42 LIEFLIKE LENTE jou huis Articles www.voelgoed.co.za

LIEFLIKE LENTE

LIEFLIKE LENTE

Dit is weer daai tyd van die jaar, wanneer alles groen is en die lig helder deur die gordyne skyn. Die lente is hier!

2009-09-22

Dit is tyd om die nuwe seisoen in jou huis te verwelkom. Die styl van die plattelandse voorkoms bied ? knus wees-tuis gevoel. Die ou huis het onweerstaanbare sjarme en ruimte waarin die eienaar ? unieke, rustige woonplek vir die gesin kan skep. Werk met wat jy het en beklemtoon dit wat jou na aan die hart lê.

Leef jou hart en siel uit in jou huis. Verf jou huis ? neutrale kleur. Dit maak die meng en pas van dekor-elemente, meubels en bykomstighede maklik. Kyk uit vir ou meubels van goeie gehalte, soliede hout wat in ? goeie toestand is. Kom dit dan met ? verfkwas by vir ? vars voorkoms. Dit kan ook effe afgeskuur word en dra by tot die verweerde voorkoms en styl.


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]