JOU BORSTE, JOU BATE
'n Behaaglike buusteklofie word deur vroue beny en deur manne waardeer. Kyk jy mooi na jou borste? Hier is die maniere om die beste van jou bates te maak – sonder dat jy seer sal kry of jou beursie daaronder ly.
2009-08-17Ryno Mulder
'n Behaaglike buusteklofie word deur vroue beny en deur manne waardeer. Kyk jy mooi na jou borste? Hier is die maniere om die beste van jou bates te maak – sonder dat jy seer sal kry of jou beursie daaronder ly.
2009-08-17Ryno Mulder
“Goeie postuur is die maklikste manier waarop jy ’n verskil kan maak aan die voorkoms van jou borste. Die resultate is onmiddellik – soos ’n kosmetiese operasie in ’n oogwink.”
Chirurgie is te duur, te riskant en tydsintensief terwyl fyn onderklere jou nie in elke situasie kan red nie. Nee, jy moet werk maak daarvan om ’n besonder behaaglike boesem te hê - ’n paar borste wat ferm is, bons as jy drafstap en punt in die wind staan! Maar hoe gemaak as jou borskas begin ouderdomsvlekke wys, as tekens van slapheid kop uitsteek en as jou buuste al meer en meer suidwaarts hang? Moedig moeder natuur aan met terapieë wat jy tuis kan toepas.
1 Handhaaf balans
Hou jou gewig gebalanseerd. As jy gewig optel, vermeerder jou borsvolume en as jy gewig verloor is die teenoorgestelde ook waar – jou borste verloor ook massa. Kits diëte en sogenaamde klimtol (yo-yo) diëte veroorsaak allemintige gewig skommelinge wat verwoesting saai op jou ligaam se voorkoms. Dit is natuurlik vir jou borsvorm om te verander deur die loop van jou lewe soos wat jou hormoonvlakke verander, wanneer jy verwagtend is en as jy borsvoed. Jy wil egter dié dinge wat onder jou beheer is kontroleer. Jou gewig is so ’n aspek. Skakel dus onnodige stres op jou borsarea – en jou algemene liggaamlike welstand – uit, deur nie onverantwoordelike en skadelike dieetplanne na te jaag nie.
2 Slaap lekker
Dis ’n bekommernis vir party vroue, dalk ook vir jou, dat jou twee borste nie identies lyk nie. ’n Wyse waarop jy die probleem kan hokslaan is om ook stremming op jou borste te verminder as jy jouself leer om op jou rug te slaap. Hierdie wysheid is al lankal deur fiksheidghoeroes en yoga-instrukteurs verkondig. Dink net daaraan. Mens het tog ’n verkose manier van slaap maar om op jou rug te slaap is een van die beste maniere om die effek van swaartekrag op jou liggaam te fnuik. Jy spandeer ’n kwart - ten minste ses en as jy gelukkig is agt ure – van elke dag van jou lewe in een posisie. As jy dus ’n kwart van jou lewe lank op een sy lê, gaan jy mos slegter verouder aan daardie kant van jou lyf waarop jou gewig soveel steun. Ten einde meer simmetrie van jou liggaam – en jou borste – te verseker, slaap op jou rug.
3 Fiks en ferm
Het jy klein borsies? Of is dit so erg dat jy so min kurwes soos ’n plank het? Ongelukkig is dit ’n wolhaarstorie dat sekere oefeninge jou borste kan vergroot want jou borste is nie alleen uit spierweefsel saamgestel nie. Jou borste is ook gedeeltelik uit vet opgemaak. Oefening van die borsspiere kan jou egter net goed doen en selfs al is die effek haas merkbaar behoort jy tog die weefsels wat jou borste ondersteun op elke moontlik manier te probeer versterk – ook deur oefening. Die soort oefeninge het gewoonlik ook ‘n goeie uitwerking op jou bo-arms, skouers en boonste spiere van jou rug wat jou bolyf oor die algemeen fermer en jonger laat vertoon. ’n Mens kan kwytraak oor haar wat jy wil, maar Madonna is ’n lewende bewys van wat sulke oefeninge kan doen vir jou dat jy met trots kan lyf wys in jou later jare. Oefening maak jou boonop meer attent op jou postuur en goeie postuur kan so ’n verskil maak soos wat kosmetiese operasies kan uitrig.
4 Stoot jou bors(te) uit
Meeste mense het nie ’n idee van hul manier wat hulle stap of hul liggaam “dra” nie. Dit is so ’n sterk aangeleerde gewoonte dat mense nie altyd besef dit is ’n keuse nie. Vra jou vriendin of eggenoot om kommentaar te lewer op jou postuur en indien dit blyk dat jy geneig is om vooroor of gebukkend te loop, doen iets daaraan. Maak van nou af ’n punt daarvan om mooi regop te staan en jou borskas ietwat op te trek en vorentoe uit te stoot. Jou postuur beinvloed jou gesondheid so moenie dit ignoreer nie.
5 Kry ondersteuning
Dra die regte grootte bra. Mode advies mag dit wel wees, maar dit gaan onteenseglik hand aan hand met die skoonheid van jou boesem. Onderklere winkels het gewoonlik hierdie gratis diens beskikbaar. Die winkelassistent sal jou mates neem en bepaal of jou huidige bra die ding kan doen. Dit is eintlik verbasend dat soveel vroue geen idee het dat hul vir hulself probleme skep deur die verkeerde grootte bra te dra nie. Die regte grootte sal jou borste op hul beste vertoon. Jou liggaam, genetiese erfenis en leefstyl in kombinasie, het alles tot gevolg dat jou borste lyk soos hulle vandag lyk maar dit is ’n maklike manier om jou borste goed te laat vertoon.
6 Skitterende idee
Maak soos jou mees geliefde TV aktrise en lig borste, wat voel asof hulle tot op jou knieë sak, op met deursigtige breë kleeflint – die soort wat vir verpakking gebruik word. Blykbaar doen Teri Hatcher van Desperate Housewives faam dit wanneer sy ’n rok wat baie wys, dra by een van haar rooi tapyt geleenthede. Jy plak gewoon die kleeflint in ’n v-vorm onder en langs jou borste soortgelyk aan ’n bra. Siedaar! Jou borste is gelig en jy het ’n verleidelike borsgleufie.
7 Sonsteek
Beskerm jou decolletage – die area onder jou ken wat strek tot en met jou borste – van sonskade. Selfs al is jy nie in swemdrag nie sorg dat jy sonskermroom aan jou borsarea smeer as dit ontbloot is want die area is veral weeerloos teen die vorming van pigmentasievlekke. Baie vroue spuit ook parfuum aan op die sone van hul liggame en die alkohol reageer met ultraviolet lig wat jou vel permanent skade berokken sodat jy later met verkleuring en ’n verlies aan elastisiteit sukkel.
8 As jou borste afsak
Neem jou skoonheidsroetine ernstig op – en af! Jy kan een maal per week jou borsroetine doen tot reg onder jou boesem. ’n Afskilfering met ’n produk geskik vir sensitiewe vel asook ’n vogmasker met teenverouderingswerking kan voordelig wees. Die belangrikste is egter dat jy ’n intensiewe ehandeling aanskaf wat spesifiek vir jou borste geformuleer is om jou borste op te kikker en die kwaliteit van jou vel in die omgewiong so goed as moontlik te hou.
BORSVOEDING
Daar is etlike produkte op die skoonheidsrakke wat blykbaar jou borste kan lig, die vel stywer maak, die veltekstuur verbeter en die elastisiteit van jou borsvel te versterk. Hierdie jels en rome is veral goed vir vroue wat onlangs ma geword het of vroue wat voorkomend hul borste wil behandel teen ouderdomskade. Jy kan egter nie wonderwerke verwag nie want die rome penetreer nie diep nie so die resultate is redelik oppervlakkig. Ons kan die volgende aanbeveel....
• Avon Solutions Bust Sculpt Contouring Cream, R130, kry ’n vyfster resensie vir die unieke bestanddele daarin wat jou borste se algehele struktuur ondersteun. Soos wat die geval is met meeste van hierdie produkte kry jy beter resultate hoe langer jy die produk gebruik.
• Clarins Bust Beauty Gel, R480, verbeter onmiddellik die vel op jou borste en jy moet dit gebruik vanaf die eerste keer wat jy oplet dat jou borste moontlik verouder. Die formule fokus op die verbetering van jou “natuurlike bra” – die vel wat vanaf jou nek tot onder jou borste strek. Wie beter om te vertrou as die skoonheidshuis wat die eerste maatskappy was wat hierdie behoefte van vroue aangespreek het?
• Guinot Firming Bust Cream, R1009, gee jou ’n effek asof jy sopas uit ’n stort geklim het. Jou vel is fermer enn jou vel van jou borste lyk dramaties verbeter.
• Palmers Bust Firming Cream, bevat kakao botter, shea botter en ook Vitamiene E onder andere om jou borste onvergelykbaar sag, gestreel en bevogtig te hou.
BRON: www.eHow.com
- Baie dankie aan al die mense wat so getrou navorsing doen oor ons vrouens se veroudering en verslapping.
- Dis my assie en my plesier! Groete, Ryno
- Ek bedoel "passie"!! R.M.
argief
BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?JOU BADKAMER WORD 'N SPA!
Kan dit waar wees?JIMMY CHOO NUWE INSPIRASIE
... uit ou skoene!























