WESKUS NOSTALGIE
Die Weskus is welbekend vir landelike sjarme. Elke dorpie of area het sy tikkie uniekheid. Hier heers ’n ander begrip van skoonheid, skoonheid van die see. Dit is tog eintlik die Atlantiese Oseaan wat voor jou lê.
2009-04-09
Die Weskus is welbekend vir landelike sjarme. Elke dorpie of area het sy tikkie uniekheid. Hier heers ’n ander begrip van skoonheid, skoonheid van die see. Dit is tog eintlik die Atlantiese Oseaan wat voor jou lê.
2009-04-09
Met die see aan die een kant en die pragtige Weskus aan die ander kant kan jy jou huis optower met objekte wat die mooiste is as hul aan die einde van hul lewe staan. In roes, ongeglasuurde keramiek, gekreukelde linne en verslete materiaal lê daar sjarme.
Die belangrikste dekor elemente van die Weskus is:
- Kleur;
- ’n Sterk sin vir tekstuur; en
- Skoon organiese vorms.
Slaan almal se asems weg met jou sterk individuele stempel.
Droom van Yzerfontein. Ja, ons is dol op sielvolle gebruikte en verweerde voorwerpe, maar ons is ook skaamtelose voorstaanders van buitensporige baie glans. Dit is hoekom jy absolute “glamour” kan inbring met uitspattige kleure van die see en Weskusblomme, daarby tooisels, fraiings, vere of dons en flonkerende kristalle, met skulpies. Wit strande en walvisse gee inspirasie vir kunswerke.
Langebaan. Die grootste vleilande voorsien eindelose voëllewe. Kleiduiwe is uitstekende dekor bo-op die kaggel, of in die kaggel as dit nie knetter nie....
Saldanha. Die tuiste van die Vloot en Militêre opleiding. Hier kry jy skitter idees vir dekor items vir binne of buite. ’n Seevaart muurhorlosie, barometer, kuslampe, lanterns, en skeepvaarttekens is goeie keuses vir muurdekorasies. Miniatuur ligtorings en modelskepe uitgestal met seemanskapstokke, patryspoorte, koper skeepsklokke, ’n stuur van hout, teleskoop asook kompas skep die ware atmosfeer. Die winter by die Weskus is een van die onontdekte geheime van die Kaap – ’n tyd wanneer ’n werklike lekker rooiwyn sin maak en die somer net ’n droom is.
By Jacobsbaai is volop kreef, mossels, oesters en perlemoen, skulpe te kies en te keur vir ’n glasbak of seeskulp sierkrans.
By Elandsbaai is waardevolle argeologiese fondse gekry. Dalk is jy gelukkig om iets op te tel wat jy kan uitstal. Emaljebakke en boeke uit tweedehandse winkels het ’n bekoring. Steel ? paar idees van die eg Cape Cod huisies. Elegante dekor items soos kussings, tafellopers en lampskerms, is wonderlike maniere om jou huis op te tof.
Maak voete nat by Lambertsbaai, kyk na die robbe en koop ’n pels geskik vir ’n snoesige “throw”.
Wat van ? skuurdeur vir ? voordeur en ’n kas van dryfhout wat al behoorlik karakter in die wind en weer gekry het.
Jou lapa: Geroeste ou visvanggereedskap kan hier ? nuwe tuiste vind.
? Groot muurkandelaar of vergulde portretrame uit vergange se dae gee ’n unieke atmosfeer aan jou kuierplek.
Herhaal patrone op deure en vensters, daar is nie tyd vir aansitterigheid of pretensie nie. Kies kleure van stofgroen wat op vensterrame en luike gebruik kan word, nou Plascon se “split-pea”.
Mure word afgewit, ‘n koel palet van mat witte en skemergryse met beleë brons vir dowwe glans. Gladde sementvloere is hoogmode en rond die natuurlike gevoel af.
Eenvoudige onpaar meubels skep ? outentieke en onopgesmukte atmosfeer. En die kleurpalet is nostalgies en sag op die oog.
Naomi Coetzee, Departement Interieurontwerp en Binneversiering, Potchefstroom Akademie.
argief
FINESSE REDAKSIE RESEPTE (deel 1)
Al ons gunsteling resepte het ons hier vir jou saamgevat. Bon Appétit!MAAK JOU BADKAMER MOOI
'n Badkamer moet kalmerend, ontspannend en rustig wees. Dit is oor die algemeen 'n praktiese plek.'N MANLIKE HUIS
... Ja, dit kan werk!WARM KLEURE IN JOU HUIS ...
...vir 'n snoesige winter!ROOI, ROOI, ROOI
Hoe rooier hoe mooier ...SKEP 'N HOLTE VIR JOU VOET
... met 'n huis vol karakterPERS VIR DIE PASE
Stylvolle feestafelGEBRUIK KLEIN RUIMTES SLIM
Jou dekor kan jou helpTERUG SKOOL TOE ...
Raad om die week te oorleefMOOI MET HERINNERINGE
Hoogmode oudtydse dekor


.jpg)




.jpg)

















