40 VERMEERDER JOU INKOMSTE jou sukses Articles www.voelgoed.co.za

VERMEERDER JOU INKOMSTE

VERMEERDER JOU INKOMSTE

Bied aan om ekstra oortyd in te sit op daardie nuwe projek by die werk of speel oopkaarte met jou bestuurder en vra vir 'n verhoging.

2009-04-09

1.    Het jy boeke, CD’s, meubels of enige ander items wat jy nie nodig het nie en net onnodig spasie opneem? Hou ’n garageverkoping en verkwansel al jou goed aan die bure. Jy kan selfs tweedehandse items op ’n Internetveiling te verkoop.

2.    Het jy ’n spesiale vaardighede of kan jy ’n diens verskaf aan mense wat daarvoor sal betaal. Jy kan vertaalwerk doen, ’n tutor wees, ekstra tikwerk doen, verfwerk doen of toestelle regmaak. Jy kan dit alles doen terwyl jy nog ’n voltydse werk het en so jou inkomste aanvul.

3.  
  Bied aan om ekstra oortyd in te sit op daardie nuwe projek by die werk of speel oopkaarte met jou bestuurder en vra vir ’n verhoging.

4.    Omskep daardie leë buitekamer in ’n tuinwoonstel en neem ’n loseerder in wat kan bydrae tot jou huisinkomste. Alhoewel dit aanvanklik ’n paar rand gaan kos om die plekkie in te rig sal dit op die langduur die moeite werd wees vir jou beursie.

5.    Begin om jou huisafval te herwin. Aluminium, staal en baie ander materiale kan teen ’n wins herwin word deur dit aan herwinningsmaatskappye te verkoop. Dit is goeie nuus vir jou bankrekening en die omgewing!

6.    Verander jou stokperdjie in geld. Sulke tipe tydverdrywe kos gewoonlik baie geld, maar deur kreatief te dink kan jy jou gunsteling tydverdryf in ’n bron van inkomste verander.

7.    Begin jou eie besigheid in jou spaartyd. Voorbeelde van besighede wat jy so kan begin is spysening oor naweke vir funksies soos troues en verjaarsdagpartytjies of word ’n fiksheidsinstrukteur by jou plaaslike gimnasium.

BRONNE: http://www.urbanext.uiuc.edu/thriftyliving/tl-increaseincome.html
http://www.financemind.com/budget/increase-income.html

argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]