38 HOU VAS jou gees Articles www.voelgoed.co.za

HOU VAS

HOU VAS

Het jy 'n behoefte na geestelike groei, om sekere struikelblokke in jou lewe te oorwin, of om jou geloof te versterk? Om te vas, kán jou die deurbraak gee.

2009-09-04Anita van Niekerk

Goeie redes om te vas

As God dit op jou hart lê, of as jy ’n bepaalde geestelike behoefte het, kan jy deur middel van vas, reuse spronge in jou geloofslewe maak. Jy kan vas:

•    As jy die wil van die Here in ’n sekere saak soek.
•    Vir jou eie geestelike voorbereiding vir ’n spesifieke taak.
•    In tye van hewige aanvalle van die duiwel.
•    Wanneer jy voel dat jy meer tyd met die Here moet maak om jou geestelike krag te herstel.
•    Wanneer jy teen spesifieke vestings van die vyand te staan kom.
•    Wanneer daar behoeftes in jou familie of vriendekring is.
•    Wanneer julle as ’n gemeente opgeroep word om te vas en te bid.

Verkeerde redes om te vas


Vas is nie ’n manier om God te verander nie, dit is ’n manier om jóú te verander. Daarom behoort jy nie te vas:

•    Om God se seën te verdien of te ontvang nie.
•    In plaas daarvan om gehoorsaam te wees nie.
•    Om ander te beïndruk of iets aan hulle te bewys nie.
•    Omdat dit ’n nuwe wet in jou lewe geword het nie.

Daar is verskeie soorte vas:


•    ’n Gewone vas – eet niks en drink net water.
•    ’n Algehele vas – weerhou jou van alles en sonder daardie tyd af met die Here
•    ’n Gedeeltelike vas – eet net sekere goed, of skakel goed uit wat jy graag eet of drink.
•    ’n Droë vas – deur niks te eet of te drink nie.
•    ’n Vloeistof-vas – neem net vloeistof in.
•    ’n Daniël-vas – eet net groente en vrugte en drink net water en sap.
•    ’n Gereelde vas – om vir ’n sekere tyd elke week of maand te vas.
•    ’n Leefstyl-vas – om sekere goed wat jy regtig geniet om te eet of te doen, vir ’n tyd lank (of permanent) te vas.

Praktiese wenke wat kan help

•    Moenie vir langer as drie dae sonder vloeistof bly nie.
•    Moenie met ’n lang gesig rondloop of dit wyd en syd aan ander verkondig nie.
•    Neem ’n vitamien-aanvulling indien nodig en vermy swaar oefening.
•    Onttrek jou sover as moontlik van ander mense.
•    Hou ’n notaboekie byderhand en skryf al die indrukke en openbarings wat jy van God kry, daarin neer.
•    As jy om mediese redes nie kan vas nie, moenie skuldig voel nie – en moet dit nié doen nie. Raadpleeg jou dokter as jy onseker is.
•    Tydens die eerste drie dae van ’n kos of vloeistof-vas kan jy dalk - ontrekkingsimptome soos hoofpyne kry.
•    In die eerste drie dae sal jy baie honger word, maar na die sewende dag gaan die honger so te sê heeltemal weg.
•    Jy sal dalk pap begin voel, maar jy gaan ook meer bewus raak van hoe die Here jou liggaam deur die vas gaan dra.
•    Maak tyd om te rus.
•    Breek ’n lang vas deur die eerste paar dae eenvoudige kosse soos vrugte, sap, jellie of sop in te neem.

Kommentaar
  • My hart is stukkend oor my huwelik, my kinders en sommer net myself!! Ek wil graag my storie deel, raad kry en met iemand praat voor dit te laat is!! HELP!! jennyjoubert@rocketmail.com
  • Jenny, gaan na www.leef.co.za - daar gaan jy 'n gebedskamer vind waarby jy regtig gaan baat vind. Doen dit asb!

gesels saam


argief