfek. Dit is lig en maklik om rond te skuif en boonop is die ontwerp klassiek. Dit is ideaal om binnenshuis of buite te gebruik en pas in enige ruimte in. Die ontwerp is so gedoen dat dit dadelik die oog vang en ’n blywende indruk skep. Beskikbaar by Dauphin HumanDesign.
argief
FINESSE REDAKSIE RESEPTE (deel 1)
Al ons gunsteling resepte het ons hier vir jou saamgevat. Bon Appétit!MAAK JOU BADKAMER MOOI
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!WARM KLEURE IN JOU HUIS ...
...vir 'n snoesige winter!ROOI, ROOI, ROOI
Hoe rooier hoe mooier ...SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterPERS VIR DIE PASE
Stylvolle feestafelGEBRUIK KLEIN RUIMTES SLIM
Jou dekor kan jou helpTERUG SKOOL TOE ...
Raad om die week te oorleefMOOI MET HERINNERINGE
Hoogmode oudtydse dekor


.jpg)




.jpg)

















