42 TOEBROODJIE TREFFERS jou huis Articles www.voelgoed.co.za

TOEBROODJIE TREFFERS

TOEBROODJIE TREFFERS

Pouses beteken toebroodjietyd! Maar jy is n besige mamma met min tyd vir kreatiewe toebroodjie-idees

2009-04-13

Kry hier al die hulp wat jy nodig het om jou kinders elke dag te verras met ’n kosblik wat pouses net nog lekkerder maak!

Kosblikwenke wat werk!

ONTHOU DIE VOLGENDE AS JY JOU KINDERS SE KOSBLIKKE INPAK ...


  • Kleiner toebroodjies is makliker vir kinders om te hanteer.
  • As jy ’n vulsels soos tamatie, mayonnaise, mostert of slaaisous gebruik, smeer of plaas dit tussen 2 stukkies blaarslaai wat jy dan op die toebroodjie sit, dit sal verhoed dat die brood papperig word.
  • Gebruik ’n kosblik wat lugdig is en spaar op foelie, plastiek en wakspapier. So kan jy ook toebroodjies die vorige aand maak en dit sal die volgende dag steeds kraakvars wees.
  • ’n Gevriesde bottel in ’n kosblik sal ook kos koud hou. Onthou om nie die botteltjie tot heelbo vol te maak nie.
  • Onthou om ’n stukkie kaas in te sluit in jou kind se kosblik, veral as jy ’n lekkertjie of iets met suiker ingepak het. Deur laaste die kaas te eet sal dit jou kind se kanse op tandbederf verlaag.
  • Moenie jou jonger kind kosse gee wat toesig vereis terwyl hy of sy dit eet nie. Kinders verstik maklik aan sekere kosse.
  • Skil ’n peer af en laat dit vir ’n paar minute in die sap van ’n ½ suurlemoen week, dit sal verhoed dat dit bruin word.

Lekker en gesond!

Dit is moeilik om ’n kosblik gesond en gebalanseerd te hou met iets uit elke voedselgroep. Onthou om nie elke dag presies dieselfde vir jou kind in te pak nie, anders sal dit gou vervelig raak.

’n Koolhidraat, ’n proteïen en gesonde vet moet ingesluit wees uit die volgende voedselgroepe:

  • Brood, grane, rys, pasta, noedels
  • Groente en peulvrugte
  • Vrugte
  • Melk, joghurt, kaas en vis
  • Vleis, hoender, eiers, neute en peulvrugte

Voorbeeld: ’n Volgraanbroodjie met hoender, komkommer, kaas, ’n gevriesde lemoen, wortelstokkies en joghurt sal ’n goeie voorbeeld wees van ’n gebalanseerde kosblik.

Hou dinge interessant ...


VERANDER DIE BROOD

Net soos grootmense raak kinders verveeld met brood. Probeer om ander brode te gebruik al het jy dieselfde vulsels. Byvoorbeeld ’n pitabrood, bagels, tortillas, muffins, multigraanbroodjies, kraakbeskuitjies of broodstokkies met ’n aparte vulsel of doopsous.

WAT VAN ’N SLAAI?

Vergeet van ’n tipiese blaarslaai en tamatieslaai – geen kind gaan daaroor opgewonde raak nie. Probeer eerder ’n klein bakkie pasta of aartappelslaai.
Dis maklik, vinnig en vullend! Kook ’n bietjie pasta wat jy dan dreineer, meng met bietjie mayonaisse of olyfolie, voeg dan opgesnyde groente soos komkommer, wortels, mielies en tamaties by. Jy kan selfs opgesnyde hoender of ham byvoeg.

BROODJIES KAN PRET WEES!

As jy gewone broodjies gaan pak probeer om dit interessant te maak deur ’n “cookie cutter” te gebruik. ’n Gewone kaasbroodjie kan sommer nuwe lewe kry as dit in die vorm van ’n blom of dinosaurus is.

VINGERGOEDJIES


Meeste kinders, veral die jonges, hou nie daarvan om ’n hele toebroodjie of ’n bordjie goed te eet nie. Probeer eerder om kaas in klein blokkies te sny, saam met druiwe, baba tamaties, wortelstokkies, pretzels, mini kraakbeskuitjies en ham blokkies. Alle ouderdomme hou van vingerkosse en jy kan dit pak in ’n houer met aparte kompartemente vir middagete. Probeer ook om toebroodjies op te sny in klein vierkante of driehoekies wat makliker is om te eet.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]