MOOIER MET MINDER
Taai ekonomiese tye beteken nie dat jy jouself moet afskeep nie. Dit is steeds moontlik om jou beste te lyk met 'n klein begroting. Jy moet net slim kies!
2009-07-20Ryno Mulder
Taai ekonomiese tye beteken nie dat jy jouself moet afskeep nie. Dit is steeds moontlik om jou beste te lyk met 'n klein begroting. Jy moet net slim kies!
2009-07-20Ryno Mulder
Nie alle modelle en beroemdes gee duisensde rande aan skoonheidsmiddels uit nie. Jy sal verbaas wees as jy sien wat sommige van hulle in hulle grimeersakkies ronddra! Ons het gaan kyk watter wonderprodukte jy als vir obnder R100 kan koop.
Speel klaar met ... plooie
Buiten vir die gene wat jy van jou ma geërf het en ‘n gekerjakker in die son, het klimaatsveranderinge – veral in die koue maande – ’n groot invloed op jou vel se voorkoms. Koue temperature en wind, gekombineer met die verhitting in jou huis of kantoor, kan jou vel uitgedroog en asvaal laat lyk. Geen wonder jy sukkel dan meer met velirritasies nie! Jou vel het die beste beskerming nodig om te keer dat fyn plooitjies vorm en jou vel uitdroog.
RYK REINIGING
Wees pligsgetrou en maak jou vel daagliks skoon. Dit hou jou vel gloeiend. Baie vroue voel dat reiniging juis daardie styfgetrekte gevoel om jou mond en wange vererger as dit koud is. Maar dit beteken jy gebruik verkeerde produk. Gebruik ’n reiniger met ’n room-basis.
VERFRIS
Oogroom met ligreflekterende partikels en ekstra bevogtigende bestanddele keer dat jy tam lyk.
Gebruik al om die ander week ryk en voedende maskers.
PAMPERLANG
Alles-in-een produkte is ’n redding, veral in die winter. Jy kan later opstaan as een produk driedubbel die werk doen, en jy spaar ook geld omdat jy nie ’n laai vol botteltjies hoef te koop nie. Kry vir jou ’n vogroom met teenverouderingseienskappe, ’n sonbeskermingsfaktor en ’n tikkie kleur om jou vel gesond en foutloos te laat lyk.
Pond’s Deep Cleanser & Make-up Remover
Die reiniger het die voordele van ’n vogroom, maar maak jou porieë diepliggend skoon sonder om jou vel ongemaklik, droog of taai te laat.
R33
Garnier Skin Naturals Soothing Sensation Toner
Ideaal as jou vel sensitief is vir temperatuurwisselings. Die produk is alkohol- en parfuumvry – albei bestanddele wat jou vel uitdroog en irriteer.
R60
Nivea Visage Anti-Shadow Eye Cream
‘n Oogroom met strelende komkommerekstrak en filters wat die delikate oogarea beskerm. Dr Nick Lowe, ‘n voorste internasionale dermatoloog met praktyke in Londen en Los Angeles glo daaraan om Nivea te gebruik.*
R70
Speel klaar met ... pigmentasie
Pigmentasie is die tweede algemeenste probleem ná velveroudering. Hormone en sonblootstelling veroorsaak dat jou vel homself beskerm deur oormatig melanien te produseer en dan ontwikkel jou vel oneweredige donker kolle.
BESKERM
Gebruik net dagrome met ’n sonbeskermingsfaktor – selfs op sonlose dae, want UV-strale dring selfs deur wolke.
POLEER
Jy wil met effektiewe afskilfering ouer oppervlakkige lae afstroop sodat nuwe, vlekkelose vel te voorskyn kan kom. Besluit self of jy die chemiese roete wil volg. Dis nie ’n goedkoop opsie nie en kritiese velsorgterapeute meen dit ksn op lang duur nadelig wees. Oor-die-toonbank-middels neem langer om te werk, maar sal nie jou vel te drasties dunner maak nie.
VERWIT
Kry ’n behandelingsmiddel wat die probleem direk aanspreek. Kies natuurlike bestanddele soos Vitamiene C en kiwivrug wat jou vel ligter kan maak sonder oneweredigheid. Vermy geparfumeerde produkte en produkte wat alkohol bevat op jou nek en vel. Dit reageer met sonlig en kan pigmentasie vererger. Gebruik parfuum eerder op jou hare en waar jou lyf met klere bedek is.
TLC Daily Cleansing Make-up Remover Wipes
Dis gerieflikste manier om jou vel in ’n japtrap te reinig sonder skade. Dit bevat geen alkohol of parfuum nie en is geskik vir sensitiewe veltipes.
R30 vir ’n pak van 60
Revlon Hydra Boost Revitalising Toner
Een van die min strelende en alkohol-vrye verfrissers wat die vel van moontlik irriterende partikels stroop.
R74
Pond’s Anti-spot Intensive Even Tone Serum
Jou geheime wapen om donker kolle die trekpas te gee.
R86
Speel klaar met ... sensitiewe vel
As jou vel sensitief is, jou hormone deurmekaar is, stres sy tol eis en jy chronies sukkel met aknee, moet jy versigtig wees watter produkte jy kies. Daar is talle oor-die-toonbank-oplossings wat jy eers kan toets voor jy ‘n spesialis raadpleeg en duur voorskrifbehandelings gebruik.
DIEP REINIGING
Hou jou gesig so vry as moontlik van besoedeling, grimering, olierigheid en vuilheid. Reinig voor slapenstyd.
VERFYN
Vergrote porieë skei ’n oormaat olie af en is ’n broeiplek vir bakterieë, wat lei tot verstopte porieë. Hou jou vel skoon en hou die tekstuur fyn en glad met ’n afskilfering-en-saamtrekmiddel.
BEHEER
As jy al dié boonste stappe volg en steeds las het van swartkoppies of puisies, gebruik ’n produk wat die puisie gouer sal laat wyk en die rooiheid minder sigbaar maak.
IQ Skintelligence Deep Cleansing Cucumber Wash
Die laaste ding wat jy wil hê, is om meer as een velprobleem terselfdertyd te beveg. Dié skoonmaakmiddel reinig sonder om dit uit te droog.
R95
The Body Shop Seaweed Pore Perfector
Die afskilferingsproduk is internasionaal aangewys as die beste waarde vir geld.
R75
BRON: Sboros, M. “Prescription for youthful skin.” Business Day
[Gutter credit]
PRODUKFOTO’S: FRANCOIS BOOYENS
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















