40 WERK GERIEFLIK TUIS jou sukses Articles www.voelgoed.co.za

WERK GERIEFLIK TUIS

WERK GERIEFLIK TUIS

Deesdae is dit maklik om jou eie kantoor by die huis in te rig as jy 'n entrepreneur is, of jy nou meer as een lessenaar het of nie.

2009-04-09

Die ideale verbindingsopsie vir enige besigheid hang van die tipe besigheid af, die beskikbare begroting, en Internetbehoeftes wat kan wissel van slegs e-posse stuur tot die stoor en gebruik van groter dokumente. MWEB, Suid-Afrika se voorste Internetdiensverskaffer, het ’n paar praktiese wenke vir kleinhandelondernemings wat jou sal help om jou kantoor by die huis self in te rig.

Besigheidstoerusting

Die belangrikste toerusting vir enige kantoor is ’n telefoonlyn, ’n gewone- of skootrekenaar en ’n Internetverbinding. MWEB bied ’n reeks Internetverbindingsopsies om aan jou unieke besigheidsbehoeftes te voldoen en jou met die korporatiewe wêreld in kontak te bring. MWEB bied ook ’n gratis eksemplaar van McAfee se “Total Protection” sekuriteitspakket wat antivirus-, antispioenware- en vuurmuursagteware insluit.

ADSL:

ADSL is ’n digitale landlynverbinding wat ’n gewone telefoonlyn en spesiale modem gebruik om jou met die Internet te verbind en data teen breëbandspoed te stuur en ontvang. ’n ADSL-lyn kan beide data en stemseine dra. Die data-gedeelte van die lyn is ’n vaste Internetverbinding en meng nie in met die gebruik van ’n telefoon nie, en jy kan dus oproepe en fakse ontvang terwyl jy aanlyn is. Dit is ’n hoëspoed-verbinding en jy is altyd gekonnekteer aan die Internet. ADSL is die ideale opsie omdat dit vinnig en die verbinding is gewoonlik baie stabiel is.

3G/HSDPA:

Hierdie konneksie is ideaal as jy mobiliteit benodig. Indien jy aan die beweeg is, byvoorbeeld om kliënte of verskaffers te ontmoet en jy wil die Internet draadloos gebruik, is hierdie opsie nommerpas vir jou. As jy in ’n area is met goeie selfoonopvangs kan jy jou skootrekenaar en draadlose 3G/HSDPA-kaart of -modem gebruik vir vinnige, draadlose toegang tot die Internet.

IBURST:

 iBurst is ’n verdere draadlose opsie wat jy kan gebruik vir Internettoegang. Hierdie opsie behels die gebruik van ’n radiofrekwensie om seine oor te dra van ’n basisstasie na jou rekenaar. Opvangs vir die iBurstnetwerk is beskikbaar in alle metropoolse gebiede.
 
Ander nuttige wenke en idees vir jou kantoor
    
DOMEIN-REGISTRASIE

Dit verskaf jou maatskappy met ’n unieke identiteit wat gebruik kan word vir Internet gebaseerde kommunikasie en is die eerste stap om jou besigheid se Internet-teenwoordigheid te skep.

WEBGASHEERDIENS (WEB HOSTING)

MWEB verskaf ’n minimum van 50MB gedeelde spasie op hul bedieners, as deel van hul standaard webgasheerdiens. Jou besigheid se webwerf word gestoor op ’n sekure infrastruktuur op hul direkte netwerk, wat vinnige aflaaitye verseker asook beskerming bied teen allerhande Internetgevare.

INTERNET-OPROEPE (WEBCALL)


MWEB se Internet-oproepdiens bied ondernemings ’n heelwat goedkoper manier om internasionale oproepe te maak. Vir hierdie diens kort jy slegs ’n breëband-Internetverbinding soos ADSL en ’n telefoonhandstuk wat aan jou ADSL-roeteerder gekonnekteer is. MWEB bied verskeie Internet-oproepdienste wat wissel van ’n omvattende bondel minute of ’n gerieflike betaal-soos-jy-gebruik opsie.

GROOTMAAT-BOODSKAPDIENS (BULK MESSAGING)

’n Grootmaat-boodskapdiens is ideaal vir besighede wat betroubare, vinnige en outomatiese kommunikasie na ’n wye kliëntebasis wil stuur. Dit stel jou in staat om boodskappe te stuur en te monitor van enige plek ter wêreld terwyl jy in beheer bly van jou e-poslyste, ontvangerinligting en boodskapinhoud.

MOBIELE STEMDIENS (MOBILE VOICE)

MWEB bied ook ’n Mobiele Stemdienspakket om seker te maak dat jy nooit uit kontak is met jou kliënte of werknemers nie. Behalwe vir die feit dat dit meer ekonomies is as om aparte Internet- en sellulêre produkte te koop, bied dit ook besigheidseienaars die gerief van slegs een diensverskaffer, wat hulle meer tyd gun om aan hul besigheid te spandeer.

AANLYNDATARUGSTEUNING

Hierdie diens beskerm jou onderneming se kritieke data soos klantbesonderhede en ander vertroulike inligting. Dit beskerm ook jou afgeleë bediener teen potensiële gevare soos brande of diefstal. Aanlyn-datarugsteuning bespaar jou geld omdat jy nie jou eie afgeleë bediener hoef aan te skaf en te onderhou nie en dit help ook om produktiwiteitsvlakke te handhaaf as jy toegang tot data soek wanneer jy weg is van jou lessenaar of gedurende kragonderbrekings.

Vir meer inligting, besoek www.mweb.co.za of skakel 08600 32000 .

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]