VANG DIE SON MET GEEL
Geel is 'n gewilde pasmaat vir aardse kleure. Die geheim is natuurlik om spatsels van dié sonvanger kleur in 'n vertrek te gebruik.
2012-01-13
Geel is 'n gewilde pasmaat vir aardse kleure. Die geheim is natuurlik om spatsels van dié sonvanger kleur in 'n vertrek te gebruik.
2012-01-13
Kombineer dit met interessante elemente van nuut en oud om ’n ander atmosfeer te skep.
Spieëls kan as afronding teen mure gehang word of om meubels te beklemtoon. As jy spieëls hang bo ʼn kaggel of kas, kan dit ʼn klein vertrek in ʼn oogwink groter laat lyk. Dit is ook aanpasbaar by enige dekor-styl. Hierdie spieël van Mr.Price Home (R349) sal mooi lyk op ʼn tafel of teen ʼn muur.
ʼn Mooi lampskerm is soos ʼn kunswerk in ʼn vertrek. ʼn Interessante lampstaander (@Home, R290) soos die een kan gekombineer word met silwer balle of kristal elemente op ʼn hoektafel om ʼn luukse gevoel aan jou vertrek te gee. ʼn Lampskerm is die perfekte manier om kleur in jou vertrek in te bring. Kies een met interessante patrone soos die een van @Home, R159.
Kuns teen jou muur is iets wat met sorg gekies moet word. Iets met abstrakte patrone in eenvoudige kleure sal maklik in enige vertrek inpas. Hierdie item van Corricraft (R1640) het ʼn meervoudige rol en kan ook as ʼn kamer afskorting gebruik word.
ʼn Bank in jou leefvertrek is gewoonlik die fokuspunt. Jou sitplekke sal die voorkoms en gevoel van die res van die vertrek bepaal. So, as jy joune meestal vir ontspanning gebruik is ʼn gemaklike rusbank onvermydelik. Koda is ʼn nuwe reeks wat by Corricraft beskikbaar is. Dit het ʼn unieke matras sitplek en los kussings, R10 995.
ʼn Moderne ruimte kry ʼn ontspanne gevoel as neutrale kleure gebruik word, maar danksy aksent kleure sal die energievlakke opgekikker word. Geel kussings sal help om ʼn aardse vertrek weer lewe te gee, @Home teen R149.
ʼn Los mat kan sagte tekstuur aan jou vertrek gee – ook nie net onder jou voete nie, maar ook aan die atmosfeer. Verskillende teksture in ʼn vertrek moet nooit onderskat word nie. Dink aan blinkgladde vloere met ʼn gestoffeerde bank en ʼn growwe mat. (Mr. Price Home, R99,99.)
Begeer jy ook pragtige houtvloere in jou huis? Kronotex se nuwe Pssst! reeks sal sorg dat jy kan slaap sonder dat jy die vloere kan hoor kraak. Dit het ʼn leeftyd waarborg en maak nie ʼn geluid as jy op dit loop nie. Dis ook spesiaal vervaardig om baie voete te kan hanteer en ideaal is vir huise met kinders en troeteldiere. Beskikbaar vanaf R329,95 per m².
argief
FINESSE REDAKSIE RESEPTE (deel 1)
Al ons gunsteling resepte het ons hier vir jou saamgevat. Bon Appétit!MAAK JOU BADKAMER MOOI
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!WARM KLEURE IN JOU HUIS ...
...vir 'n snoesige winter!ROOI, ROOI, ROOI
Hoe rooier hoe mooier ...SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterPERS VIR DIE PASE
Stylvolle feestafelGEBRUIK KLEIN RUIMTES SLIM
Jou dekor kan jou helpTERUG SKOOL TOE ...
Raad om die week te oorleefMOOI MET HERINNERINGE
Hoogmode oudtydse dekor


.jpg)




.jpg)

















