42 MIN MOEITE IN OKTOBER jou huis Articles www.voelgoed.co.za

MIN MOEITE IN OKTOBER

MIN MOEITE IN OKTOBER

Jy wil beslis nie in die somer ure voor die kospotte staan nie, kyk na dié maklike resepte! Mmm …

2009-10-16Wilma Claasens

Appel en parmaham stapelslaai – vinnig en ekonomies

BESTANDDELE
500 ml  strooisuiker
250 ml  water
60 ml reënboogpeperkorrels
200 ml wit balsamieke asyn
1 suurlemoen se sap
125 ml water
6 Granny Smith appels
70 g parmaham
200 g haloumi
roketblare vir garnering            

KOM ONS KOOK
•    Stel die oond op rooster.
•    Kook die suiker, 250 ml water en peperkorrels in ’n kastrol tot die suiker opgelos is.
•    Verlaag hitte en kook tot ’n dik stroop.
•    Voeg die asyn by, roer en haal van die hitte af. Laat staan tot benodig.
•    Meng die suurlemoensap en 125 ml water in ’n groot mengbak.
•    Sny die appels in baie dun skyfies, doop elke skyfie in die suurlemoenwater en haal uit.
•    Stapel elke appel se skyfies op mekaar nadat dit gesny is en hou eenkant.
•    Plaas parmaham op bakpapier en rooster tot bros in die oond. Hou dit dop.
•    Druk die haloumi met ’n koekiedrukker in sirkels of blommetjies (groote van die appel).
•    Sny in baie dun skyfies en rooster in die oond tot ligbruin.
•    Pak die parmaham en haloumi tussen die appelskywe. Gooi die sous oor. Garneer met roketblare.

Genoeg vir 6 persone

KOSTE:      strooisuiker R10
                 appels         R10
                 parmaham  R40
                 haloumi      R30
                 blare           R10
                 totaal          R100  produkte en pryse van Woolworths          

Murgpampoentjies met spinasiepasta – ekonomies

BESTANDDELE
750 g spinasie-tagliatelle
15 ml olyfolie
30 g kersietamaties, gehalveer
15 ml olyfolie
350 g medium murgpampoentjies, in dun ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
15 g vars kruisementblare
80 g parmeskaas, gerasper
growwesout en varsgemaalde swartpeper

KOM ONS KOOK
Verhit die oond tot 200?C.
•    Sit die tamaties op ’n bakplaatjie en drup die eerste hoeveelheid olyfolie oor. Bak vir 10 minute in oond.
•    Kook die pasta in soutwater vir 10-15 minute tot al dente. Gooi deur vergiettes, dreineer en hou warm tot benodig.
•    Verhit die tweede 15 ml olyfolie in ’n pan en braai die murgpampoentjies tot sag en gekaramelliseerd. Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
•    Voeg die murgpampoentjies, tamaties en kruisementblare by die pasta en meng liggies.
•    Strooi die parmesankaas oor, asook sout en peper na smaak en bedien dadelik.

Genoeg vir 6 persone

KOSTES:      tagliatelle              R45
                   tamaties                 R8
                   murgpampoentjies R12
                   kruisement               R6
                   parmesan               R21
                   totaal                      R92  produkte en pryse van Woolworths

Hoender in klappermelk – vinnig

BESTANDDELE
400 ml klappermelk
2 groenrissies, fyn gekerf
15 ml rooi kerriepasta
30 g botter
15 ml olyfolie
9 hoenderfilette, in dik skywe gesny
240 g suiker-ertjies (sugar snaps)
240 g mange tout-ertjies
120 g vars uitgedopte ertjies
200 g baba broccolistingels
15 g koljander, gekap
growwesout en varsgemaalde swartpeper

KOM ONS KOOK
•    Plaas die klappermelk, kerriepasta en rissie in ’n kastrol. Prut oor medium hitte tot verdik.
•    Verhit olie en botter in ’n pan. Braai die hoenderfilette tot ligbruin maar nog sappig.
•    Sit ’n pot water op die stoof en laat dit kook. Dompel die ertjies in en haal dadelik uit (blansjeer).
•    Herhaal met die broccoli. Hou apart tot alles klaar is.
•    Meng die bros groente liggies en rangskik op borde. Pak die hoender op die groentebed.
•    Roer die koljander by die klappermelk en gooi oor die hoender.
•    Voeg sout en peper by na smaak en bedien met wilde- of bruinrys.

Genoeg vir 6 persone

Pannekoek met salm en avokado – min moeite

BESTANDDELE
100 g koekmeel
1 knippie sout
2 groot eiers
300 ml vetvrye melk
30 ml sonneblomolie
250 g crème fraîche
60 ml vars dille, gekap
1 suurlemoen (slegs sap)
200 g gerookte salm, in repe gesny
3 avokado’s, in skywe gesny
2 suurlemoene, in wiggies gesny
growwesout en varsgemaalde swartpeper na smaak

KOM ONS KOOK
•    Sif die koekmeel en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel.
•    Meng die eiers, olie en helfte van die melk en gooi in die holte.
•    Klits tot ’n egalige mengsel.
•    Voeg die res van die melk by en klits tot die deeg ’n romerige tekstuur het.
•    Bedek met kleefplastiek en laat 20 minute rus (dit kan ook die vorige aand gemaak word).
•    Maak ? sous van die crème fraîche, gekapte dille en suurlemoensap.
•    Bak die pannekoeke oor medium hitte in ’n gesmeerde pan.
•    Plaas elke pannekoek op ’n bord en rangskik salm en avokado op een helfte. Drup sous oor. Voeg sout en peper na smaak by.
•    Vou die ander helfte oor en bedien met ’n suurlemoenskyfie.

Genoeg vir 6 persone

Filetsosaties met gebakte tamaties – spesiaal 

BESTANDDELE
900 g beesfilet
10 ml gerookte paprika
20 vars lourierblare
4 knoffelhuisies, fyngedruk
60 ml olyfolie
500 g rosa-tamaties
250 ml room
30 ml balsemieke-asyn
30 g botter
growwesout en varsgemaalde swartpeper 

KOM ONS KOOK

•    Sny die filet in 4 cm x 4 cm blokkies.
•    Meng die paprika, 3 lourierblare, 3 knoffelhuisies, olyfolie, sout en peper in ’n diep bak. Vryf die mengsel met vingerpunte in die vleis. Bedek en marineer vir ’n uur in die yskas.
•    Verhit die oond tot 200?C.
•    Ryg die filetblokkies op 6 stokkies en wissel af met lourierblare na elke 2 blokkies.
•    Sit sosaties op ’n bakplaat en verf die lourierblare met olie om te verhoed dat hulle brand.
•    Halveer die tamaties en sit in ’n oondvaste bak. Gooi die room, sout en peper oor.
•    Drup balsemieke-asyn oor. Sit saam met die vleis in die oond vir 20 minute.
•    Draai die stokkies na elke 5 minute om sodat die vleis aan al die kante bruin word.
•    Smelt die botter en voeg die 4 de knoffelhuisie by.
•    Haal die sosatiestokkies uit die oond en gooi die knoffelbotter oor.
•    Bedien met gebakte tamaties en mengelslaai.

Genoeg vir 6 persone

Meringues met bessieroom – vir die lekker

BESTANDDELE
4 eierwitte teen kamertempratuur
250 ml strooisuiker
5 ml wit asyn
5 ml vanieljegeursel
400 g bevrore bessie van Pick n Pay
140 g strooisuiker
1 lemoen se skil, gerasper (zest)
5 ml mielieblom (maizena)
250 ml vars room
klein vars kruisementblare vir garnering

KOM ONS BAK
Verhit die oond tot 120?C.
•    Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium.
•    Voeg asyn, vanielje en strooisuiker geleidelik by.
•    Klits tot stywepuntstadium.
•    Plaas op gesmeerde papier op ’n bakplaatjie. Bak vir 1 uur.
•    Laat staan in die oond vir nog 1 uur. Haal uit en laat deeglik afkoel – nog 1 uur.
•    Kook die bessies, strooisuiker, lemoenskil en mielieblom oor medium hitte tot ’n dik stroop.
•    Laat effens afkoel en druk dan deur ? sif. Laat die pulp in die yskas afkoel. Gooi pitte weg.
•    Klop die room styf en voeg dan die bessiepulp by. Meng goed tot die kleur egalig is.
•    Sit dit op die meringues en garneer met bessies en kruisementblare.

Genoeg vir 6 persone
                                     


   








argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]