SONHANDBOEK VIR DIE VAKANSIE
Ons gee die beste raad om dié somer sonslim te wees.
2011-12-20
Ons gee die beste raad om dié somer sonslim te wees.
2011-12-20
Hoe vind jy die balans tussen jou behoefte om die son te geniet en die knaende stemmetjie in jou agterkop wat sê: “Bly uit die son uit”? Ons gee die beste raad om dié somer sonslim te wees.
Son, die voelgoeddokter
Om jou vel te beskerm is nie meer net ’n opsie nie maar ’n noodsaaklikheid! Die reëls was eers maklik: Bly uit die son tussen 10:00 en 15:00, dra ’n sonroom met ’n hoë SBF en moenie te veel liggaamsdele aan die son blootstel nie. Hoe nou gemaak deesdae met die son wat al warmer word en kanker wat al hoe meer gediagnoseer word?
Hoe om jou kwota sonskyn veilig te kry
• Kenners meen dat vitamien D, die sonskynvitamien, lewensbelangrik is vir jou gesondheid en welstand. Veltipe in hierdie geval speel steeds die grootste rol wanneer dit kom by die hoeveelheid veilige sonblootstelling wat jy mag kry. Die algemene reël is: So vinnig as wat jy brand, so vinnig maak jou liggaam vitamien D. Iemand met ’n baie ligte vel het waarskynlik 10 minute onbeskermde sonblootstelling nodig. Diegene met donker velle kan tot 90 minute neem om vitamien D te maak. Die geheim is om op te hou voordat jou vel rooi word en brand.
• Die hoek waarteen die strale jou tref, is baie belangrik. Indien dit minder as 45 grade is (wanneer jou skaduwee korter is as jyself), is die son op sy skerpste. Jy behoort nie in hierdie tyd in die son te wees nie.
• As jy warm voel, maak toe en soek ’n sonsambreel.
• Moet nooit ’n sonbed gebruik nie, dis die verkeerde tipe UV-lig.
Sonskerm, elke dag, oral
Baie mense besef nie hoe sterk die son is nie en vergeet dikwels in alledaagse situasies van sonskerm. Ander gebruik steeds nie die regte sonskerm nie of weet nie hoe om dit reg aan te wend nie, wat lei tot onnodige sonbrand.
Velkankers kom voor by mense wat kumulatiewe sonblootstelling gehad het. Dermatoloog Nick Lowe verwys na ’n langtermynstudie in Australië wat jou goeie rede sal gee om elke dag sonskerm te dra. Twee groepe persone is oor ’n tydperk van 10 jaar gevolg. Een groep het ’n SBF 15 aangewend wanneer hulle gevoel het dis nodig, die ander groep het elke dag sonskerm aangewend. Teen die einde van die 10 jaar het die gereelde gebruikers minder as die helfte soveel velkankers gehad as die ander groep.
Waar moet ek smeer? Wend sonskerm oor jou héle lyf aan. Onthou dat melanome op enige plek kan voorkom – selfs tussen jou tone, op jou voetsole, in jou lies en selfs op jou skaamdele. Dr. Stefanie Williams, dermatoloog, waarsku: “Die bokant van jou ore is soos ’n sonterras. Ek sien baie mense in hulle 50’s en 60’s wat velkanker daar het.”
Hoeveel sonskerm is genoeg? As jy terugkom van vakansie af en jou sonskerm is nie op nie, het jy nie genoeg gebruik nie. As sonskerm ordentlik moet werk, het jy rofweg ’n eetlepel sonskerm per ledemaat (been, arm) nodig. ’n 200 ml-bottel behoort jou net ’n paar dae te hou as jy dit reg aanwend.
Hoe kies ek ’n sonskerm? Die keuse van sonskerm is persoonlik. As jy egter steeds wonder, is dit ’n goeie riglyn om jou sonskerm te kies soos jy jou vogroom kies. Vra vir jouself: Verkies ek ’n melkerige, olierige of romerige vogroom? Kies produkte met ’n hoë beskermingsfaktor. Veral aan die begin is ’n SBF 30+ die beste opsie.
Sit jou sonbril op
Die regte sonbril is nie net ’n mooi modebykomstigheid nie, maar bied ook noodsaaklike beskerming aan jou oë. Die sagte vel rondom jou oë is net so geneig tot kanker soos die res van jou lyf. Beskerming teen ultravioletstrale –vir jou vel én jou oë – waarborg dat jy die son sonder enige spyt sal kan geniet. As jy nie ’n sonbril dra nie, kan dit skade aan jou kornea, lens en oogbindvlies aanrig. Kies dus ’n sonbril wat betroubare UV-beskerming bied. Vra jou oogsorgpraktisyn vir omvattende advies oor kwaliteitlense voor jy ’n sonbril koop. Kyk op die etiket of die sonbril aan die ANSI Z80.3-vereistes voldoen. Dit beteken die lense voldoen aan die basiese standaarde vir UV-beskerming, kleuruitkenning in normale dagligtoestande, kosmetiese gehalte en duursaamheid.
3 Algemene mites oor sonlig
1. Ek hoef nie sonskerm te dra as ek onder die water is nie
Jou vel kan steeds deur 80% van die UV-strale getakel word, selfs al is jy een meter onder die water.
2. Ek spandeer nie baie tyd in die son nie, so, ek hoef nie ’n sonskerm te dra nie
UVA-strale kan selfs deur glas dring. Navorsing by die Lancaster Universiteit het bevind dat werkers wat naby ’n venster sit, tot 10 maal ouer lyk as hulle kollegas wat nie by die venster sit nie. Inge Ferreira, nasionale opleidingsbeampte by Willa Krause Skin Care, verduidelik: “50% van die UV-strale bereik jou steeds in die koelte. Op ’n bewolkte dag dring 90% van die UV-strale deur die wolke. Jou motor se venster kan soos ’n vergrootglas werk en sodoende meer skade aan jou vel aanrig.”
3. My vogroom of onderlaag bevat ’n SBF, so ek hoef nie sonskerm te dra nie
Navorsing het bevind dat die beweging van jou gesig die sonskerm in jou vogroom of onderlaag laat beweeg totdat dit later in jou hare beland. Spesiale sonskerms kleef beter aan die vel en beweeg nie so rond nie.
Ons keuse van die beste sonskerm vir...
…babas
Annique Baba Sonskerm, SBF 20, R89
… kinders
AVON Kids Multivitamin Sun Cream, SBF 50, R92
…na ’n dag in die son
NIVEA® SUN SOS After Sun Relief Lotion, R49,99
…op ’n drafstap
Annique Sun Protection Spray, SBF 30, R129
…op die strand, vir sport en swem
Justine Ultrasun Skincare Active Sun Spray, SBF 50, R210
…sensitiewe vel
Derma FIX Dermashield SPF 45, vanaf R130
…daaglikse gebruik
WILLA Krause Sun Wrinkle Protector, R159
…jou gesig
Coverderm, Filteray Face. Beskikbaar in SBF 20, 40, 60, 80, R 295 - R340
Wees waaksaam en sonslim en geniet hierdie somer al die heerlike voordele wat met kuier en speel in die son gepaardgaan.
Kliek hier om te sien watter tipe sonbril by jou gesigvorm pas.
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















