BID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?
2010-02-25Anita van Niekerk
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?
2010-02-25Anita van Niekerk
Daardie telefoonoproep het Antoinette Rademan (36) se wêreld omgedop – op ’n nare manier! Sy was onmiddellik kwaad. Woedend. Verslae. Teleurgesteld in die oortreffende trap. Sy het die kamerdeur agter haar toegemaak – harder as wat sy wou – en met rooigehuilde oë haar ontnugtering teenoor God uitgestort.
“Here, dit is nié wat ek U gevra het nie. Dis nié waarvoor ek al die maande lank gebid het en U vertrou het nie! Hoe kan U sê ‘vra, glo en jy sal ontvang’, as dit duidelik glad nie so werk nie?” Antoinette bid al so lank vir ’n ander werk en toe sy uiteindelik genooi word vir ’n onderhoud, het sy dadelik geweet dit is God se antwoord op al haar gebede.
En net om seker te maak God sien en weet dat sy Hom met haar lewe vertrou, het sy sommer dadelik uit haar werk uit bedank. “Geloof in aksie” is wat sy dit noem. En nou dié oproep: “Jammer, maar jou aansoek was onsuksesvol.”
Baie gelowiges het al Antoinette se penarie beleef. Dalk in ander situasies, maar die gevoel is soortgelyk: God het jou nie gehóór nie!
Ons neem links en regs besluite “volgens God se wil”, en as dit nie uitwerk nie, is dit altyd heel eerste sý skuld. Dan wonder ons skielik hoekom Hy nooit luister nie? Bestaan Hy ooit regtig?
Om die regte besluit te neem lê nie noodwendig in wát jy besluit nie, maar in hóé jy besluit. Jy moet dit soos ’n lang, onbekende reis aanpak. Aanvanklik voel jou bestemming vreeslik ver en jy wonder of jy ooit daar gaan kom. Maar as jy die regte kaart het, weet hoe om dit te lees en gereeld seker maak jy bly op die regte pad ... sal jy daar uitkom!
DOEN DIE 4-PUNT TOETS
Heel eerste moet jy mooi gaan dink oor wat jy van God vra. Selfs die mees gesoute avonturier maak seker van sy bestemming voor hy die reis aanpak: waarheen gaan jy, hoekom, wat gaan jy daar aantref, ens. Net so moet jy van ’n paar dinge seker maak voor jy ’n besluit neem, en dan vir God vra om dit te laat gebeur. Want jou optrede en keuses gaan gevolge hê. Maak seker dit is gevolge waarmee jy kan saamleef. Toets jou motiewe (koers) so:
1 Ondersteun dit ’n eerlike saak?
2 Is dit regverdig en dink jy dit is deel van God se plan met jou lewe?
3 Is die tydsberekening reg?
4 Gaan dit jou meer bruikbaar in sy koninkryk maak?
Net jy sal weet as een van hierdie vrae die rooi lig laat flikker ... En hou maar die padkaart byderhand – netnou verdwaal jy of beland iewers waar jy nooit wou wees nie! Padkaart? Jip, gelowiges behoort die Bybel as padkaart te gebruik. Dit help nie jy maak ’n “Woordlose” besluit en blameer God dan vir die gevolge nie. Wanneer God die middelpunt van jou besluit is, kan jy seker wees hy sal die “opdraandes” in jou pad vir jou effens meer gelyk maak!
MOENIE NET PRAAT NIE – LUISTER!
Natuurlik gaan jy langs die pad gedaan raak, en selfs twyfel oor jou besluit. Onthou, deur te bid maak jy kontak met God ... laat hierdie idee insink. Maak kontak met God as jy uithouvermoë kort; Hy het meer as genoeg om vir jou te gee. Jy sal vanself kalm raak wanneer jy met God praat, so bid as die angs jou bekruip – al sê jy eintlik niks nie. Maak net kontak. Enige tyd. Altyd. Al is jy ook hoe “hardhorend”. Op ’n stadium sal jy God se JA of NEE hoor. So luister fyn en hoor dit vroeg, of wag tot jy dit hard en duidelik hoor! God sal aanhou tot jy besef wat Hy sê.
WAT GAAN IN JOU HART AAN?
Jy het jou aanvanklike besluit met soveel opregtheid geneem, maar is dit steeds die geval? Hoe lyk jou hart? Het jy intussen hoogmoedig geraak? Beterweterig? Ondankbaar? Sonder ’n stuurwiel? Soos ’n kind op sy fiets wat skree: “Kyk, Ma! Geen hande nie!” En ons almal weet wat daarna gebeur ... Onthou, ’n goeie besluit is net so goed soos die gesindheid waarmee jy dit aanpak.
... EN AS DIE UITDAGINGS KOM
Geen roete is sonder uitdagings nie – en soms moet jy jou plan effens aanpas om die probleem te systap of te oorbrug. Moenie hardkoppig wees nie, wees buigbaar en maak seker jy doen dit volgens God se wil, nie jou eie nie. Oppas dat jy nie uit pure frustrasie die verkeerde afdraai vat nie, of ’n vreeslike ompad! Raak stil om te voel of jy innerlike vrede het, en stap dan flink voort.
LAG VIR DIE LEWE
Hou jou oë op die pad, maar moenie vergeet wie jou lei nie. Eer Hom in elke tree en vir elke deurbraak wat jou pad kruis. Prys die Here altyd, ten spyte van wat met jou langs die pad gebeur – so sal jy op koers bly, al val jy soms jou nerwe af! God kan selfs die slegste besluit in iets goeds te omskep, maar dan moet jy kies om altyd sy leiding te volg.
Die belangrikste les wat Antoinette uit haar besluit geleer het, is dat God nie vir óns werk nie. Hy staan nie in ons diens nie en spring nie wanneer ons ons vingers klap nie.
Maar Hy wíl ons help – en ons gehoorsaamheid waarborg sy seën.
Sorg dat jou besluite God se roete na sukses volg.
argief
HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.BRING DIE KINDERS NA MY TOE!
“Ja, ek wil by die skool van God leer,” sê Lindsay (Graad 4) wat aanhou inkleur.STERRE LEES OF NIE?
Vrye keuse. Dít is een van die grootste gawes waarmee God ons mensdom geseën het. Maar mag jy sterre raadpleeg?
























Poppie
Psalm 62:5 Wees maar net stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!
Maureen.
Daar was tye wat ek ook nie kon Bybel lees nie, wat jul ou tydskrifte wat ek by vriendinne gekry het, my deurgedra het.Ons het laas jaar ons besigheid en toe ons hui, en daarna ons karre verloor. Ek en my seun het toe ook beide slefmoord pogings gehad.
Intussen het baie wonderwerke gebeur en werk in Hartenbos by 'n Fisioterapeut wat vir ons 'n kar gekoop het en R1500 per maan aftrek en my nog R500 salaris huis toe gee ook. Haar man 'n tandarts het ook my seun 'n studie beurs gegee en hy hey pas as Programeerde vir R1000 per maand begin wer. My man doen weer verhuring wat net ons huishuur van R3500 dra. So ja die kerk gee vir ons 'n kospakkie vir 2 weke en verder is daar nie geld vir petrol of krag, war en meer kos nie. MAAR, die hele tyd bid ek vir ander werk vir ons, en dit tref my soos 'n weerligstraal ek is arrogant , ek moet vir God se wil in onslewens. Ons is na ons trek hierheen in Hartenbos met die wonderlikste vriende geseen. My een vriendin was nou die aand baie verspot en se toe sy bis sommer dat besighede van ons sal hoor en sal bles met Voucher vir kos en klere en bederf, en ek se toe nee sy bid ok verkeerd.So ja hulle gee om regtig om hier. Die grootste seen wat ek ervaar is waneer ek so af en toe 'n ou Finess kry. Dis soos 'choclates', wat nie gou opraak nie.
baie seen
Petro Kotze
kotzefamilie@gmail.com
084 881 7150