WEN MET MENSE
Hou die volgende vier beginsels in gedagte wanneer jy weer opinies oor mense vorm.
2009-08-14Renette Espach
Hou die volgende vier beginsels in gedagte wanneer jy weer opinies oor mense vorm.
2009-08-14Renette Espach
1. Die lensbeginsel
VRA JOUSELF: Wat is my persepsie van mense?
Het jy al by ’n nuwe plek begin werk en dan sê iemand wat al jare lank daar is dat jy vir dié of daardie persoon moet oppas of uit haar pad moet bly? Natuurlik gaan jy met vooroordeel met daardie persoon kennis maak. Maar wie jy is, bepaal wat jy sien en hoe jy mense sien.
JY OORDEEL ...
... as jy skinder oor mense in ’n ander kerkverband. Dit is so maklik om vir al jou vriende te vertel hoe ‘verkeerd’ hulle die Here aanbid.
... as jy kwaad word omdat mense van ’n ander kultuur dinge op ’n ander manier doen as jy.
ONTHOU: Die Here tref nie onderskeid nie, in Sy oë is ons almal één.
2. Die spieëlbeginsel
VRA JOUSELF: Het ek verantwoordelikheid aanvaar vir wie ek is?
Dit is nou maar so dat ons ’n ongelooflike vermoë het om almal in die wêreld op te som, behalwe onsself.
JY OORDEEL ...
... as jy lag vir die vet vrou voor jou in die ry by die bank. Om mense oor hulle voorkoms te oordeel is baie maklik, omdat die media dit so aanmoedig.
ONTHOU: God stel net belang in dit wat in jou hart aangaan. Hy kyk nie soos mense na die uiterlike nie.
3. Die omruilbeginsel
VRA JOUSELF: Probeer ek om dinge uit ander mense se oogpunt te sien?
Die opvoeder, George Washington Carver het gesê: “Hoe ver jy dit in die lewe bring, hang af van jou teerheid teenoor kinders, deernis teenoor oues, simpatie met dié wat probeer en verdraagsaamheid teenoor swakkes en sterkes. Want een of ander tyd sal jy al hierdie mense wees.”
JY OORDEEL ...
... as jy jou neus optrek vir die vrou met die buite-egtelike kind, die skoonmaker in jou kantoorgebou of die vriendin wat haar man verneuk. Die sleutel tot die omruilbeginsel is empatie.
ONTHOU: Almal in jou lewe is daar met ’n rede en God wil hê dat jy hulle moet behandel soos Jesus sou. Met dieselfde oordeel waarmee jy ander oordeel, sal oor jou geoordeel word.
4. Die tien-uit-tien beginsel
VRA JOUSELF: Glo ek die beste oor mense?
As jy mense tien uit tien gee, is elke dag ’n wonderlike dag vir hulle en ook vir jou. Dink so daaroor: vanoggend kan iemand opstaan en sleg voel, maar as gevolg van jou kan hulle goed voel.
JY OORDEEL ...
... as jy neerkyk op die man wat met ’n bordjie om sy nek by die verkeerslig staan en bedel. Met die respek wat jy uitdeel, kan jy die beste in ander na vore bring.
ONTHOU: Jou dade weerspieël jou geloof. Jou teleurstelling in mense moet jou nie daarvan weerhou om in mense te bly glo nie. Ons stel gereeld vir God teleur, maar Hy gee ons elke keer nog ’n kans.
Ons tref so maklik onderskeid tussen ons en ander. Maar tog skeer God ons almal oor dieselfde kam. Dalk moet jy van nou af jou dae aanpak met net een vraag in gedagte: “Wat sou Jesus doen?”
Wen met Mense, John C. Maxwell, Struik Christelike Boeke
www.crossroads.ca/response/judge.htm.
argief
JESUS IS PERFEK ...
maar ...LIEFDESBRIEF VAN JESUS
Weet jy hoe lief Ek jou het?HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.


.jpg)




.jpg)

















