SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net ’n mite? Kyk wat sê die kenners.
2010-02-11Benescka Botha
Bestaan spoke regtig of is dit net ’n mite? Kyk wat sê die kenners.
2010-02-11Benescka Botha
Ja, spoke bestaan.
Volgens navorsing daal die temperatuur effens in ’n vertrek of gebou waar spoke verskyn, terwyl die geluide wat hulle maak, opgeneem kan word.
Die feit dat spoke mense fassineer en al meer spookverskynings aangemeld word, het gelei tot die “parapsigologie”, ’n vertakking van die sielkunde wat fokus op dié tipe verskynsels.
Tog wonder baie mense of spoke bestaan, waar hulle vandaan kom en hoe jy van hulle ontslae raak. . .
Tipe spoke
’n Soldaat wat uitstaar by die venster van ’n huis waar hy wag gestaan het; ’n kinderlaggie wat opklink in die gang waar sy eens gespeel het; spookmotors en -treine wat gehoor en selfs gesien word…
Dít is enkele van die spookgetuienisse wat gereeld aangemeld word. Hans Holzer, ervare spookjagter en skrywer van meer as 138 boeke oor dié gedaantes, sê daar is drie soorte spoke.
Die eerste verskyn kort na ’n persoon se dood – glo om berusting te bring vir familielede wat agterbly. Dié spoke praat gewoonlik met mense.
Die tweede tipe verskyn meestal op die plek waar hulle gesterf het en praat nie.
Die derde soort is bose geeste. Hulle sal ligte aan- en afskakel, goed wegsteek en later weer terugsit en mense selfs klap of krap.
Wat is spoke?
Holzer beskryf spoke as “mense wie se gees deur trauma of tragedie (byvoorbeeld moord) ‘vasgevang’ word en keer dat hulle van hul fisiese liggame na die volgende dimensie beweeg”.
Dr. Izak Burger, skrywer van Die Geesteswêreld, verskil van Holzer. “Spoke is definitief nié mensesiele wat nie tot rus kom nie. Die oomblik as ’n mens sterf, word jou siel oorgeplaas na óf die hemel óf die hel. Jy kan dus nie as menslike gees êrens ‘ronddwaal’ nie.”
Burger se persoonlike teorie is dat spoke bose geeste (demone) is. “Volgens die Bybel is demone rustelose wesens wat graag ’n vleeslike liggaam bewoon – dié van mense en soms selfs van diere (dink maar aan die demone wat gevra het om in die varke in te vaar).
“Sou iemand wat tydens sy/haar lewe ’n demoon gehuisves het, sterf, is die demoon ‘woningloos’. Ons weet demone kan skynliggame aanneem (byvoorbeeld van die mens waarin hulle gewoon het) en dit gee aan hulle waarskynlik ’n mate van rus.”
Hoe raak jy van hulle ontslae?
Pastoor Lucille May van Stellenbosch vertel hoe hulle fluitspel gehoor het toe hulle in hul huis ingetrek het. Nie een van hulle kon ’n fluit bespeel nie; hulle het trouens nie eers ’n fluit besit nie!
Hulle het teëls met astrologiese tekens uit die huis verwyder, die plek met olie gesalf en gebid teen enigiets wat boos was. Die fluitspel het onmiddellik gestop.
Burger herinner dat die Here aan gelowiges gesag oor die bose gegee het. “Waar daar wel demoniese manifestasies voorkom, het gelowiges die versekering dat die bose sal wegvlug as hulle hom weerstaan. Ware gelowiges hoef nooit die geringste vrees vir enige demoniese manifestasies te hê nie.”
As jy dus weer onverklaarbare voetstappe in die gang hoor, gebruik gerus daardie gesag en kyk wat gebeur.
ghosts
- Ons moet weer terugdraai na die kerk en ons bybels.Kyk maar gerus wat met Saul gebeur het toe hy die heks van Endor besoek het.Die duiwel homself het as Samuel uit die dood verskyn. Spoke - nee. Bose geeste - Ja.
- Sjoe, ek glo nie in die goed en my gesonde verstand redeneer ook soos Dr Isak Burger, maar ek het 'n swaer wat geeste kan sien en goed kan aanvoel lank voor dit gebeur. Hoe verklaar mens dit?
- spoke bestaan nie
- Lees asb. Deut.18:9-12. "Spoke" in die volksmond is maar niks anders as bose geeste of demone nie en defnitief nie mensesiele nie. Ons mag nie kontak probeer maak nie. Geen mens of vertrek kan egter "skoongemaak" word as dit nie in die Naam van Jesus Christus Seun van die Almagtige God ons Vader, geskied nie. Ons Christene weet so min van hierdie dinge ...
- Ek stem nie 100% saam met Dr Izak burger nie, want wanneer 'n mens dood gaan, "slaap" jy en wag vir die dag dat Christus terug kom aarde toe om almal (ook die dooies) te oordeel. Maar die Bybel waarsku ons uitdruklik om die dooies uit te los, en nie met hulle te kommunikeer nie. Spoke is niks anders as demone wat hulle voor doen as oupa of wie ook al nie. Los die nonsens en geniet die lewe, hou op worry oor die dood
argief
HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.BRING DIE KINDERS NA MY TOE!
“Ja, ek wil by die skool van God leer,” sê Lindsay (Graad 4) wat aanhou inkleur.STERRE LEES OF NIE?
Vrye keuse. Dít is een van die grootste gawes waarmee God ons mensdom geseën het. Maar mag jy sterre raadpleeg?























