24 OPPAS VIR UITDROOG jou lyf Articles www.voelgoed.co.za

OPPAS VIR UITDROOG

OPPAS VIR UITDROOG

Wat gaan jou laat sprankel?

2010-07-19

In antieke tye het die skones olie gebruik om hulle vel en hare op te knap. Olie hoort egter nie net in die geskiedenis nie en moet vandag nog 'n spesiale plekkie in jou jesebelsakkie hê. Dis jou sprankel produk!

Binnenshuise verhitting hou jou warm, maar dit droog ook jou vel uit. As jy boonop lang, warm storte geniet en met seep was, kan jy maar ’n stywe, droë vel te wagte wees. Die warm water spoel jou vel se natuurlike beskermende lagie, wat uit olie bestaan, weg. Gelukkig kan jy jouself van kop tot tone olie en sodoende ’n krokodilvel voorkom.

Hoekom olie?

•    Olie is nie net geskik vir ’n droë vel soos dikwels geglo word nie. Dit het ’n fyn molekulêre struktuur, wat beteken dit verstop nie sommer porieë nie. Verstopte porieë lei dikwels tot aknee en velveroudering. As jy olie aansmeer, sal jou vel dikwels minder sebum vervaardig, wat dit eintlik minder olierig laat voel.

•    Baie kommersiële produkte bevat water, maar min olie. Dit laat jou selle tydelik plomper lyk, maar sodra jou vel vog verloor, lyk jy weer plooierig. Olie, aan die ander kant, vorm ’n natuurlike beskermende lagie oor jou vel, wat jou teen omgewingsfaktore beskerm en ook vog binne hou sodat jou vel gehidreer bly.

•    Olie is dikwels ryk aan antioksidante om die skade van vrye radikale te beperk. Dit beteken jou selle herstel makliker en jy lyk langer jonger.

•    Olie is ideaal vir mense wat organiese produkte wil gebruik, omdat jy natuurlike olies vir velsorg kan gebruik. Eetbare olies, soos avokado- en kokosneutolie werk soms net so goed soos jou gunstelingvogroom.

•    Dit werk ook goed as ’n reiniger en verwyder grimering in ’n japtrap. Olie trek grimering uit jou porieë, wat help om verstopte porieë te voorkom. En dit werk sagkens om die oogarea, wat min oliekliere het en dikwels eerste die tekens van ouderdom wys.

Gesig

Terwyl jy deur die nag rus is jou vel hard besig om nuwe selle te vervaardig en beskadigde selle te herstel.  In die aand absorbeer en gebruik jou vel dus aktiewe bestanddele beter. Probeer gerus die Willa Krause Firma Lift Advanced Night Treatment, R242 (50ml). Appelkoospit olie voed die vel en bevorder ook die penetrasie van ander aktiewe bestanddele.  Vitamines A,C en E is kragtige anti-oksidante wat die vel teen vrye radikale beskerm, terwyl peptiedes kollageen produksie stimuleer om fyn lyntjies en plooie te verminder.

Oë, nek en bors

Die vel hier is baie delikaat en bevat baie min, of geen oliekliere.  Hierdie areas het dus nie genoeg vog, voeding en beskerming soos die res van die vel nie, en het daarom ekstra sorg nodig.  Die Willa Krause Eye and Lip Contour Cream, R106 (15ml) en Anti-Wrinkle Neck and Bust Treatment, R139 (50ml) bevat bestanddele soos vitamines A en E wat die vel teen vrye radikale beskerm en appelkoospit olie om die vel te voed.  Spesiale bestanddele stimuleer kollageen produksie om lyntjies en plooie te verminder.

Lyf

Die Willa Krause Aromatherapy Massage Oil, R121(400ml), bevat voedende olies soos arnika-, soet amandel- en druiwesaad olie.  Laventel, geranium en marjolein (marjoram) het ’n algemene kalmerende uitwerking op jou gemoed, verminder die voorkoms van skilfers, verlig sensitiwiteit en irritasie, gee vog en beskerm die vel.  Dit kan by jou badwater gevoeg word, direk aan jou vel gesmeer word of selfs as ’n spesiale behandeling aan jou hare gewend word.

 

Vir al die Willa Krause produkte, en hoe om dit te bestel, kliek hier!



argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]