BID IS SOOS GIM
Wat 'n mens dink, is jy, en hoe jy dink, leef jy. Dink anders oor jou gebedslewe en sien hoe jou lewe verander.
2009-08-17
Wat 'n mens dink, is jy, en hoe jy dink, leef jy. Dink anders oor jou gebedslewe en sien hoe jou lewe verander.
2009-08-17
Hoekom voel baie van ons dat ons gebedslewe onbevredigend bly? Dat daar iets méér moet wees as wat ons daaruit put?
Miskien kan jy so oor bid dink: Voordat jy wil begin oefen (of beleggingsfondse vir jou spaargeld soek), gaan jy deur ’n paar prosesse werk om jou voor te berei. Doen dieselfde vir jou gebedslewe.
Neem ’n wilsbesluit
Gebruik jou verstand en besluit: “Ek gaan werk aan my gebedslewe. As gelowige is dit vir my belangrik om God beter te leer ken.” Hierdie besluit wat jy met jou kop neem, is baie belangriker as die wilsbesluit om byvoorbeeld aan jou gesondheid te werk of meer geld te spaar. Merk die dag van jou besluitneming op ’n almanak of in jou dagboek as wegtrekplek noudat jy klaar geredeneer en gewonder het.
Doen navorsing
Net soos jy vir oefening sou soek na die beste gimnasium met die meeste voordele teen die beste prys, of die spaarplan met die hoogste rentekoers, net so moet jy inligting inwin oor gebed. Surf die Internet, praat met jou leraar, woon gebedskenners se praatjies by, gesels met vriende en familie, lees, lees, lees.
Besef daar is baie opsies
Net soos daar nie net een oefenmanier vir almal is nie en net soos spaarplanne verskil, so is daar legio maniere om gebed te beoefen. Moenie jouself beperk tot een manier wat volgens jou die enigste regte manier is nie. Lees so wyd as wat jy kan en soek totdat jy ’n benadering vind wat by jou as unieke individu pas, wat jou geloof versterk en jou band met God verinnig. Onthou om jouself te respekteer as ’n individu met eie behoeftes en ’n unieke kommunikasiestyl.
Vestig jou nuwe roetine
Wanneer ’n mens jouself commit tot ’n spaarplan of oefenprogram, teken jy vorms vir die geld wat oorgeplaas word of bou jy tyd in jou weekprogram in vir die gimklasse. Net so moet jy na die kies van jou gebedsprogram of metode, daadwerklike stappe doen om bid deel van jou dag en roetine te maak. Hierdie “afsprake” moet duidelik omlyn wees en verkieslik in die begin iewers aangeteken word sodat jy doelgerig begin met die implementering daarvan.
Wees konsekwent, maar ook nie rigied nie
Vir ’n oefenprogram om te werk moet jy pligsgetrou daarby hou. Net so moet jou gebedslewe prioriteit geniet en nie sommer vir enige rede opsy geskuif word nie.
Jy moet natuurlik ook soepel moet wees vir gebeure soos vakansie of siekte. Kry alternatiewe planne in plek sodat jy nie heeltemal van koers af gegooi word nie. As jy byvoorbeeld jou enkel in die gim sou verstuit, sal jy die treadmill moet los, maar steeds maagoefeninge kan doen. Net so moet jy gebedsalternatiewe gereed hê vir onvoorsiene situasies.
As jy meer wil weet … lees Verander jou wêreld deur gebed, antwoorde op 100 vrae wat gelowiges vra van Bennie Mostert (uitgegee deur Carpe Diem Media). Hierdie boek het al tienduisende gelowiges gehelp met hulle gebedslewe en is dié klassieke boek om op jou rak te hê as bid vir jou belangrik is.
argief
HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.BRING DIE KINDERS NA MY TOE!
“Ja, ek wil by die skool van God leer,” sê Lindsay (Graad 4) wat aanhou inkleur.STERRE LEES OF NIE?
Vrye keuse. Dít is een van die grootste gawes waarmee God ons mensdom geseën het. Maar mag jy sterre raadpleeg?























