WEES GEREED
Alles is vir ons gereed in God se koninkryk, maar is ons gereed om dit te ontvang? Besef ons regtig wat dit verg om die hemel ons ewige tuiste te maak?
2009-11-10Anita van Niekerk
Alles is vir ons gereed in God se koninkryk, maar is ons gereed om dit te ontvang? Besef ons regtig wat dit verg om die hemel ons ewige tuiste te maak?
2009-11-10Anita van Niekerk
As jy vandag moet sterf en voor God se hemeltroon gaan staan, sal jy voorbereid wees vir Sy belangrikste vraag aan jou? Besef jy dat dit waarskynlik nie sal wees “Ken jy My nie?”, maar “Ken Ek jou?” En wat sal jou antwoord wees?
Ken Jy regtig vir Jesus?
Sal jy iemand toelaat om jou huis en lewe met jou te deel as jy hom nie ken nie? En ken jy iemand werklik as jy nie ’n verhouding met daardie persoon het nie?
Die Bybel sê dat Jesus die enigste manier is om by God uit te kom. “Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). En om ‘deur Jesus by God uit te kom’ beteken dat jy ’n verhouding met Hom moet hê. Dis nie genoeg om bloot van Hom te weet nie; jy moet Hom kén deur tyd in Sy teenwoordigheid te spandeer – net soos wat jy tyd en aandag aan jou verhoudings met vriende en familie spandeer.
Is jy gehoorsaam?
Om rein en suiwer van hart te wees, beteken om gehoorsaam aan God en aan Sy Woord te wees. Hy kan ons nie seën as ons oneerlik leef en nie Sy Woord respekteer nie. Ons moet die dinge doen wat Hy van ons vra (soos om mekaar te vergewe, mekaar lief te hê, en al die vrugte van die Gees te dra). En wanneer ons versuim om hierdie dinge te doen, moet ons dit bely – en ons lewe verander!
Het jy God bo alles lief?
Hý moet jou eerste prioriteit wees – bo geld, sukses, dinge en mense. Nie een van hierdie dinge behoort belangriker vir jou te wees as God nie. Dit beteken nie dat ons nie ons kinders of man oneindig lief mag hê, of nie mag strewe na ’n mooi huis of beter lewe nie – maar dit moenie die hoofdoel van ons bestaan wees nie. Om Hóm te behaag, moet belangriker wees.
Glo jy soos ’n kind?
Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. En as jy nie voorbereid is as Hy ons kom haal nie, kan jy nie saamgaan hemel toe nie. Om Hom te behaag en voorbereid te wees, gaan hand-in-hand met al die bogenoemde ‘vereistes’ om die ewigheid met Hom te deel.
Geloof gebeur wanneer ons na God se Woord luister en geloof in aksie beteken om iets te aanvaar soos wat ’n klein kindjie dit sou doen – sonder twyfel, moets of maars. ’n Kindjie aanvaar selfs die dinge wat hy nie kan uitredeneer nie, en dít is hoe Jesus wil hê dat ons Hom, en die werklikheid van Sy hemel, sal aanvaar.
Jy weet nou wat God vereis van elkeen wat Sy koninkryk met Hom wil deel. Wat jy met hierdie kennis gaan doen, is jóú keuse.
argief
JESUS IS PERFEK ...
maar ...LIEFDESBRIEF VAN JESUS
Weet jy hoe lief Ek jou het?HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.


.jpg)




.jpg)

















