HEEL UIT DIE VUUR
“Die lewe is kort, en die dood is seker.” Die waarheid van hierdie woorde is op 'n rustige Sondagmiddag by Lizmari van der Merwe tuisgebring toe die motor waarin sy was, na 'n botsing aan die brand geslaan het.
2009-09-22Luané Grobbelaar
“Die lewe is kort, en die dood is seker.” Die waarheid van hierdie woorde is op 'n rustige Sondagmiddag by Lizmari van der Merwe tuisgebring toe die motor waarin sy was, na 'n botsing aan die brand geslaan het.
2009-09-22Luané Grobbelaar
Die een oomblik het ons gelag en gesels; die volgende oomblik was daar ’n vragmotor, chaos, die impak en … doodse stilte. Toe ek weer tot myself kom, was ek besig om my sitplekgordel los te maak. Alles om my was flenters. Na die botsing met die vragmotor het die kar ook aan die brand geslaan.
Dit was ’n naweek soos enige ander een. Ek moes egter spesiale reëlings tref vir ’n saamrygeleentheid terug Potchefstroom toe, want ek wou graag dié aand die Passiespel by ons kerk bywoon. Nooit het ek gedink dat Jesus se woorde in Getsemane: “Laat hierdie lydensbeker by My verbygaan” ook die volgende oggend op my van toepassing sou wees nie.
Vandag besef ek dat woorde kragtig is – veral God se woord!
Ek en Rika, saam met wie ek gery het, het die hele pad baie lekker gesels, ook oor haar toekoms saam met haar man en driejarige dogtertjie, Abi. Wie sou kon dink het dat dit die laaste 30 minute van hulle lewe sou wees?
Die Here moes my vasgehou het toe die vragmotor reguit op ons afgepyl het. Ek het niks gesien, gehoor of gevoel nie. Daar was dadelik twee mans op die toneel wat my gehelp het. Dit was eers toe dat ek besef het dat daar ’n ongeluk was. Ek het bloed gehoes en my hande was seer. Al wat ek kon doen, was bid dat as daar iets in my gebreek of seergekry het, Hy my sal heelmaak.
In die ambulans het ek aanhoudend gevra: “Waar is Rika en Abi? Is hulle okay?” Maar hulle was nie ... Of ek ooit weer soveel sal huil, weet ek nie, maar wat my getroos het, was toe ek in die oë van die nooddienssuster kyk en sy sê: “Elke mens het sy bepaalde tyd op die aarde, en as die Here jou naam roep, kom haal Hy jou, maak nie saak waar jy is nie. Jy het nog werk om hier op aarde vir Hom te doen!” Dit het ’n geweldige invloed op my gehad. Die rustigheid wat ek daarna ervaar het, kon net van Hom gekom het.
Behalwe dat ek nie brandwonde opgedoen het nie, het die rugsak waarin my Bybel was ook ongeskonde uit die motor gekom. Ons het dit na die ongeluk by Rika se ma gaan haal. Ek weet nie waar die rugsak in die kar was nie en ook nie hoe dit daaruit gekom het nie, maar die volgende teks het later by my opgekom: “Die hemel en die aarde sal vergaan, maar My woorde nooit”!
Die Here het my gebed verhoor – niks in my liggaam was gebreek nie. Die enigste beserings wat ek gehad het, was ’n sny teen my kop en beserings van die sagte weefsel aan my regterhand en -voet.
Ek weet nou wat my doel op aarde is. My oë het oopgegaan vir wie God is en dat ek nie sonder Hom kan leef nie. Ek weet dat ek nie beheer het oor wat met my gebeur nie. Ek moet net vertrou dat Hy in elke situasie in my lewe ten goede sal meewerk. My verhoudings met mense het verander, want God wil hê ons moet mekaar liefhê. Die lewe is kort en jy moet die beste daarvan maak.
Wat met my gebeur het, is ’n klein wonderwerk, maar God doen elke dag merkwaardige wonders. Hy leef – en al wat Hy wil hê, is dat jy saam met Hom moet leef.
- Jy was my "miracle" patient gewees. Sal jou nooit vergeet nie.
- Lizmari, ek was die paramedikus wat daai dag vir jou gehelp het. Jy was n ware wonderwerk gewees. Toe ek by jou kom, was jou longe vol bloed. Jy het benoud na my gekyk en gese "bid asb vir my". Ek het gebid terwyl ek werk. Teen die tyd wat jy by die hosp[itaal gekom het, was daar geen teken van bloed in jou longe. Daar is geen mediese rede hdaarvoor nie, God het jou genees. Dianne Emmanuel, Netcare 911 Potchefstroom
argief
HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.BRING DIE KINDERS NA MY TOE!
“Ja, ek wil by die skool van God leer,” sê Lindsay (Graad 4) wat aanhou inkleur.STERRE LEES OF NIE?
Vrye keuse. Dít is een van die grootste gawes waarmee God ons mensdom geseën het. Maar mag jy sterre raadpleeg?























