JOU VELSORG GIDS TEEN VEROUDERING!
Kry die wenke wat jou langer, jonger sal laat lyk!
2010-04-13
Kry die wenke wat jou langer, jonger sal laat lyk!
2010-04-13
Jou vel in jou 20’s verskil van jou vel in jou 30’s, 40’s en 50’s en so ook namate jy ouer word. Die span het bietjie navorsing gaan doen oor watter velsorg roetine jou die beste sal pas vir jou ouderdom.
Die vars 20’s
Jou vel was nog nooit so mooi soos in jou 20’s nie. Meeste van die velprobleme soos aknee en puisies wat jy as tiener gehad het is nou iets van die verlede. Jou vel straal en jy het ’n gesonde, blosende kleur. Alhoewel jou vel in ’n goeie toestand is, moet jy in gedagte hou dat jou vel se selhernuwing nou ook met tot 28% daal en dat dooie velletjies nie meer so maklik verwyder word nie. Eksterne faktore begin ook nou ’n rol speel, wat jou vel effens dowwer laat voorkom.
Prokukte vir vroue 20+
Garnier het ’n reeks produkte wat perfek is vir die jonger vel en wat boonop jou sak sal pas. Hul Pure deep pore wash is perfek vir die verwydering van dooie velletjies en die voorkoming van puisies op jou gesig. Verder kan jy ook hul Pure SOS anti-perfection pen gebruik om moeilike areas waar puisies en vlekke vorm, te beveg. Dan het hulle ’n bevogtiger wat in die dag aangewend kan word wat deel vorm van die Pure-reeks. Dié bevogtiger is ideaal vir die kontrolering van ’n olierige vel en om die vel en porieë stywer te laat voorkom, maar jou nog steeds met ’n sagte vel laat.

Wat doen die bekendes?
Annelie oftewel Donnalee Roberts (26) wat te sien is in 7de Laan, maak gebruik van ’n suiwer tea tree sepie waarmee sy haar gesig was en daarna gebruik sy suiwer rooswater as ’n toner. Daarna smeer sy medisinale olyfolie aan haar gesig en druk dan saggies met ’n tissue op haar vel dat die oortollige olie getrek word. Sy volg dieselfde roetine in die oggend, maar in plaas van olie gebruik sy ’n room met ’n sonbeskermingsfaktor.
Die fantastiese 30’s
Jy het jou 20’s gegroet, jou loopbaan is fantasties op dreef en saam met die opwinding van jou nuwe lewe, word daar ook nuwe eise aan jou gestel. Om nie eers te praat van die skade wat die omgewing aan jou vel rig nie. As gevolg van die besoedeling, rook en direkte sonlig waaraan jou vel blootgestel word, kom die kollageenvesels los en dit veroorsaak dat die vel sy kleur begin verloor en fyn lyntjies en plooie word gevorm.
Produkte vir vroue 30+
Produkte wat Hyaluronic Acid bevat is veral goed om te gebruik, omrede dit die vel hidreer, voller laat lyk en bestaande lyntjies versag. Vitamiene C bevat antioksidante wat help met die vernuwing van selle en dit gee ook aan die vel ’n eweredige kleur. Vitamiene E help ook met die vel se elastisiteit.
.jpg)
Wat doen die bekendes?
Rolanda Marais wat Stefanie in Binnelanders speel, meen dat sy ietwat van ’n skisofreen is as dit by velsorg kom. Sy sê dat sy daarvan hou om met verskillende produkte te eksperimenteer. Sy maak gebruik van Decléor se gel reiniger en maak sy gebruik van ’n Aloe Ferox toner. Sy smeer dan ook ’n omega 3&6 room aan voordat sy haar gesig bevog met Le Mer of met Dermalogica se vogroom.
Die vrolike 40’s
Die elastisiteit van jou vel neem af en dit wil voorkom of jou vel dikker is. Die resultaat is dat jou vel rimpels en riffels vorm wat bekend staan as plooie. Jou vel word nou ook meer broos, maar nogtans is jy vrolik, want jou kinders is jou lewe. ’n Goeie nagroom is nou deel van jou velsorg roetine en jy drink water by die liters.
Produkte vir vroue 40+
Produkte met Retinol en Salicylic Acid is nou jou beste vriendinne. Dit help met die vernuwing van selle, die Afskilfering van dooie velle en die vermindering van plooie. Coenzym Q 10 is ’n goeie antioksidant wat gebruik word om jou vel te beskerm teen skade wat deur die son aangerig word.

Wat doen die bekendes?
Voormalige Mej. Suid-Afrika en bekende besigheidsvrou, Amy Kleynhans (42), maak net soos Rolanda gebruik van Le Mer, sowel as Bobby Brown produkte. Sy stel voor jy dat jy gereeld vir ligte vel afskilfering-sessies gaan, dit help met pigmentasie en die vermindering van fyn lyntjies en plooie.
Die rustige 50’s
Hierdie is die jare waar dinge veronderstel is om rustiger te gaan, maar dit beteken nie dat jou vel nou stadiger moet selle produseer nie. Omrede jou oliekliere verklein, lei dit na ’n droë en brose vel wat meer vatbaar is vir infeksies. Vrouens wat in hul menopouse fase ingaan, se estrogeenvlakke verlaag wat beteken dat die vel nie meer sy kleur só goed behou nie en wat ook kan beteken dat die vel nou meer sensitief is.
Produkte vir dames 50+
Daar is aktuele produkte op die mark wat phytohormones bevat, wat die vermindering van estrogeenvlakke teenwerk. Volgens Elle tydskrif is die mees algemene phytohormones wat gebruik word, die volgende:
Auxin – Dit is ’n tipe van ’n groeihormoonreguleerder.
Lignan – Dit is ’n estrogeen tipe middel wat ook antioksidante bevat.
Isoflavone – Is ’n tipe phytoestrogen (estrogeen wat van plante gemaak word).
Voordat jy gebruik maak van die bogenoemde produkte moet jy egter eers jou dokter gaan sien en kyk wat hy vir jou voorskryf.

Wat doen die bekendes?
Suid-Afrikaanse sanglegende, Sonja Heroldt (57), is ’n voorstander vir Nimue produkte. Sonja vertel dat sy nooit in die aand gaan slaap sonder om haar gesig met die Nimue Cleanser te was en daarna die Nimue Toner te gebruik nie. Sy vertel dat sy ook weekliks sorg dat sy haar vel afskilfer. “Oefening hou jou hele liggaam gesond en so ook jou vel”, sê Sonja.
Deur vroegtydig te begin met ’n vaste velsorg roetine en dit namate jy ouer word aan te pas, kan jy op jou eie unieke manier die ouderdom fnuik. Dit is net belangrik om in gedagte te hou dat jou liggaam ook van binne gereinig moet word en dat jy nie die son moet onderskat nie. Só dra maar daai sonskerm dames, jy straal mos alreeds van nature!
Bronne:
http://ezinearticles.com/
http://www.smartskincare.com/
http://www.squidoo.com
argief
BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?JOU BADKAMER WORD 'N SPA!
Kan dit waar wees?JIMMY CHOO NUWE INSPIRASIE
... uit ou skoene!
























Dink aan die gewone salaristrekker ook asb!
Ek spoel my gesig na skoonmaak in die aan met water gemeng met babaolie daar in af ek kan nie teveel veel olie gebruik nie dan kry ek puisie in my gesig wat kan ek doen groot asb sal baie waardeur vir enige raad baie dankie ek lyk nog goed vir my ouder dom dit is net die droe vel en ek werk nog.
Baie Dankie