24 NUWE HARE, NUWE LEWE! jou lyf Articles www.voelgoed.co.za

NUWE HARE, NUWE LEWE!

NUWE HARE, NUWE LEWE!

Hanna Grobler is bekend vir haar rol as Kiki in Getroud met Rugby. Hoe kry sy haar hare só mooi?

2009-11-11Ryno Mulder

Jou haarkleur kan jou lewe verander

Hanna Grobler verwerf nie net bekendheid vir haar rol as die blondekop Kiki in Getroud met Rugby nie, maar ook as Bok van Blerk se meisie. Hannna vertel hoe ’n nuwe haarkleur jou sommer ’n hele nuwe lewe kan gee.

Ek is maar soos meeste ander vroue – my selfbeeld hou verband met my haarstyl! Met meer volume voel ek dapper. Reguit hare skep weer ? stylvolle effek. En ? paar ligstrepe lyk lekker sexy!

My hare was tot in standerd 4 (Graad 6), spierwit. Daarna het dit stelselmatig donkerder blond geraak. Mettertyd het ek een ligstreep op ? slag weer terugbeweeg na ? blonde ideaal.
Pas klaar met universiteit, het ek in Neels van Jaarsveld se kinderproduksie Witsneeutjie en die Dwergreus die rol van Witsneeutjie vertolk. Dis daar waar my hare die vlasblonde kleur gekry wat dit nou nog het.

Oor die kleurgrens


Ek sal beslis my haarkleur vir 'n rol verander. Ek het ook al – toe ek in Hamer van die hekse 'n heks gespeel het. Maar ek dink dit is beter vir enigiemand in die vermaaklikheidswêreld om jouself te bemark met 'n spesifieke voorkoms, en vir eers daarby te hou. So leer mense jou ken en word jou voorkoms jou handelsmerk.

Jou oog sien altyd ligter kleure eerste raak, dis hoekom ek raakgesien word! Dis veral die mans wat sulke lekker blondine grappies vertel, wat anders teenoor my optree. Tydens my studentejare op Stellenbosch Universiteit was my hare onderskeidelik rooi, pienk (!), bruin en op ’n stadium selfs pikswart. Dit was bitter interessant en soms snaaks om te sien hoe anders jy behandel word, afhangende van jou haarkleur. As rooikop het die manne maar lig geloop en toe my hare donker was, wou hulle graag diep dinge praat.

As jy rooi sien


Sommige van my haar-eskapades het ook lelik verkeerd geloop. Voor een Henne-en-Hane koshuisdinee het, my kamermaat vir die grap rooi kleurskuim op my hare gebruik. Dit was snaakser as wat ons aanvanklik beplan het want die rooi kleursel wou nie sommer uitwas nie. Daarom het ek toe vir ? ruk lank met ? pienk kapsel gespog!

My blonde ikone

Daar word soms neerhalend gesê dat blonde hare vir mense is wat om goedkeuring vra. Maar daar is soveel voorbeelde van dapper blondines waarin ek inspirasie vind. Soos Marilyn Monroe, Farrah Fawcett en Hillary Clinton. Mode-ontwerper Givenchy het gesê ’n vrou se haarstyl wys of sy haarself ken. Ek dink ek doen. Ek is ’n gebore blond.

Hanna se gunstelinge

1 MY GUNSTELING HAARPRODUKTE IS ... 'n ghd haaryster. Ek móét dit hê, want ek het eintlik 'n afro! Dit is moeilik om platinum hare te onderhou. My hare was al geel en het ook al lelik gebrand tydens ? chemiese behandeling. Een keer, op stel, het my hare ? laventelpers skynsel gekry omdat die pers toner te lank daarop was! Ek moes vir die dag se tonele ’n kopband dra. Daarna het ek ? aanhanger van L'Oreal Professionnel Silver Shampoo geword. My hare word met L'oreal Proffessionel Platinum Plus gebleik en daarna met Richesse Pearly Milkshake Toner behandel. Ons hou my hare met L’Oreal Shine Blonde Shampoo skoon en sit met ’n rysproteïen behandeling, L'Oreal Professionnel Serie Nature Renatre Masque, die lewe daarin terug.  

2 MY HAARSTILIS IS ... Desiree Voster van Cheveux Hair Lounge in Pretoria. Sy is briljant! Ek vat nie eers aan my eie hare om dit te was nie.

3 EK LEER BY ... Emilia van Diva'nity – sy borg my haarverlengings. Sy’t my geleer om altyd my hare in 'n bolla te draai voor ek gaan slaap. Dit voorkom dat my hare koek en uitval. Sunsilk Treatment werk wonderlik vir haarverlengings en keer dat dit soos strooi lyk.

4 MY HAARADVIES IS ... Kies 'n kleur wat by jou velondertoon en oogkleur pas. Moenie jou hare ligter dra as wat dit was as kind nie.
 


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]