MAAK JOU BADKAMER MOOI
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.
2011-11-30
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.
2011-11-30
Dis waar jy skoonmaak en jouself in die spieël bekyk. Maar dit beteken nie dat hierdie vertrek nie mooi hoef te wees nie. Jy kan dit ook mooi maak en dit by jou huis se rustigheid en gemak laat aansluit. Maak jou badplek deel van die slaapkamer deur dit oopplan te maak. Dit gee jou slaapkamer meer ruimte en lug.
Om jou badkamer mooi te maak hoef nie noodwendig duur te wees nie. Met ’n bietjie kreatiwiteit kan jy baie uitrig sonder om ’n sent uit te haal. Sit meubels in jou badkamer – dit sal dadelik warmte gee. Hang spieëls teen die mure en pak jou borsels en badgoed in interessante houers. Vars blomme se reuk doen ook wondere vir jou badkamer.
Pak weg
Maak seker al jou botteltjies word altyd weggepak sodat niemand dit kan sien nie. Stal net produkte uit wat jy uit die oorspronklike plastiekbottels kan haal en gooi dit in ou glas- en kristalbotteltjies.
Sit ook jou badgoed in ’n interessante houer wat op die bad se rand kan staan. Badsout en glashouers, R95 (sout) en R65-R85, Nonna; Silwer raamwerkbakkie met sepies R1 625, M Square Lifestyle; Houer vir badgoed, R350, @Home.
Romanse is in
Plaas lanterns en kerse in oop spasies in jou badkamer. ’n Badkamer kan nie genoeg kerse hê nie. Dit gee ’n lyflike, romantiese gevoel. Dié simplistiese voorkoms kry jy met sementvloere, reguit lyne en moderne elemente. Items soos tou, hout en leer skep ’n aardse gevoel. Een van die mure is vervang met groot oopvouglasdeure. Nou hoef jy nie meer jou badkamer se deur vinnig toe te trek as jou kuiermense instap nie. Lanterns (rond) R159 @Home, (lank) R950, M Square Lifestyle; Houtkershouers, van R65 elk, Loads of Living
Verf
Onthou, ’n mens hoef nie meer die badkamer heeltemal te teël nie. Mure kan interessante kleure geverf word, soos hierdie badkamer wat in sy geheel donkergrys geverf is. Wie sou ooit kon dink dit sou werk?
Kuns
Soek ’n paar kunstige artikels om jou badkamer ’n bietjie meer luuks te maak. Soos hierdie Bali mandjie, moderne spieël en bonkige tou-stoel.
Bali mandjie, R195, Coricraft; Tou-stoel, R2 850, Nonna; Spieël, R595, Coricraft.
Handdoekdekor

Koop al jou handdoeke in dieselfde kleur en pak dit netjies in ’n interessante bak, soos in hierdie bamboesbak. Dan word jou handdoeke deel van jou vertrek se dekor. Jy kan dieselfde met jou seepbakkie doen. Sit ’n klomp wit sepies saam in ’n mooi bakkie. Handdoeke, R189, R65, R25 (waslappies) elk, Loads of Living; Bamboesbak, R1 460, M Square Lifestyle Necessities 011 447 0807.
Oudhede
As jou badkamer baie modern is, is dit goed om ’n paar oudhede in te bring, soos dié silwer spieël. Dit verleen karakter aan ’n eenvoudige badkamer. Silwer spieël, R399, Loads of Living
Hout
Rou houtstukke, takke en klippies is baie goedkoop dekor. Hier het ons sommer reptiel houtstukke van ’n troeteldierwinkel op die vloer laat rondlê.
Houtstukke, R25 elk, enige troeteldierwinkel; Sak met klippies, R29,95, Mr. Price Home.
Dankie aan Phia en Rudolph van der Meulen vir die leen van hulle badkamer.
Stilis: Karin Orzol
- HI EK WIL GRAAG WEET WATTER TIPE PLANTE KAN EK IN DIE BADKAMER SIT.
argief
FINESSE REDAKSIE RESEPTE (deel 1)
Al ons gunsteling resepte het ons hier vir jou saamgevat. Bon Appétit!MAAK JOU BADKAMER MOOI
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!WARM KLEURE IN JOU HUIS ...
...vir 'n snoesige winter!ROOI, ROOI, ROOI
Hoe rooier hoe mooier ...SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterPERS VIR DIE PASE
Stylvolle feestafelGEBRUIK KLEIN RUIMTES SLIM
Jou dekor kan jou helpTERUG SKOOL TOE ...
Raad om die week te oorleefMOOI MET HERINNERINGE
Hoogmode oudtydse dekor


.jpg)




.jpg)

















