OORWIN DIE SEWE SKOONHEIDSONDES
Kleur jy jou gesig vurig en flambojant in? Of is jy vaal en verbeeldingloos.
2009-10-16Ryno Mulder
Kleur jy jou gesig vurig en flambojant in? Of is jy vaal en verbeeldingloos.
2009-10-16Ryno Mulder
Elkeen het ? eiesoortige styl. En of dit nou werk of nie, baie klou daaraan vas. Vind hier uit van watter euwel jy jouself moet red.
Jy weet nie eers jy doen dit nie
Jou skoonheidsroetine verklap dalk meer van jouself as waarvan jy hou. Dit laat blyk hoeveel jy omgee en waarna jy streef. Hoewel meeste vroue hulself graag goed versorg, het almal al ? kortpad of twee gevat! Sommige is weer lief daarvoor om dinge te oordoen. Of ? idee by ? buurvrou te steel. Die ellendigste is seker ? hopeloos verwaarloosde vrou. Kyk of jy jouself aan die volgende sondes skuldig maak en vind uit hoe jy jouself kan bevry. Moenie te veel daaroor tob nie, doen dit net!
1. Ek is suinig
Is mooimaak goed té duur? En wanneer jy wel iets koop, verdun jy byvoorbeeld onderlaag met water sodat dit minstens drie jaar hou. Oogskadu gebruik jy ook net ? krummeltjie per keer. Dis nou Kersfees ‘98 s’n ...
DOEN DIE REGTE DING! Jy neem ? risiko om kosmetiese produkte te gebruik wat reeds verval het. Dit kan jou vel skade doen. Deur water by produkte te gooi, bederf jy dit en vernietig die samestelling daarvan. Koop eerder slimmer as jy jou gordel effens wil intrek. Spandeer die meeste op ? goeie vogroom wat vernuwingseienskappe bevat asook die regte kleur onderlaag. Duurder produkte hou gewoonlik langer en jy kan lipstif ook as blosser gebruik.
2. Ek is jaloers
“Kyk hoe fantasties lyk sy!” dink jy. “Ek moet dadelik dieselfde lipstiffie kry.” En net daar maak jy die grootste fout. Wat perfek by jou kollega, vriendin of suster pas, is dalk heeltemal verkeerd vir jou.
DOEN DIE REGTE DING! Hoewel jy ? hele paar truuks oor skoonheid by jou geliefdes kan leer, moet jy dit deeglik evalueer. Jou velkleur, gesigstruktuur en ouderdom verskil baie keer hemelsbreed van die persoon langs jou s’n. Selfs al is julle familie. Probeer eerder uitvind wat die beste by jou pas en maak seker dat jou skoonheidsroetine aan jou behoeftes voldoen. ? Voorkomskonsultant kan jou hiermee help.
3. Ek is kwaad
Tensy jy ryk geërf het of geestelik heeltemal in pas is, is jy waarskynlik oorbelas tussen jou werk, huwelik en ander verantwoordelikhede. Wanneer jy wrewelrig en oorstuur is, veroorsaak dit spanning en wys heel eerste op jou vel.
DOEN DIE REGTE DING! Ongelukkig is spanning noodwendig deel van ons moderne kultuur. Dus moet jy ontspanningstyd maak – sit dit sommer heel bo aan jou lysie saam met ander belangrike goed. Kyk uit vir badprodukte wat kalmerende geure bevat of lyfsorg met verfrissende bestanddele wat ’n futlose vel weer lewe kan gee. Sit ten minste een uur per week, of ? middag as jy kan, opsy vir jouself. ‘n Tikkie bederftyd is van groot belang.
4. Ek is gulsig
Voor die nuwe produk dit fabriek verlaat, is die klaar in jou kas. Enige spesiale aanbod, vang jou vir ? ses. En elke Hollywood ster se geur dryf iewers in jou parfuumrak rond. Jy vreet skoonheidsprodukte vir soetkoek op!
DOEN DIE REGTE DING! Een vrou kan net soveel skoonheidsprodukte gebruik. En om van een produkreeks na die volgende te spring is kwalik ? goeie idee. Inteendeel, jou vel kan moontlik sensitief vir enige produk raak, en wat gebruik jy dan? Sorteer een Saterdagoggend deur jou arsenaal produkte en gee alles weg wat jy kan. Jy sal in elk geval veel groter geluk ervaar deur te gee as om op te gaar.
5. Ek is oordadig
Kunswerke op jou naels. Kristalle in jou hare. Jou wimpers is verleng en jou oogomlyner is getattoeëer. Hoe bruiner die botteltjie jou vel maak en hoe witter die ligstrepe in jou hare blink, hoe beter voel jy.
DOEN DIE REGTE DING! Skoonheidsprodukte is eintlik veronderstel om jou voorkoms subtiel te verbeter en jou beste eienskappe tot hulle reg te laat kom. Wanneer opvallende grimering jou doelwit word, raak dit ? probleem. As jou selfvertroue afhang van hoeveel kere ander na jou voorkoms staar, is jy in die moeilikheid. Spandeer eerder minder tyd aan jou uiterlike en besef dat die mens aan jou binnekant, belangriker is as hoe verleidelik jy vir ander mense lyk.
6. Ek is lui
Kuier jy so lekker in die aand dat jy sommer so met jou taai gegrimeerde gesig in die kooi kruip? En die volgende oggend besluit jy om eerder laat te slaap as om jou hare te was. Een keer per week is sekerlik genoeg?
DOEN DIE REGTE DING! Om so nou en dan jou voete te sleep kan seker oorgesien word. Maar wanneer jy ? gewoontemisdadiger is, moet jy versigtig wees. Jy voorkoms kan ook langtermyn daaronder ly. Jy kan byvoorbeeld velprobleme ontwikkel. En dít gaan heelwat meer aandag, tyd en geld verg om op te los as die paar minute wat dit neem om jou gesig of hare te was. Probeer 2-in-1 produkte as jy min erg aan ? skoonheidsroetine het. Dit sal tyd en geld spaar.
7. Ek is ydel
Jy irriteer mense, want jy’s altyd laat. Dit neem jou ure om reg te maak. In ? restaurant se damestoilet draai jy ? halfuur lank om jou hare reg te ruk. En jy tref die randsteen omdat jy jou lipglans in die truspieël opknap.
DOEN DIE REGTE DING! Die wêreld gebeur anderkant jou spieël. En siende dat jy ? kundige op die skoonheidsgebied is, gebruik daardie fyn ingesteldheid tot jou voordeel. Skaf byvoorbeeld langblywende produkte aan sodat jy jou nie kort-kort oor jou voorkoms hoef te verknies nie. Help ook eerder ander met hulle skoonheidskwellinge as om pal met jouself behep te wees.
- My meisiekind het 'n olierige vel met swartkoppies, sy voel dat wanneer sy haar gesiggie minder was die vel nie so erg uitslaan in puisies nie, ek wil dat sy 'n velsorg produk gebruik maar dit help nie veel nie, wat stel u voor sy's 16
- Sy moet wegbly van 'n skoonmaakmiddel wat alkalies is. Hoe meer 'n reiniger skuim, hoe meer droog hy die natuurlike vog en beskermingslaag van die vel uit en olie word dan oorproduseer om te kompenseer vir die verlies van vog. 'n Emulsie sal die beste werk. (olie-in water)
- Julle kommentaar is 'n klug
argief
BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?JOU BADKAMER WORD 'N SPA!
Kan dit waar wees?JIMMY CHOO NUWE INSPIRASIE
... uit ou skoene!























