'N SOUFFLÉ-SAGTE VEL
'n Fluweelsagte vel is bekoorlik. Vir ander om aan te raak, en ook vir jou om in te "bly"!
2010-06-04Liezl Heidtmann
'n Fluweelsagte vel is bekoorlik. Vir ander om aan te raak, en ook vir jou om in te "bly"!
2010-06-04Liezl Heidtmann
Jy ken daardie advertensie ... waar die held skynbaar nie sy hande van die heldin kan afhou nie. En dít bloot omdat sy bietjie lyfroom aangewend het. Maar het jy al ooit daaraan gedink dat lyfroom nie haar enigste geheim is nie? Wat as haar vel vooraf gepamperlang is om die voel-sintuig te verlei? Ja, nee. Ons vat daardie “net lyfroom” maar met ’n knippie sout.
Suiker
Jy het seker al gehoor dat suiker verslawend is, en nadat ons die onderstaande resep beproef het, stem ons saam! Dit skilfer alle growwigheid saggies weg sodat jy kan spog met ’n sysagte vel.
JY BENODIG:
• ’n Halwe koppie suiker
• ’n Halwe koppie avokado- of amandelolie
• ’n Halwe teelepel aalwynsap
• Opsioneel: 1 of 2 druppels aromatiese olie, vir ’n hemelse geur
Meng al die bestanddele en gebruik soos nodig. Jy kan die mengsel vir drie tot ses maande in ’n lugdigte houer bêre.
SKILFER SO AF:
• Neem ’n bietjie afskilfermiddel en werk dit sagkens met sirkelbewegings in jou vel in. Spandeer een minuut op elke area.
• Moenie afskilfer op ’n sensitiewe vel nie, veral nie op jou gesig of nek nie. Glacolic suur kan irritasies en rooiheid veroorsaak.
• Skrop altyd van onder na bo om jou sirkulasie te verbeter of in die rigting van jou hart. Onthou, die bloed wat oploop in jou bene en arms, beweeg teen gravitasie en kan doen met ’n bietjie hulp!
• Los die mengsel vir 10 minute op jou lyf sodat dit behoorlik kan intrek en jou lyf kan versag.
• Spoel af.
• Skilfer een tot twee maal per week af.
KIES SUIKER, WANT:
Die alfa-hidroksied suur, glacolic acid, wat in talle skoonheidsprodukte gebruik word, kom natuurlik in suiker voor. Dié suur is ’n gunsteling, omdat dit die boonste laag van jou vel maklik binnedring en die “sement” oplos wat dooie selle aan jou vel geheg hou. Soos jy ouer word, en ook weens besoedeling, word die natuurlike afskilferingsproses al stadiger, en dit veroorsaak dat dooie selle ophoop wat velprobleme en veroudering tot gevolg kan hê.
Sout
’n Paar koppies Engelse sout in jou badwater, maak badtyd hemels. Dis strelend en ontspannend en al die stres van die dag word saam met jou badwater uitgetap. En hierdie sout werk net so goed vir afskilfering.
JY BENODIG:
1. 2 koppies Engelse sout
2. 8 vitamien E kapsules
3. 2 eetlepels heuning
4. 1 1/3 koppie groente-olie
Meng die sout, heuning en olie. Breek die kapsules oop en laat die vitamienolie in die mengsel loop. Meng goed.
Wenk: Die resep is slegs ’n riglyn. Jy kan jou eie inisiatief gebruik wanneer jy bestanddele meng. As jy lus is, kan jy suiker en sout saam in jou mengsel gebruik, maar onthou om ook olie by te voeg om die growwigheid te versag. Olie gee ook lewe aan jou vel. Dit is voedend en strelend en laat jou vel gloei. Populêre olies wat dikwels in afskilferingsprodukte gebruik word, is amandel-, appelkoospit-, druiwepit- en avokado-olie.
AFSKILFER-METODE:
• Engelse sout kan dalk grof teen jou vel voel. Sorg dat jy sagte sirkelbewegings maak.
• Die resep werk veral goed vir growwe areas soos jou elmboë en hakskene. Moet dit liewer nie op delikate areas gebruik nie.
• Pasop om oor snytjies of wonde te vee. Die sout kan jou seerplekke nogal laat brand.
• Onthou om vir minstens ’n minuut lank af te skilfer.
• Los die mengsel vir vyf tot tien minute op jou vel, en spoel af.
KIES SOUT, WANT:
Engelse sout is eintlik magnesiumsulfaat. Jy neem gewoonlik magnesium in deur aanvullings, maar studies het bewys dat magnesium ook effektief deur jou vel geabsorbeer kan word. Diegene wat gereeld in Engelse sout bad, se magnesiumvlakke is hoër as mense wat slegs aanvullings neem. Daarom laat dit jou nie net beeldskoon lyk nie, maar is ook gesond vir jou!
En om alles te kroon het dit ’n kalmerende uitwerking op jou senuweestelsel.
Gaan groen!
Jou lyfskrop hoef nie by soet of sout te stop nie. Fyngemaalde appelkoospitte of druiwepitte werk net so goed om van dooie velletjies ontslae te raak. Maar om pitte te maal klink na harde werk, en daarom het ons vir jou die lekkerste afskilferingsprodukte met plantekstrakte en –olies uitgesoek.
Olive de Provence Exfoliating Body Scrub, R32, bevat olyfolie en kamille-ekstrak met fyngemaakte appelkoospitte om van dooie selle ontslae te raak.
Grape Natur de Vigne Exfoliating Body Scrub, R25, bevat druiwepitolie, druiwepitte en vitamien E om af te skilfer en te versag.
Jou vel voel margariensag na jy Shea Butter Rejuvenating Exfoliating Body Scrub, R32, probeer het. Dit voed en genees ’n droë vel.
African Extracts Rooibos Exfoliating Body Scrub, R39, bevat fyngemaalde appelkoospitte en rooibosblare vir ’n genesende en strelende effek. Beskikbaar by uitgesoekte handelaars, apteke en gesondheidswinkels.
Wie sou ooit kon dink dat iets so eenvoudig soos ’n tuisgemaakte afskilfering jou vel roomsag kan maak?
Bronne geraadpleeg:
www.care2.com
www.skincare-md.com
www.pennypinching-grandma.com
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















