24 DIE SPIEËL IS NIE JOU VYAND NIE! jou lyf Articles www.voelgoed.co.za

DIE SPIEËL IS NIE JOU VYAND NIE!

DIE SPIEËL IS NIE JOU VYAND NIE!

Die regte kos kán jou mooier maak!

2010-02-25

VOED JOU VEL

    Avokado

Avokado het ’n natuurlik hoë vetinhoud en is daarom ideaal om te bevogtig en te genees. Dit is ook ryk aan vitamien A en E en proteïene, wat kollageenproduksie aanhelp.
PRODUK wat die bestanddele van avokado-olie bevat is: Yes To Carrots C The Difference Exfoliating and Soothing Mud Mask, R99,99.

   Bloubessies, swartbessies en framboos

Dis propvol antioksidante, en Natalie sê jy moet probeer om elke dag kosse ryk aan antioksidante te eet of te drink om te keer dat jy voortydig oud lyk. Sorg dat jy daagliks vars vrugte en groente eet, veral rooi, pers en geel tipes wat propvol van hierdie wonderbestanddeel is!

Ander goeie antioksidante:
-    Wit- en groentee
-    Rooibostee
-    Soethout (drop)
-    Rooi, blou en pers bessies

PRODUK wat antioksidante bevat is: Dermalogica NEW AGE Smart Multivitamin Thermafoliant, R655, bevat wittee en soethout vir ’n jonger voorkoms, en dis boonop ryk aan ’n reeks vitamiene! Dit help om die vel te vernuwe terwyl dit die oppervlakselletjies herstel, elastisiteit verbeter en die velstruktuur en oppervlak versag.

   Perskes

Perskes bevat hope antioksidante. Dit help om jou vel teen skadelike ultraviolet-sonstrale te beskerm. En soos jy weet, veroorsaak te veel son verouderingpigmentasie en dit beskadig die velstruktuur. Perskes bevat ook betakaroteen, die voorloper van vitamien A in die liggaam, wat plooie beveg en help om puisies hok te slaan.

PRODUKTE wat vitamien A bevat is: Environ Original velsorgreeks.

ONS TOP TWEE VRUGTEMASKERS VIR JOU VEL
Waatlemoen-wondermasker

Waatlemoen is ’n sterk antioksidant wat jou gesig deeglik skoonmaak. Dit help om ’n vel wat deur die son gebrand is te kalmeer en te streel en dit herstel ook merkies op die vel omdat dit nuwe weefsel help vorm.

Maak so!

Jy benodig 2 skywe waatlemoen (verwyder die pitte)

Druk die skywe fyn en sit dit vir 15 minute aan jou gesig. Spoel dit dan met louwarm water af.
   

Pure-pynappel-masker

Pynappels bevat kragtige ensieme wat help om dooie selletjies te elimineer terwyl dit die vel teen die skade van vrye radikale beskerm.
Olyfolie het genesende eienskappe.

Maak so!
Jy benodig 2 teelepels fyngesnyde pynappel en 3 teelepels olyfolie

Meng die bestanddele in ’n menger en sit dit op jou gesig. Los vir 15 minute aan en spoel met louwarm water af.

SONDE(R) SUIKER

Natalie waarsku dat jy jou suikerinname moet beperk. Hoë vlakke van suiker het die vermoë om aan ? verskeidenheid proteïenstrukture in die vel te bind. Proteïenstrukture hou jou vel plomp en ferm, maar wanneer hierdie suiker-proteïenkombinasie eers gevorm word, draai die kollageen en die elastiese vesels saam en veroorsaak plooie en fyn lyntjies. So pasop vir te veel suiker as jy graag langer jonk wil lyk!


Kommentaar
  • Baie waar woorde en goeie wenke hier -dankie. Gaan beslis die pynappel pret probeer. Dankie Natalie, dis tyd dat ons na moeder natuur terugkeer.
  • Pynappel masker klink na 'n wenner. Gaan dit more probeer!
  • EK WIL WEET OF WARTLEMOEN BAIE SUIKER BEVAT EN OF DIT BAIE WATER TERUG HOU IN 'N MENS SE LIGGAAM

gesels saam


argief