ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.
2011-11-29
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.
2011-11-29
Die regte een daarenteen kan jou soos ’n model laat lyk.
Hier is ’n paar praktiese wenke om jou die regte onderlaag te kies en dit reg aan te wend:
• Onderlaag en plooie
“Plooie word veroorsaak deur verskillende faktore, soos sonskade, dehidrasie, rook en spierbewegings,” sê Linda O’Connel van Maybelline. Grimering kan nie plooie veroorsaak nie en is beslis nie die rede hoekom jy lagplooie kry nie. Dit kan wel jou plooie meer opvallend maak. Swaar grimering wat nie by jou veltipe pas nie, kan jou plooie beklemtoon. Hou liewer by ligte grimering onder jou oë deur slegs verbloemer te gebruik, en vermy onderlaag en poeier in dié area.
Onthou ook om altyd oogroom aan te wend. Dit kan lagplooie verminder en selfs voorkom, en help dat grimering beter aanwend. Pasop om nie aan die oogarea te trek wanneer jy room of grimering aanwend nie. Dié vel is baie delikaat en kan maklik sakkerig lyk. Gebruik jou vingers of ’n kwassie om met ligte tikbewegings die area te bedek. Baie handelsmerke het verbloemer wat spesifiek vir die oogarea geformuleer is, en dit werk gewoonlik die beste om donker kringe te verbloem.
• Die regte kleur
Baie vroue toets onderlaag op hulle hand of nek, en dan is dit nie die regte kleur vir hulle gesig nie. Toets altyd onderlaag op jou gesig. Smeer dit in ’n streep aan van jou wang tot by jou kakebeen. Gaan dan buitetoe en kyk hoe die kleur in die sonlig lyk. Natuurlike lig gee gewoonlik die beste aanduiding van hoe die kleur by jou velkleur pas. Maybelline het ’n verskeidenheid van 12 skakerings in die nuwe FIT ME onderlaagreeks.
As jy nie die perfekte skakering kan kry nie, kies twee kleure wat die naaste aan jou velkleur is en meng hulle. Jou vel is ook geneig om donkerder te wees in die somer. Meng dan net ’n bietjie meer van die donkerder skakering by.
As jy steeds onseker voel, vra ’n grimeerkunstenaar om jou te help om die regte skakering te kry. Hou ook jou veltipe in gedagte wanneer jy onderlaag kies.
• Sit só aan
Die warmte van jou vinger is fantasties om verbloemer liggies in te skakeer. As jy ’n kwas gebruik, hou dit skoon deur dit minstens weekliks te was. Gebruik sommer sjampoe en hou die kwas na onder wanneer jy dit afspoel om die haartjies bymekaar te hou. As die haartjies eers deurmekaar begin staan, is dit moeilik om onderlaag daarmee aan te wend. ’n Onderlaagkwas gee ’n meer afgeronde voorkoms. Die vel onder die oog is delikaat en daarom is 'n sponsie of vinger dee beste om verbloemer mee aan te wend.
Maar of jy nou jou hande, ’n kwas of ’n sponsie gebruik, maak altyd seker dat jou onderlaag goed ingeskakeer is. ’n Onderlaagstreep op jou kakebeen laat jou onafgerond en onprofessioneel lyk. Gebruik jou tyd om die onderlaag mooi eweredig aan te wend. As jy haastig is, gaan jy met strepe sit en eerder soos ’n sebra lyk!
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















