DIE PERFEKTE SONBRIL VIR MY GESIG
Wenke wat jou sal help om die perfekte sonbril te kies
2011-12-20
Wenke wat jou sal help om die perfekte sonbril te kies
2011-12-20
Elke gesig, soos elke oog, het sy eie unieke eienskappe. Soek jy ’n sonbril wat jou persoonlikheid komplimenteer of iets wat jou voorkoms heeltemal verander? Wanneer jy ’n sonbril kies moet jy hierdie faktore in ag neem, maar dit kan uitdagend wees. Daar is wel een belangrike punt om te onthou – skep visuele kontraste. Die vorm van die raam behoort in kontras met die vorm van jou gesig te wees om balans te skep.
1. Ovaal gesigte
Ovaal gesigte het die beste vorm vir ’n sonbril. Wees wel versigtig vir rame wat te groot aan die kante is of klein ronde rame. Die beste keuse sal ’n reghoekige ontwerp wees.

2. Ronde gesigte
Ons stel voor dat jy kenmerkende rame wat die hoeke beklemtoon, soos vierkantige of effens reghoekige ontwerpe, probeer. Hulle sal meer kontoere aan ’n ronde gesig bring. Wees dapper en speel rond met kleure. ’n Sonbril met ’n wyer raam sal ook goed op jou lyk. Vermy sagte, fyn en ronde rame.

3. Driehoekige of hartvormige gesigte met breë voorkoppe en punterige kenne
Jou beste keuse is ovaalvormige of ronde vorme of sagter en platter ontwerpe in subtiele kleure. Die visuele verdeling van jou gesiglengte deur hierdie raam sal jou voorkoms verbeter. Vermy sonbrille wat te klein is.

4. Langwerpige of reghoekige gesigte
Jy het ’n smal gesig en jou ken en onderkakebeen is jou sterkste eienskappe. ’n Sonbril sal beslis jou voorkoms versterk omdat dit jou gesig visueel verdeel. Ovaal rame kan ook werk maar vermy ’n styl wat te klein vir jou is.

5. Hoekige gesigte
In hierdie geval is die doel om jou gesig langer te laat lyk deur middel van jou sonbrilontwerp. Jou ken, onderkakebeen en voorkop is jou sterkste eienskappe. Probeer effens geronde rame wat nie te klein is nie en ’n platlyn ontwerp het.

Ander hulpvolle wenke
Wanneer jy ’n sonbril kies, verseker dat jou wenkbroue of reg bo of regs langs die bokant van die raam is. As jy voel dat jou neus te lank of te kort is, kan ’n bril help om ’n visuele verbetering te maak. As die brug van die bril diep op jou neus sit, sal dit eintlik korter lyk en vice versa. As die bril aan die onderkant verleng is, sal dit jou gesig korter laat lyk.
Kry meer inligting oor Carl Zeiss Vision by www.better-vision.zeiss.com.
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















