MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.
2011-12-06
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.
2011-12-06
Dis nie die eerste vakansie wat jy onder ’n laag klere en ’n sambreel sal moet deurbring nie. Jou rondings kry jou onder en jy voel lus om selfs op sonskyndae jou bene in ’n langbroek weg te steek. Die meeste vroue begeer mooi, ferm bene, veral vir ’n vakansie by die see. Die goeie nuus is dat jy binne ’n maand mooi bene kan kry sonder om jou dood te oefen of net van water te leef. Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in ’n kortbroek waag hierdie somer.
Oefening vir fermheid
’n Ander manier om selluliet te verminder en ook jou spiere fermer te maak, is met oefeninge.
• TRAP OP
Dit oefen: Jou bobene, heupe en boude.
Staan voor ’n trappie van 20-30 cm hoog en hou handgewiggies vas om die oefening meer intens te maak. Plaas jou regtervoet op die trap. Trap terug, en herhaal weer met jou regtervoet.
Herhalings: Twintig herhalings drie stelle.
• STAAN OP, SIT
Dit oefen: Jou hele onderlyf.
Gebruik ’n stoel. Gaan sit en staan dan dadelik weer op.
Herhalings: Drie stelle van 15 herhalings elk
Trek die lemoenskil af
Selluliet is vir die meeste vroue ’n probleem, veral om die boude, heupe en dye. Dit laat jou bene pap en drillerig lyk. Dis nie ’n probleem wat oornag sal verdwyn nie, maar met die regte gewoontes en produkte kan dit gou baie beter lyk. Selluliet verskil van die ander vetselle en kan nie soos ander vet uitgesuig word nie. Dit word net onder jou vel aangetref. Sodra dit onder jou vel opstoot, vorm dit die lemoenskilvoorkoms.
• RAAK ONTSLAE DAARVAN!
’n Ferm massering verbeter die sirkulasie van bloed en limfvloeistof. Dit verwyder ook dooie selle op jou vel, wat jou vel se voorkoms verbeter.
• MASSEER SO
Kies ’n goeie sellulietroom. Begin by die heel laagste punt waar jou selluliet begin, soos bokant jou knieë, en masseer opwaarts na jou hart toe. Gebruik ferm bewegings en wissel af tussen die volgende tegnieke:
• Gebruik jou kneukels, vingers en handpalm om lang veebewegings te maak. Vee ’n paar keer oor elke area.
• Maak ’n paar sirkelbewegings met jou hande oor die betrokke areas.
• Gebruik knie-bewegings deur jou vel tussen jou duim en vingers vas te knyp en masseer dit in sirkelbewegings asof dit deeg is.
• Knyp jou vel liggies tussen jou duim en vinger vas en trek dit liggies in verskillende rigtings.
• Probeer Elancyl Offensive Cellulite for Stubborn Cellulite, R400. Binne slegs twee weke kan jy ’n verbetering sien.
• Vir ’n goedkoper opsie probeer Nivea Good-bye Cellulite Gel-Cream, R100. Dit bevat lotusblaarekstrak, wat meer doeltreffend werk as die kafeïen wat in die meeste sellulietprodukte voorkom.
Kry gladde bene
In die winter kom jy nog weg daarmee as jy ’n dag of twee nie jou beenhare skeer nie, maar in die somer is gladheid ’n vereiste.
• ROOMVERWYDERAARS
Die Veet haarverwyderingsreeks het rome en wakse wat dit maklik maak om jou haartjies te verwyder. Probeer die Veet In-Shower Hair Removal Cream, R60, wat jy sommer kan aanwend terwyl jy stort.
• SKEERMESSE
Schick het skeermesse van goeie gehalte beskikbaar. Probeer die Schick Xtreme 3 Hawaiian Tropic skeermes teen R30. Onthou om altyd skeerroom of selfs opknapper te gebruik vir ’n gladder meer effektiewe skeer.
• LAAT SPAT ARE!
As jy heeldag by die werk moet sit of staan, voel jou bene moeg, swaar en moontlik ook pynlik. Dis gewoonlik juis omdat jy nie baie deur die dag beweeg nie. Dis jou kuitspiere se werk om bloed van jou voete af na jou hart toe te pomp. As jy lank sit of staan, werk jou kuitspiere nie, en dit plaas druk op jou are. ANTISTAX® Leg Chilling Gel, vanaf R55, is perfek vir wanneer jou bene moeg voel. Die verfrissende jel bevat unieke rooiwingerdblaar-ekstrak, wat antioksidante bevat wat jou sirkulasie verbeter en spatare help voorkom. Smeer dit aan na ’n lang dag by die werk of as jou bene moeg voel.
• SYSAGTE BENE IS JOUNE!
As jy jou bene sag wil hê, is dit belangrik om daagliks room aan te wend. ’n Room wat goed werk, is Nivea Q10 Plus Firming lyfroom, R60 vir 400 ml. Jou vel voel werklik sysag en na twee weke voel jou vel ook fermer.
Lyk reg vir die somer
Niks wys jy is so reg vir somer soos ’n bruingebrande lyf nie. Maar as gevolg van velkanker en veroudering wil niemand meer ure in die son deurbring nie. ’n Maklike manier om bruiner te lyk is met behulp van Caribbean Tan produkte. ’n Aanspuitproduk kos jou R120 en gee natuurlike resultate.
Skilfer jou voete af
Gebarste hakke kom voor as jou vel droog is. Bevogtiging is dus die belangrikste ding wat jy vir jou hakskene kan doen. Probeer ook die volgende: Neem ’n ryk lyfroom en ’n skeermes. Smeer genoeg room oor jou hakke en skeer dan liggies met die skeermes daaroor. Moenie hard skeer nie, jy wil nie jou voete laat bloei nie. Jy kan ook ’n growwe steen gebruik om jou hakke mee af te skuur. Week jou voete vir tien minute in warm water. Dit maak jou vel sagter en dus makliker om af te skuur. Droog jou voete deeglik af, smeer dit goed met room in en trek dan sokkies aan om die vog binne te hou. Of bederf jouself met ’n spa Medi-Heel. Jy kan sagte en gladde hakke kry sonde om te skuur of te skaaf. Vir meer inligting besoek www.medi-heel.co.za.
Probeer hierdie tuisgemaakte resep vir ’n verfrissende afskilferingsensasie. Jou voete sal vars en sag voel as jy klaar is.
BESTANDDELE
• 3 suurlemoene
• 1 eetlepel wit suiker
• 1 eetlepel amandelolie
• 15 vars gekapte kruisementblare
• 5 druppels lemmetjie essensiële olie
Skil die suurlemoene en kap dit in fyn stukkies. Verpulp dit in ’n voedselverwerker. Meng dit met die amandelolie, kruisementblare, essensiële olie en suiker. Gebruik vyf minute om elke voet te skrop.
Mooi bene maak miskien die manne se knieë lam, maar dis nog beter as dat dit jou hope selfvertroue gee. As jy goed voel oor jou lyf, sal niks jou terughou om die somer te geniet nie. Doen oefeninge, eet gesond en probeer hierdie produkte. Jy sal gou agterkom dat pragtige bene almal beskore is.
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















