42 SMULLEKKER SMOOTHIES jou huis Articles www.voelgoed.co.za

SMULLEKKER SMOOTHIES

SMULLEKKER SMOOTHIES

Wat is lekkerder as ’n yskoue smoothie op ’n warm lentedag. Vinnige smoothies wat jy langs die swembad kan geniet!

2009-04-13

Smoothie met vars vrugte

•    1 koppie waatlemoen, opgesny
•    1 koppie spanspek
•    1 koppie pynappel, opgesny
•    1 koppie mango, opgesny
•    1 koppie aarbeie, gehalveer
•    ¼ koppie suiker
•    1 koppie lemoensap
•    Fyngemaakte ys

Meng alle bestanddele behalwe ys. Vul mengerhouer ½ vol met mengsel.  Voeg fyngemaakte ys by om tot bo vol te maak. Bedek en meng teen hoë spoed tot 'n egalige dikte. Herhaal met oorblywende mengsel. Bedien onmiddellik; versier met vrugte indien verkies. Bedien 6.

Bron: www.smoothierecipesonline.com

Smoothie met suurlemoen, appel en heuning

•    ¼ koppie suurlemoensap
•    ½ koppie sider (appelwyn)
•    1 appel, geskil, ontpit en opgekap
•    1 geskilde piesang
•    2 tot 3 eetlepels heuning
•    1 koppie vetvrye of vanielje gevriesde joghurt

Voeg saam in menger tot glad. Bedien 2.

Bron: www.smoothierecipesonline.com

Aarbei-smoothie vir stresverligting

•    2 ½ koppies aarbeie
•    ½ koppie aarbei-nektar (1 koppie gewone laevet-joghurt of aarbei-joghurt kan in plaas van die nektar gebruik word)
•    1 perske
•    2 koppies ys

Voeg saam in menger tot glad.

Bron: www.smoothieweb.com


Mango-smoothie


•    2 ryp mango's
•    8 blokkies ys
•    1 koppie melk
•    4 eetlepels suiker
•    5 eetlepels vanielje-joghurt
•    2 koppies romerige mango-joghurt

Ontpit die mango en verwyder skil. Plaas vrugte in menger en voeg dan melk, suiker, vanielje-joghurt en mango-joghurt by.

Bron: www.ifood.tv

Cappucino-smoothie

•    1 blik ingedampte melk, verkoel
•    5 tot 6 teelepels kitskoffie
•    1 koppie vanieljeroomys
•    1 koppie ysblokkies
•    1 eetlepel growwe suiker
•    2 teelepels kakao

Plaas ingedampte melk en koffie in menger. Meng tot koffie opgelos is. Voeg roomys, ys en suiker by; meng tot glad. Skink in glase. Sprinkel kakao oor. Bedien 4.

Bron: www.verybestbaking.com

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]