TOEBROODJIE TREFFERS
Pouses beteken toebroodjietyd! Maar jy is n besige mamma met min tyd vir kreatiewe toebroodjie-idees
2009-04-13
Pouses beteken toebroodjietyd! Maar jy is n besige mamma met min tyd vir kreatiewe toebroodjie-idees
2009-04-13
Kry hier al die hulp wat jy nodig het om jou kinders elke dag te verras met ’n kosblik wat pouses net nog lekkerder maak!
Kosblikwenke wat werk!
ONTHOU DIE VOLGENDE AS JY JOU KINDERS SE KOSBLIKKE INPAK ...
- Kleiner toebroodjies is makliker vir kinders om te hanteer.
- As jy ’n vulsels soos tamatie, mayonnaise, mostert of slaaisous gebruik, smeer of plaas dit tussen 2 stukkies blaarslaai wat jy dan op die toebroodjie sit, dit sal verhoed dat die brood papperig word.
- Gebruik ’n kosblik wat lugdig is en spaar op foelie, plastiek en wakspapier. So kan jy ook toebroodjies die vorige aand maak en dit sal die volgende dag steeds kraakvars wees.
- ’n Gevriesde bottel in ’n kosblik sal ook kos koud hou. Onthou om nie die botteltjie tot heelbo vol te maak nie.
- Onthou om ’n stukkie kaas in te sluit in jou kind se kosblik, veral as jy ’n lekkertjie of iets met suiker ingepak het. Deur laaste die kaas te eet sal dit jou kind se kanse op tandbederf verlaag.
- Moenie jou jonger kind kosse gee wat toesig vereis terwyl hy of sy dit eet nie. Kinders verstik maklik aan sekere kosse.
- Skil ’n peer af en laat dit vir ’n paar minute in die sap van ’n ½ suurlemoen week, dit sal verhoed dat dit bruin word.
Lekker en gesond!
Dit is moeilik om ’n kosblik gesond en gebalanseerd te hou met iets uit elke voedselgroep. Onthou om nie elke dag presies dieselfde vir jou kind in te pak nie, anders sal dit gou vervelig raak.
’n Koolhidraat, ’n proteïen en gesonde vet moet ingesluit wees uit die volgende voedselgroepe:
- Brood, grane, rys, pasta, noedels
- Groente en peulvrugte
- Vrugte
- Melk, joghurt, kaas en vis
- Vleis, hoender, eiers, neute en peulvrugte
Voorbeeld: ’n Volgraanbroodjie met hoender, komkommer, kaas, ’n gevriesde lemoen, wortelstokkies en joghurt sal ’n goeie voorbeeld wees van ’n gebalanseerde kosblik.
Hou dinge interessant ...
VERANDER DIE BROOD
Net soos grootmense raak kinders verveeld met brood. Probeer om ander brode te gebruik al het jy dieselfde vulsels. Byvoorbeeld ’n pitabrood, bagels, tortillas, muffins, multigraanbroodjies, kraakbeskuitjies of broodstokkies met ’n aparte vulsel of doopsous.
WAT VAN ’N SLAAI?
Vergeet van ’n tipiese blaarslaai en tamatieslaai – geen kind gaan daaroor opgewonde raak nie. Probeer eerder ’n klein bakkie pasta of aartappelslaai.
Dis maklik, vinnig en vullend! Kook ’n bietjie pasta wat jy dan dreineer, meng met bietjie mayonaisse of olyfolie, voeg dan opgesnyde groente soos komkommer, wortels, mielies en tamaties by. Jy kan selfs opgesnyde hoender of ham byvoeg.
BROODJIES KAN PRET WEES!
As jy gewone broodjies gaan pak probeer om dit interessant te maak deur ’n “cookie cutter” te gebruik. ’n Gewone kaasbroodjie kan sommer nuwe lewe kry as dit in die vorm van ’n blom of dinosaurus is.
VINGERGOEDJIES
Meeste kinders, veral die jonges, hou nie daarvan om ’n hele toebroodjie of ’n bordjie goed te eet nie. Probeer eerder om kaas in klein blokkies te sny, saam met druiwe, baba tamaties, wortelstokkies, pretzels, mini kraakbeskuitjies en ham blokkies. Alle ouderdomme hou van vingerkosse en jy kan dit pak in ’n houer met aparte kompartemente vir middagete. Probeer ook om toebroodjies op te sny in klein vierkante of driehoekies wat makliker is om te eet.
- Ek dink jul idee's is baie oulik en ja prettig. Hou so aan. Ek dink veral die cookie cutter idee is oulik.
- Julle idees is insiggewend. Paar foto's met boorbeeld sou natuurlik great gewees het. Ek sien nie biltong/droeë wors op julle lysie. Is daar 'n rede?
- Baie dankie vir hierdie idiees.Ek werk by 'n kleuterskool en sien die kinders se kosblikies.Dit is so vervelig dat selfs ek sou moeg raak daarvoor. Ek wil dit graag aan die ouers oordra en so dat die kinders gesonder en lekkerder toebroodjies of iets anders sal kry skool toe.Ek self het meer moed om vir my man nou 'n lekkerder kosblik te wil pak. Hy gaan liewer vir my wees.
- Is vrugtesap nie 'n goeie opsie vir kosblikke wat in die somer maklik met pap vrugte opeindig nie?
- Dankie vir die oulike idees - ek gaan beslis 'n paar gebruik. Die cookie cutter idee is baie oulik, maar 'n mens mors nogal baie brood en so leer die kinders ook nie om die korsies te eet nie. Marelize
argief
MAAK JOU HUIS GESELLIG
... en warm'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!WARM KLEURE IN JOU HUIS ...
...vir 'n snoesige winter!ROOI, ROOI, ROOI
Hoe rooier hoe mooier ...SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterPERS VIR DIE PASE
Stylvolle feestafelGEBRUIK KLEIN RUIMTES SLIM
Jou dekor kan jou helpTERUG SKOOL TOE ...
Raad om die week te oorleefMOOI MET HERINNERINGE
Hoogmode oudtydse dekorSKEP ORDE VINNIG, MAKLIK
Het jy te min tyd?























