SELFTAN MOETS EN MOENIES
Om 'n selfverbruiningsmiddel ("self-tanner") te gebruik is nie so eenvoudig soos "koop en gebruik" nie. Daar is 'n paar belangrike moets en moenies om in gedagte te hou.
2009-04-13
Om 'n selfverbruiningsmiddel ("self-tanner") te gebruik is nie so eenvoudig soos "koop en gebruik" nie. Daar is 'n paar belangrike moets en moenies om in gedagte te hou.
2009-04-13
Kies die regte produk
Dis belangrik om 'n produk te kies wat die beste vir jou sal werk. 'n Room of 'n mousse sal goed werk as jy geduldig en perfeksionisties is. 'n Sproei werk goed vir groter areas en om strepe te voorkom.
Moenie te donker gaan nie
As jy 'n baie donker verbruiningsmiddel gebruik, gaan dit nie eg lyk nie. Maak nie saak wat jou velkleur is nie, moenie 'n donkerder kleur as medium gebruik nie. Jy kan altyd 'n ekstra laag aanwend tot jy tevrede is, eerder as om te begin met 'n baie donker kleur wat jou vreemd laat lyk.
Berei goed voor
Berei jou vel voor deur elke oggend vir ’n paar dae af te skilfer ("exfoliate"). Gebruik ook baie bevogtiger gedurende hierdie tyd, maar nie onmiddellik voor jy selfverbruiningsmiddels gebruik nie. Skeer die dag voor die tyd.
Begin betyds
So jy het ’n groot gebeurtenis soos ’n troue of spoggeleentheid om die draai. Moenie wag tot ’n dag voor die tyd nie! Elke persoon se vel reageer anders, daarom moet jy vroegtydig seker maak dat die produk aan jou verwagtinge voldoen.
Werk stadig en deeglik
Terwyl jy die verbruiningsmiddel aanwend, werk stadig en vryf die produk heeltemal in. Dit help om strepe te voorkom.
Beskerm jou hande
Was jou hande gereeld terwyl jy die verbruiningsmiddel aanwend. As jy dit nie doen nie, gaan jou hande verkleur en sal almal weet dat jou sonbruin vel eintlik uit ’n bottel kom. Om oranje hande heeltemal te vermy, gebruik latekshandskoene.
Varieer kleurdiepte
Moenie dieselfde diepte kleur oor jou hele lyf aanwend nie. ’n Mens se sonbrand is gewoonlik nie oral dieselfde nie, dus gaan dit onnatuurlik lyk as jou hele lyf dieselfde kleur is. Wend die produk liggies aan op die bokant van jou voete, om jou enkels en op jou hande.
Moenie ou produkte gebruik nie
Vervang jou verbruiningsmiddel elke jaar. Indien dit te oud raak, gaan jou vel waarskynlik dieselfde kleur bly as wat dit was voor jy die middel aangewend het.
Voorkom sonligskade
Moenie vergeet om jou vel teen die son te beskerm nie. Daar is getinte sonskerms spesifiek vir die gesig en ook vir die lyf. Dit blokkeer nie net gevaarlike sonstrale nie, maar verskaf ook 'n tikkie brons.
Wat om ná aanwending te doen
Nadat jy die middel aangewend het, dra los, donker klere. Moet vir 6 - 8 ure na aanwending nie stort nie. As jy normaalweg jou vel gereeld afskilfer, wag eers 'n paar dae voordat jy dit weer doen.
Bronne
• http://www.beautifulmakeupsearch.com/beauty-blog/2007/5/7/self-tanning-dos-
donts.html
• http://findarticles.com/p/articles/mi_m0846/is_10_23?pnum=4&opg=n6092053&
tag=artBody;col1
• http://www.wnetwork.com/articles/styleT1.asp?id=679
• http://beauty.ivillage.com/skinbody/0,,j4s6-4,00.html
argief
BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?JOU BADKAMER WORD 'N SPA!
Kan dit waar wees?JIMMY CHOO NUWE INSPIRASIE
... uit ou skoene!























