38 JESUS IS PERFEK ... jou gees Articles www.voelgoed.co.za

JESUS IS PERFEK ...

JESUS IS PERFEK ...

maar ...

2011-08-01Ilana Scholtz

Jesus is die Seun van God en ook self God, maar op aarde het Hy volledig mens geword. Hy het honger en dors en moeg en vaak geword, net soos ons. Hy was ’n mens met al die gevoelens, gewaarwordings en behoeftes wat ons ook het. Hoe het Hy die swaar en seer van die lewe, wat ons dikwels elke dag ondervind, hanteer en beleef? Hy was ook soms alleen, vol pyn en moedeloos; daarom kan Hy ons soms alleen, vol pyn en moedeloosheid; daarom kan Hy ons en ons emosies goed verstaan. Hy het Sy lewe kom gee sodat ons vry kan wees.

... ek voel minderwaardig

Jesus het met gewone mense gemeng en nooit neergesien op enigiemand nie. Hy het dissipels gekies, hulle met Hom laat saamleef en hulle opgelei om Sy boodskap verder uit te dra.

Die Donderdagaand voordat Hy in hegtenis geneem is, het Hy en Sy dissipels op die boonste verdieping van ’n gebou bymekaargekom waar die Pasga vir hulle voorberei was. Hulle het vir oulaas saam geëet, en toe saam die paadjie afgestap Getsemane toe. Jesus wou nie alleen wees nie en het drie van Sy naaste dissipels gevra om saam met Hom wakker te bly.

Jesus het hierdie dissipels gekies uit doodgewone mense wat uit alle sfere van die samelewing gekom het – vissers, politieke aktiviste en tollenaars. Hulle was mense met verskillende persoonlikhede en agtergronde, armes en rykes, geleerdes en ongeleerdes. En elkeen was in Sy oë geskik om Sy volgeling te wees en Sy boodskap te verkondig. Daarom kan ons weet: Elkeen van ons is waardevol in Sy oë, want Hy het ons gekies!

... ek is soms bang, alleen en moeg

Jesus moes dit vir verlore mense en ’n verlore mensdom weer moontlik maak om gekontak te maak met hulle Skepper. Maar Hy was mos mens ook, en daar in Getsemane het Hy “in doodsangs geraak ... en nog ernstiger gebid” (Luk. 22:44).  Dit was ’n geestelike geveg, maar Jesus se worsteling kon ook fisies gesien word: Ons lees dat Hy op grond neergeval het en dat Hy ontsettend benoud was – so vol angs dat Sy sweet “soos bloeddruppels geword het wat op die grond val”.

Dit moes verskriklik hartseer gewees het om te sien! Jesus, plat op die grond tussen die olyfbome daardie maanverligte aand in Getsemane, Sy gesig en klere nat van ’n mengsel sweet, bloed en trane.

Kort hierna het soldate en wagte Hom in hegtenis geneem. Sy dissipels het weggehardloop en later gemaak of hulle Hom nie ken nie. Hy is voor die Sanhedrin verneder en geslaan, toe na Pilatus geneem, onregverdig verhoor, geslaan en gespot.

Daarna het die lydensweg en die wrede kruisiging gekom. En daarmee saam die onmenslike pyn, bloedverlies, dors en versmoring. En Hy het dit alles geweet! Hy het soos enige gewone mens die angs ervaar van hierdie lyding wat vir Hom voorgelê het.

Probeer jou indink wat dit aan jou sou gedoen het as jy vooraf presies moes geweet het dat jy sulke marteling moes deurgaan! Hy het die alles deurgemaak ter wille van ons, en daarom verstaan Hy presies hoe ons voel.



 

Die artikel is gebaseer op Isak Burger se nuutste boek, Gekoop deur Bloed, beskikbaar in boekwinkels en www.voelgoedwinkel.co.za

Kommentaar
  • Sjoe, dit bring sommer spontaan trane in my oë. Dis so eg menslik geskryf. Ek glo nie ons ou mensies besef regtig wat Jesus vir ons moes deurmaak nie. Dis waarom dit so belangrik is om naby Hom te leef. Hy ken ons pyn en hartseer. Dit is waarom net Hy ons werklik kan help, troos en dra.

gesels saam


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]