40 FINANSIES EN EGSKEIDING? jou sukses Articles www.voelgoed.co.za

FINANSIES EN EGSKEIDING?

FINANSIES EN EGSKEIDING?

Emosies en geldsake is nooit 'n resep vir finansiële sukses nie.

2009-04-09Helen Ueckermann

 Jou geldsake moet nugter deurdink en besluite met oop oë geneem word. Soveel te meer as jy moet besluit oor hoe jy jou finansies gaan reël tydens en na ’n egskeiding.

Dikwels is die enigste mense wat finansiële voordeel uit ’n egskeiding trek, die regsverteenwoordigers. As een van die partye daarop uit is om die ander een finansieel te na te kom – dalk om op te vergoed vir emosionele skade – kan geen rasionele besluite geneem word nie en sloer die saak voort tot albei se finansiële nadeel.

Jy kan die geld wat so deur regskoste ingesluk word, veel beter gebruik. Vroue is in die eerste jaar na ’n egskeiding in sommige gevalle tot 70% slegter daaraan toe as toe hulle nog getroud was. Hoe gouer jy dus tot die besef kom dat die regstappe ’n nare nodigheid is om die huwelik te beëindig, hoe gouer kan jy die skeisaak afhandel en die geld wat jy so gespaar het aanwend om jou toekoms te beplan.

Dit is altyd beter om in beheer van jou eie geldsake te wees, selfs al is jy getroud. As jou maat egter terwyl julle getroud was in beheer van julle finansies was, en selfs al het jy jou eie sake hanteer,  is dit nou tyd om:

-  kundige raad in te win oor hoe om ’n eie rekening te open,

-  ’n persoonlike finansiële plan uit te werk

-   jou toekoms as alleenloper of enkelouer aan te pak.

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]