TEGNIESE TERME ONTSYFER
Ooit gewonder waaroor Internetfoendi's nou eintlik praat wanneer elke tweede woord uit hul monde 'n vreemde afkorting of duistere rekenaarterm is?
2009-04-09
Ooit gewonder waaroor Internetfoendi's nou eintlik praat wanneer elke tweede woord uit hul monde 'n vreemde afkorting of duistere rekenaarterm is?
2009-04-09
MWEB, Suid-Afrika se voorste Internetdiensverskaffer, het hierdie gids saamgestel om jou te help om algemene Internetterme baas te raak.
1. ADSL
'n Afkorting vir Asymmetric Digital Subscriber Line. 'n ADSL-Internetverbinding is blitsvinnig en altyd beskikbaar, wat beteken jy hoef nie 'n nommer te skakel elke keer wanneer jy die Internet wil gebruik nie. ADSL stel jou ook in staat om heelwat vinniger op die web te rits as met 'n tradisionele inbelverbinding - in Suid-Afrika kan jy kan nou 'n maksimum aflaaispoed van 4 Mbps (Megabisse per sekonde) en maksimum oplaaispoed van 512 Kbps (Kilobisse per sekonde) geniet. 'n ADSL-foonlyn en -modem stel jou in staat om hoëspoed-Internet te geniet en ook terselfdertyd webwerwe te besoek en telefoonoproepe te maak.
2. Blog
(s.nw.) Dit staan vir "Web log", oftewel 'n spesiale soort webblad wat as 'n persoonlike, aanlynjoernaal gebruik kan word – 'n webjoernaal, met ander woorde. Dit is kinderspeletjies om 'n blog te gebruik, en dit weerspieël dikwels die persoonlikheid van die skrywer. (ww.) Om 'n blog inskrywing te maak.
3. Breëband
Die term breë bandwydte verwys na 'n Internetverbinding wat heelwat vinniger as 'n tradisionele inbelkonneksie is. Dis gewoonlik ook "altyd aan", wat beteken dat jy nie hoef te wag om 'n verbinding te maak as jy toegang tot die Internet wil verkry nie. As die breëbandverbinding vinnig genoeg is, kan dit terselfdertyd klank, data en video versend. ADSL en Wi-Fi is albei voorbeelde van breëbandtegnologie.
4. Bronadres
'n Bronadres staan in Engels as Uniform Resource Locator of net "URL" bekend. Dit is die unieke adres van 'n lêer op die Internet. http://www.mweb.co.za is byvoorbeeld die bronadres van die MWEB-tuisblad. 'n Maklike manier om 'n webwerf te besoek, is om die bronadres van die webwerf se tuisblad in die adresbalkie van jou webblaaier (oftewel "Web browser") in te tik.
5. Domein
'n Domein is die belangrikste gedeelte van die adres van 'n webwerf op die Internet – byvoorbeeld www.mweb.co.za. Die domeinnaam verskyn ook in jou e-posadres (die gedeelte na die '@').
6. Draadlose Toegangspunt
'n Draadlose toegangspunt (Engels: "Hotspot") is 'n area waar mense met skootrekenaars wat vir Wi-Fi toegerus is (sien Wi-Fi hieronder), hul Internettoegang volkome draadloos kan verkry. Publieke, draadlose toegangspunte is by alle internasionale lughawens, Mugg & Bean koffiewinkels, News Cafes en City Lodge-hotelle in Suid-Afrika beskikbaar. Die opvangsgebied van 'n tipiese draadlose toegangspunt is ongeveer 30 meter.
7. Kitsklets
Kitsklets (in Engels "Instant Messaging" of net "IM"), verwys na die vermoë om boodskappe te tik en oombliklik oor die Internet na 'n vriend of medewerker te stuur. Hulle kan dan ook dadelik 'n boodskap aan jou terugstuur. Dis geriefliker en vinniger as e-pos. Baie kitsklets dienste is slegs teks-gebaseerd; ander dienste laat jou egter ook toe om stemklets (sien hieronder) of selfs videoklets te geniet, asook lêers te stuur en ontvang.
8. Podcast-tegnologie
‘n “Podcast” is eenvoudig ‘n oudiolêer wat by wyse van RSS aan die rekenaars van intekenaars versprei word. Sodanige oudiolêers kan dan op multimediaspelers soos die iPod gespeel word. ‘n Podcast word van ‘n digitale klankopname geskep. Die podcast-skepper stoor die opname as ‘n MP3-lêer en laai dit dan op die webwerf van ‘n diensverskaffer, vanwaar dit deur RSS-intekenaars afgelaai word.
9. POP
POP, of Post Office Protocol, is 'n kommunikasiestandaard wat e-posbedieners vir die ontvang van e-pos gebruik. E-posprogramme soos Microsoft Outlook, Windows Mail en Outlook Express gebruik onder meer die POP-standaard. POP3 is die jongste weergawe van dié standaard. Jy sal egter op die Internet ook die "PoP"-afkorting (met 'n onderkas-"o") raakloop, wat vir "Point of Presence" staan. Die nommer wat jy dalk vir jou Internetverbinding bel, behoort aan 'n spesifieke PoP (gewoonlik naby jou geleë), en dit is via hierdie PoP dat jy toegang tot jou diensverskaffer se netwerk, en, van daar af, die Internet, verkry.
10. Portaal
'n Webportaal of publieke portaal is 'n webwerf of -diens wat 'n breë verskeidenheid aanlyn-hulpbronne en -dienste soos e-pos, forums, soekenjins, nuus- en sportinhoud bied.
11. RSS
RSS is die internasionale afkorting vir "Really Simple Syndication". Dis 'n standaard wat vir die elektroniese verspreiding van uitgesoekte webinhoud, bv. nuwe nuusopskrifte, gebruik word. Webwerf-eienaars wat ander webwerwe wil toelaat om van hul inhoud te publiseer, skep 'n RSS-dokument en registreer die dokument by 'n RSS-uitgewer. Sodoende kan die inhoud via die Internet op 'n ander webwerf heruitgegee of in 'n RSS-sagtewarepakket vertoon word. RSS-webinhoud sluit in nuushooftrekke, nuwe blog-inskrywings of webartikels, programroosters, projek-aankondigings, uittreksels uit besprekingsforums, of selfs korporatiewe inligting.
12. SMTP
Simple Mail Transfer Protocol is die standaard vir die stuur van e-posboodskappe aan 'n e-posbediener. Die meeste stelsels wat e-pos oor die Internet stuur, gebruik SMTP om boodskappe van een bediener na 'n ander te versend, en die POP-standaard (sien hierbo) word dan aangewend om die boodskappe te ontvang. Dis waarom jy die toepaslike POP- asook SMTP-bediener moet aandui wanneer jy jou e-posprogram opstel.
13. Spioenware
Spioenware is sagteware wat sonder jou kennis inligting oor jou rekenaargebruik insamel – gewoonlik met die doel om advertensies wat met jou gebruikspatrone ooreenstem, aan jou te vertoon. Spioenware word verskuil in sekere programme wat van die Internet afgelaai word, wat beteken dat gebruikers dit onwetend installeer terwyl hulle besig is om iets anders te installeer. Spioenware monitor wat jy op jou rekenaar doen (gewoonlik wanneer jy die Internet gebruik), en stuur hierdie inligting sonder jou wete aan iemand anders, soms met skadelike gevolge. Anti-spioenware-pakette soos Microsoft se Windows Defender kan gratis van die Internet afgelaai word, en sal help voorkom dat spioenware op jou rekenaar beland.
14. Stemklets
Pleks om 'n kitsklets-diens te gebruik om teksboodskappe heen en weer te stuur, bied sommige dienste ook 'n stemklets-opsie. Indien jy en jou vriend albei aanlyn is en dieselfde stemkletssagteware geïnstalleer het, en met luidsprekers en 'n mikrofoon (of kopfoon) toegerus is, kan julle gewoonlik met mekaar praat asof julle 'n normale foongesprek (maar net oor die Internet) voer. Die voordeel van stemklets is dat die oproep, afgesien van jou verbruik van bandwydte of jou normale Internet-inbelkoste, gratis is – wat natuurlik ideaal is vir die maak van oorsese oproepe.
15. VoIP
'n Afkorting van "Voice over Internet Protocol". VoIP maak dit moontlik om gesproke gesprekke met mense by wyse van 'n Internetverbinding pleks van 'n telefoonoproep te voer. Die grootste voordeel van VoIP is dat dit dikwels heelwat goedkoper as 'n standaardoproep is, veral wanneer dit by internasionale oproepe kom. VoIP kan op verskeie maniere toegepas word, waaronder Internet-gebaseerde oproepe vanaf jou rekenaar na 'n gewone telefoon.
16. VPN
VPN staan vir Virtuele Private Netwerk en is 'n manier om 'n openbare kommunikasie-infrastruktuur soos die Internet te gebruik om verafgeleë kantore of individue met behulp van 'n private, beskermde verbinding toegang tot hul organisasie se netwerk te gee. 'n Maatskappybestuurder kan danksy VPN toegang tot die maatskappynetwerk kry sonder om by sy of haar lessenaar te wees.
17. Wi-Fi
Wi-Fi, of "Wireless Fidelity", is 'n gewilde standaard wêreldwyd vir radio-gebaseerde, draadlose Internettoegang. Wanneer jy in die opvangsgebied van 'n draadlose Wi-Fi-toegangspunt (sien hierbo) is, is jy letterlik binne-in die Internet danksy die hoëfrekwensie-radiogolwe wat by die toegangspunt vir die versending van Internetdata gebruik word. Al wat jy benodig om dit te benut, is 'n Wi-Fi toegangskaart wat in jou skoot- of handrekenaar pas. (Sommige skootrekenaars bied ingeboude steun vir Wi-Fi.) Wanneer jy 'n Wi-Fi-toegangspunt besoek, moet jy net inteken en jy sal onmiddellik aanlyn wees. Aangesien dit 'n breëbandverbinding is, is Wi-Fi vinniger as 'n tradisionele inbelmodem – en jy hoef nie meer vir 'n telefoonlyn te soek nie.
18. Wiki
'n Wiki is 'n webwerf waar verskeie skrywers saamwerk aan die inhoud wat op die webwerf verskyn. Die struktuur en logika van 'n wiki is soortgelyk aan 'n blog, maar 'n wiki stel enigeen in staat om die inhoud op die webwerf te redigeer, te skrap of by te werk -- selfs inhoud wat oorspronklik deur 'n ander skrywer op die wiki gepubliseer is. Die inhoud op 'n blog word egter gewoonlik deur 'n enkele persoon gepubliseer, en 'n blog laat gewoonlik ook nie besoekers toe om die oorspronklike inhoud op 'n blog te verander nie - hulle kan slegs kommentaar by sodanige inhoud voeg.
Vir meer inligting omtrent produkte en dienste, besoek www.mweb.co.za of skakel 08600 32000.
argief
JOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 6)
Kom ek deel vandag met jou die grootste spaargeheim wat ek ontdek het …ONS ALMAL MAAK FOUTE ...
... maar leer ons daaruit?JOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 5)
Gaan op 'n finansiële dieetBEDERFGELD ...
... net vir jou!STAAN OP EN SÊ JOU SÊ!
... en kry só meer respekJOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 4)
Die hoofmomente van spaarGEHEIME VAN SUKSESVOLLE VROUE
... en wat sê die lewensafrigter?WAT PRESIES RUK JOU SAK?
Koopverleidings wat pla ...JOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 3)
'n Praktiese raamwerkJOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 2)
'n nuwe benadering


.jpg)




.jpg)

















