VRA NET!
Ontdek hoe jy deur 'n eenvoudige gebed die Here kan toelaat om jou meer te gee as wat jy ooit kon dink of droom!
2009-07-14Renette Espach
Ontdek hoe jy deur 'n eenvoudige gebed die Here kan toelaat om jou meer te gee as wat jy ooit kon dink of droom!
2009-07-14Renette Espach
Ons wonder of ons dinge mag vra en hoe ons dit moet vra. Weet God nie reeds wat ons wil hê nog voordat ons dit vra nie? En hoekom sukkel jy soms om te bid?
Bitterheid
Bitterheid maak dit moeilik om vir God iets te vra. Tog kan jy selfs oor jou bitterheid bid! Jy moet Hom net vra! God sal jou bitterheid en eensaamheid verlig, maar Hy kan dit slegs doen as jy Hom toelaat en vertrou om dit te doen.
Geheim: Hy het nooit bedoel dat ons ons eie probleme moet oplos nie.
Ja, jy mag god vra oor …
… BEGEERTES
Sodra ons die woord “begeertes” hoor, dink ons dadelik aan ’n duur motor, ’n mooi huis, of die onbekostigbare leerjas wat in die winkelvenster hang. Wanneer beheptheid met jou begeertes veroorsaak dat jy net jouself in ag neem sonder om te dink wat God wil hê, is jy op die verkeerde spoor.
Tog is begeertes aanvaarbaar en selfs goed solank dit op die regte dinge gemik is en tot God se eer strek.
Geheim: Toets deurentyd jou begeertes aan God se Woord, want goeie begeertes doen nie skade aan jouself of aan ander nie.
... BEKOMMERNISSE
Almal van ons is een of ander tyd bekommerd! Ons is daagliks besorgd oor finansies, veral wanneer onvoorsiene dinge gebeur. Soms bekommer jy jou ook oor verhoudings wat beëindig word of na jare sommer net doodloop.
Maar waarom bang wees vir môre as God reeds daar is? Hy kan jou help om jou negatiewe gedagtes oor gesondheid, finansies en verhoudings in perspektief te plaas.
Geheim: Worrying is like a rocking chair, it gives you something to do but gets you nowhere.
... BESLUITE
Die lewe sou soveel makliker gewees het as jy net vinniger kon besluit! Selfs eenvoudige besluite soos wat om vir middagete te eet, vermoei jou. Besluite waar jy moet kies tussen jou huidige werk en die nuwe een wat tog te aanloklik lyk, bring probleme. God wil hê dat jy Hom ook met jou besluite moet vertrou! Hy laat immers in die eerste plek toe dat jy ’n keuse het!
Geheim: ’n Goeie besluit is een wat tot sy eer is. Selfs al het jy die verkeerde besluit geneem, kan God dit steeds vir jou ten goede laat meewerk. Jy moet net vra sê Romeine 8:28!
Mag ek aanhou vra?
Dit is belangrik om te glo dat jy dít waarvoor jy bid, reeds ontvang het. As jy die eerste keer gevra het, moet jy aanhou bid, maar nie weer vra nie. Sê dan liewer dadelik dankie, al het God nog nie jou gebed beantwoord nie. As jy vir ander bid, mag jy aanhou vra omdat jy vir hulle intree by God (intersessie) en nie noodwendig weet wanneer God in hul behoeftes gaan voorsien nie.
Jy kan God se hulp vra vir enige ding onder die son. Hy sal jou antwoord. Op sy tyd en volgens sy volmaakte plan en wil. Vra net.
Bronne:
Seven Things that Steal Your Joy, deur Joyce Meyer
Jabes se Gebed deur Bruce Wilkinson
www.tbm.org
www.xenos.org
argief
HEMELVAART
'n Geskenk van boGELOOF HET NIE 'N HANDVATSEL
'n Stewige vashou aan GodWAT IS IN GOD SE HUIS?
... dalk 'n groot kombuis?GEBEDSHORLOSIE
Deur Liesel Krause-WiidJOU VRESE WEG BINNE 5 DAE
God is in beheer!DIE WONDERWERK BLOG
Onverwags en verstommendBID JY TEEN DIE PLAFON VAS?
Keer op keer besluit jy verkeerd. Of jou planne loop skeef – al het jy daaroor gebid. Waar is God dan?SPOKE VANDAG…
Bestaan spoke regtig of is dit net n mite? Kyk wat sê die kenners.BRING DIE KINDERS NA MY TOE!
“Ja, ek wil by die skool van God leer,” sê Lindsay (Graad 4) wat aanhou inkleur.STERRE LEES OF NIE?
Vrye keuse. Dít is een van die grootste gawes waarmee God ons mensdom geseën het. Maar mag jy sterre raadpleeg?























