40 7 STAPPE TOT SUKSES jou sukses Articles www.voelgoed.co.za

7 STAPPE TOT SUKSES

7 STAPPE TOT SUKSES

Die rykes en beroemdes deel sekere gemeenskaplike kwaliteite, 'n sogenaamde "resep vir sukses".

2009-04-09Esté Hefer

Maar roem en rykdom hoef nie net vir hulle beskore te wees nie – jy kan ook sukses en welvaart in jou lewe behaal! Maak die sewe kwaliteite hieronder jou eie en sien hoe dit jou lewe verander.

1. Selfvertroue

Ryk mense het ’n ingebore vertroue en geloof in hulself, hul vermoëns en die wete dat hulle vir ’n lewe van welvaart bestem is. Hulle het die toewyding, vasbeslotenheid en energie om aan te hou totdat hul doelwitte bereik is en sal voor niks stuit nie. Om tou op te gooi is nie vir hulle ’n opsie nie. Hiermee saam gaan ’n gees van innovasie – eerder as om vas te staar teen ’n probleem, sal hulle aan nuwe, innoverende maniere dink om die probleem te oorkom en dit tot hul voordeel te draai.

2. Prioritisering

Ryk en suksesvolle mense beskerm en bestuur hul tyd. Hulle heg baie waarde daaraan en mors dit nie op sinnelose aktiwiteite soos om televisie te kyk of laat te slaap nie. Elke dag word beplan, met spesifieke take wat uitgevoer en afgehandel moet word. Dié plan word gewoonlik die aand voor die tyd uitgelê sodat hulle weet presies wat die volgende dag teen ’n sekere tyd bereik moet word. Goeie tydsbestuur is ’n kernvereiste vir finansiële welvaart.

3. "Networking"

Kenners sê dat skakelwerk (oftewel “networking”) baie belangrik is om jou sosiale aansien te verhoog. Ryk mense is gefokus en meng graag met diegene wat soos hulle dink, en verkies om hulself te omring met mense wat aangedryf is deur hul eie motivering en doelgerigtheid. Hiermee word egter nie gesê dat hulle slegs met welgestelde mense kuier nie – om “ryk” te wees, kom in verskeie vorme. Moeder Theresa was definitief nie finansieel welvarend nie, maar baie mense sou wat wou gee om met haar te kon skakel.

4. Ywerige beleggingsgees

Ryk mense huiwer nie om geld in die verkryging van kennis te belê nie, want hulle weet dit sal ten minste drievoudig na hulle toe terugkeer. Hulle weier om te dink dat hul toekoms nie hierby sal baatvind nie. Vir hulle is kennis krag.

5. Positiwiteit

Ongeag slegte omstandighede of hindernisse, sal ryk mense altyd die positiewe sy van enige situasie sien, en is “Elke wolk het ’n silwer randjie” een gesegde wat gereeld geuiter word. Ander mense hou daarvan om naby hulle te wees, want hul positiwiteit is aansteeklik en spoor ander aan om hul eie doelwitte te bereik.

6. Goeie geldvernuf en -gewoontes

Ryk mense koester hul geld en belê dit op plekke wat aan hulle ’n goeie beleggingskoers en sekuriteit bied. Hulle dobbel selde, indien ooit.

7. Vrygewigheid

Die meerderheid ryk mense is baie vrygewig, veral as hulle self uit moeilike of arm omstandighede kom. ’n Mens sal dikwels hoor hoe hierdie persoon(e) teruggee aan die samelewing. Moet dus nie jou welvaart vir jouself hou nie, deel dit met ander. Want hoe meer jy gee, hoe meer sal jy ontvang.

 BRONNE: (Aine Callan) www.articlesbase.com, www.readarticles.com, www.top7business.com

Kommentaar
  • Uit persoonlike ondervinding van gee aan ander beleef ons as 'n gesin byna daagliks hoe ons ontvang en die besigheid groei
  • Om swaar te kry moet nooit in jou pad staan nie, God weet wat hy vir jou toekoms uit gesit het solank jy in sy voetspore stap sal jy altyd die beste aan die anderkant uitkom
  • My Ouma het altyd vir ander dinge gedoen toe sy nog kon, bank sake, inkopies, allerhande dingetjies.Toe sy te oud word het ander weer vir haar gehelp.sy het soos n prinses doodgegaan in vrede tot op haar sterfbed het iemand by haar gestaan.

    Kom ons beplan ook so vir ons oudag, wat jy goed doen aan ander sal terugkom na jou toe.

    amen.
  • Gee met n oop hart en moet nooit iets terug verwag nie, dit kom terug waneer jy dit die minste verwag.

    Wilma
  • Rykmense gee nie veel aandag aanstories soos veelwywery of aardse besittings want hulle ken wat die BYBEL se is reg en alleen die HERE wat jou pad pepaal het kan dit verander!

gesels saam


argief