WERK STRESVRY
"Stres is ’n regstreekse gevolg van hoe jy na 'n situasie kyk," sê dr Judy Jaye, projekontwikkelingsbestuurder by die Voice Stress Clinic in Johan. Hier is haar raad:
2009-04-09Helen Ueckermann
"Stres is ’n regstreekse gevolg van hoe jy na 'n situasie kyk," sê dr Judy Jaye, projekontwikkelingsbestuurder by die Voice Stress Clinic in Johan. Hier is haar raad:
2009-04-09Helen Ueckermann
1. KIES OM NEGATIEWE WERKSTRES IN POSITIEWE WERKSTRES TE OMSKEP.
Jy moet besef dat stres oral om jou te vinde is. Dit is vasgevang in die weefsel van ons samelewing. Dit is jou keuse hoe jy daardie stres gaan inspan.
2. WEET OOK DAT PYNLIKE OMSTANDIGHEDE ONVERMYDELIK IS, MAAR OM TE LY IS OPSIONEEL.
3. GEBRUIK STRES OM PERSOONLIK TE GROEI.
Alle mense gaan deur moeilike tye, maar nie almal is bereid om dit te sien as geleenthede vir persoonlike groei en ontwikkeling nie. Ons leer dikwels die grootste lesse uit dit wat die meeste seermaak.
4. WEES PRO-AKTIEF: KIES JOU EIE REAKSIE OP GEBEURE.
As jou kollegas in sekere situasies in trane uitbars, woede-aanvalle kry of hulle met stilstuipe in hulle kantore terugtrek, beteken nie jy moet ook so optree nie.
5. AS IEMAND OP JOU SKREE, MOENIE TERUGSKREE NIE.
En, baie belangrik, moenie ander mense blameer vir die manier waarop jy reageer nie.
6. BLY IN BEHEER VAN JOUSELF.
As jy dit kan regkry, sal jou stresvlakke beduidend afneem.
7. BEHOU ’N POSITIEWE GESINDHEID.
Met die regte houding teenoor jou werkplek en die lewe in die algemeen, het jy die stryd al halfpad gewen. As jy altyd die glas as half leeg sien pleks van half vol, sal jy altyd hoë vlakke van stres ervaar. Pleks daarvan kanjy probeer om van die gewone iets buitengewoons te maak.
Vraag: is daar vitamiene wat my sal help om stres beter te hanteer?
Antwoord: ’n Goeie multivitamien wat al die B-kompleks vitamiene bevat is jou antwoord. Hierdie vitamiene werk saam om jou liggaam te help om stres te hanteer. Maar omdat stres altyd die immuunsisteem verswak, is 1000mg Vitamien C addisioneel tot die multivitamien baie effektief.
Vir meer inligting, besoek www.stressclinic.co.za.
Stres – die feite wat ons miskyk
Sommige studies dui daarop dat maatskappye gemiddeld 16 werkdae per jaar per werknemer afstaan aan afwesigheid en verlaagde produktiwiteit weens stres, angs en depressie. Stresvlakke is wêreldwyd aan die styg! Met tegnologie wat sonder ophou ontwikkel en verfyn word, voel die meeste werknemers hulle is moet gedurig nuwe dinge aanleer. So hulle moet nie meer net hulle gewone verpligtinge teenoor hulle werkgewer nakom nie, maar daarmee saam ook gedurig nuwe vaardighede aanleer. Die eerste stap in stresverligting is om te besef dat jyself vir die meeste stres in jou lewe verantwoordelik is. Baie mense dink stres kom van buite af en word veroorsaak deur die baas by die werk, die kinders, jou man, die aandelemark of selfs die weer. Die goeie nuus is dat as ons selfs ons stres veroorsaak, ons ook self iets kan doen om dit in toom te hou.
Kan dit uitbranding wees?
Sowat ’n kwart tot ’n derde van werknemers wie se werk ’n hoë stresvlak behels, voel gedreineer en uitgeput aan die einde van ’n dag op kantoor. Stres word beskou as een van die 10 grootste gesondheidsrisiko’s van ons tyd.
Wat doen jy om die daaglikse werkstres en die gevaar van uitbranding die hoof te bied? Bederf jy jouself met ’n ontspannende massering by ’n salon, luister jy na strelende musiek, neem jy ’n paar dae verlof of beplan jy dalk aan ’n vakansie?
Of herken jy nie die tekens nie, en doen jy niks om jou spanning te verlig nie?
Ons het so gewoond geraak aan die stres in ons daaglikse lewens dat ons nie meer simptome daarvan herken nie, soos hoofpyne, spierpyne, depressie, geïrriteerdheid, ’n gebrek aan konsentrasie, tandekners, slapeloosheid, huilerigheid of ’n kort humeur.
Word dit nie behandel nie, kan dit lei tot hartsiekte, diabetes en onvrugbaarheid.
Stres is ’n persoonlike manier waarop mense spanningvolle situasies hanteer, en daarom het maatskappye nie in die verlede veel aandag daaraan gegee nie. Maar werkgewers begin besef dat ’n meer holistiese benadering tot hulle werknemers ook vir die organisasie voordele inhou, soos produktiwiteit, lojaliteit en beter werknemersmoreel.
Is jy ’n kandidaat vir uitbranding?
Die gevaar van uitbranding hang af van ’n kombinasie van jou persoonlikheid, jou werksomgewing en die soort werk wat jy doen. Mense wat 110% gee, wat idealisties, selfgemotiveerd en doelgerig is, en wat glo dat enigiets moontlik is as jy net hard genoeg werk, is almal moontlike kandidate. Dieselfde geld vir rigiede perfeksioniste met onrealistiese standaarde en te hoë verwagtings.
- en as jy meer die positiwiteit in jou werk sien agv verkeerde of onregverdige bahandeling is dit ook jou skuld of as jy en jou ouer nie n goeie verhouding het nie is dit ook net als jou skuld? moet mens maar net aangaan en maak asof als net sonskyn en rose is?
argief
JOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 5)
Gaan op 'n finansiële dieetBEDERFGELD ...
... net vir jou!STAAN OP EN SÊ JOU SÊ!
... en kry só meer respekJOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 4)
Die hoofmomente van spaarGEHEIME VAN SUKSESVOLLE VROUE
... en wat sê die lewensafrigter?WAT PRESIES RUK JOU SAK?
Koopverleidings wat pla ...JOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 3)
'n Praktiese raamwerkJOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN! (deel 2)
'n nuwe benaderingBESTUUR JOU FINANSIES
Hou hierdie geldgewoontes in gedagteJOU 2011 SPAAAAARRR-PLAN!
Daar is nie 'n beter tyd om te begin spaar as juis nou nie.























