24 DIE NAAKTE WAARHEID jou lyf Articles www.voelgoed.co.za

DIE NAAKTE WAARHEID

DIE NAAKTE WAARHEID

Beplan jy ook jou vakansiedae rondom die kleur en grootte van jou kaftan, sarong en oorgroot-hemde? Basta daarmee!

2009-12-22

KAN JY WAAG OM JOU LYF TE WYS?

Vakansietyd maak jou uit jou vel uit van opgewondenheid – totdat jy sien hoe jy en jou vel lyk! Spierwit, hobbelrig, en soos ? ou landkaart. Maar jy wil só graag bietjie meer lyf wys, en dit met selfvertroue doen. Daarvoor het jy ’n kop tot tone aksieplan nodig. Gelukkig is daar ? oplossing vir elke probleem. Lees hier hoe jy alles van ferm boudjies tot ? gladde rug kan kry.

1 Weg met  wollerigheid!


Afhangende van jou unieke hormonale balans, asook ouderdom, kan ongewenste hare nogal lastig wees. En hoe minder klere jy dra, hoe gladder moet jy wees! ’n Skeermes is die vinnige oplossing maar dalk nie die beste nie. Behalwe dat ? skeermes maar sukkel om sommige plekke op jou lyf glad te kry, hou dit hoogstens vir twee dae lank. As jy moeg is vir die gesukkel om elke dag te skeer, moet jy dit ernstig oorweeg om te belê in die Silk’n HPL haarverwyderings apparaat. Die gewone prys is R6500, maar as spesiale aanbod vir Finesse lesers, kan jy dit teen R5999 kry, met drie gratis lampies by die pakket ingesluit (die toestel werk met lig). Die lig dring tot binne die haarfollikel in en belemmer haargroei op die langtermyn sodat jy met lastige hare klaarspeel. Dit is nie seer nie – jy voel bloot ’n warm sensasie op die behandelde area, en na die eerste sessie kan jy al die verskil sien!

2 Minimaliseer daardie merkies


Al meer vroue besef dat jy nie jou puisieprobleme ontduik bloot omdat jou tienerjare agter jou lê nie. Daar is baie dinge wat ? veluitslag kan gee, soos byvoorbeeld stres, hormone en ’n selfoon. Moenie die kantoortelefoon vergeet wat al om die beurt teen jou gesig gedruk word nie. Dit kan alles ’n lelike ding laat kop uitsteek! Maar dit gebeur nie altyd net op jou gesig nie. Die laaste ding wat jy wil hê is iets wat op jou rug woed wanneer jy vreeslik sexy in jou splinternuwe bikini op die strand paradeer! So gee veral aandag aan jou rug. Daar is heelwat oliekliertjies en wrywing met jou bra – of stywe toppies – kan jou vel irriteer en tot knoppies aanleiding gee. Skrop jou rug in die stort met ’n langsteel houtborsel sodat jy orals kan bykom. Gebruik ’n antibakteriële reiniger, al is dit vir jou gesig bedoel. Ons hou van Garnier Skin Naturals Pure Active Deep Pore Unclogging Wash, R78.


3 Reduseer jou rekmerke!


Dit voel vreeslik onregverdig, nè? Jy het soveel moeite gedoen en so mooi gewigverloor, en nou moet jy met ? paar ekstra rekmerke daarvoor betaal! Ongelukkig kom gewigsverlies en swaartekrag jou vel se elastisiteit te na en breek jou vel se weefsel selfs op die oppervlak af. Die gevolg is dat jy met sigbare en onooglike rekmerke opgeskeep sit. Die merke kan met verloop van tyd van kleur verander – dit wissel van pienk tot pers tot silwer. Party vroue se velle is bloot meer geneig daartoe om rekmerke te kry as ander s’n. As jy een van die ongelukkiges is, moet jy eenvoudig jou lyf so goed as moontlik beskerm. Gebruik die rykste lyf-olies waarop jy jou hande kan lê soos Justine Nourishing Satin Finish Body Spray, R215. As jou rekmerke eers onlangs sigbaar geword het, moet jy rome kies wat Vitamien A bevat, want dit sal help keer dat die rekmerke meer opvallend raak. Probeer ook RoC Retinol Anti-Stretch Marks.

4 ’n Strategie vir selluliet!

Maak nie saak of almal dit het nie, selluliet bly ? pes! Die kans is goed dat een of ander studie eersdaags sal bewys dat ’n gesonde leefstyl en gereelde oefening wel tot gladde boude, bobene, en ’n magie lei. Skoonheidskenners sit weer hulle geld daarop dat ’n voorkomingsproduk in kombinasie met massering, saam met ? gesonde leefstyl en oefening, die ding doen! Maar nie sommer enige gevryf nie, dit verg ? spesifieke masseertegniek. Jy moet ? knyp- en rolbeweging met jou hande op jou heupe, dye, boude en knieë in die rigting van jou hart maak. Dit het ? stimulerende effek op die bloedsomloop reg onder jou veloppervlak, presies daar waar jy die verskil wil maak. So gee elke oggend oor die vakansietyd vir jouself ’n massering van jou enkels tot by jou boude met Vichy Lipometric Skin Re-Tailoring Care, R269. Hierdie produk laat oortollige volume as’t ware “afblaas” sodat saalsakke, dik dye en groot heupe tot die verlede behoort.

5 Die goue tyding!


Vir perfekte bottelbruin, maak so:
1 Skrop jou lyf deeglik, veral elmboë, knieë en enkels, met Meadowsweet Body Salt Scrub Refreshing Lemongrass, R59. Dit versag jou vel sonder om die absorbering van verbruiningsmiddel te benadeel.
2 Bevog die droë dele soos elmboë, knieë en kneukels, sodat dit nie meer verbruiningsmiddel as die res van jou lyf absorbeer nie.
3 Met rubberhandskoene, smeer of spuit verbruiningsformule soos Caribbean Tan Tanning Spritzer Instant Colour, R90, vinnig in lang hale aan. Trek die handskoene uit en druk die rugkant van jou hande liggies op die deel wat pas met kleur bedek is, sodat die kleur daarvan by die res van jou lyf pas.
4 Bevogtig jou lyf goed om die kleur so lank moontlik te hou. Stort met ’n romerige stortjel soos Lux Touch Me Shower Gel, R20. En druk jou lyf met ? handdoek droog, eerder as om dit te vryf. Smeer daagliks lyfroom aan.

WENK!
Smeer ’n halwe suurlemoen op donkerkolle om dit ligter te maak.



Kommentaar

gesels saam


argief