SKOONHEIDSTRUUKS
Wil jy 'n WOW voorkoms hê? Speel pop! 'n Blos op die wange en die allerheerlikste parfuum kikker triestige herfsdae op. Moenie dat 'n plooitjie hier en daar jou ’n ander storie wysmaak nie. Jy’s so jonk soos jy voel!
2009-04-13Ryno Mulder
Wil jy 'n WOW voorkoms hê? Speel pop! 'n Blos op die wange en die allerheerlikste parfuum kikker triestige herfsdae op. Moenie dat 'n plooitjie hier en daar jou ’n ander storie wysmaak nie. Jy’s so jonk soos jy voel!
2009-04-13Ryno Mulder
Wys naels!
As jy jou vingers toe krul elke keer as iemand na jou hande kyk, doen iets aan jou onversorgde naelvliesies. Kies ’n ryk vogroom of olie wat spesiaal vir hande en naels geformuleer is. Bevogtig jou hande ’n paar keer ’n dag en konsentreer veral op die gedeelte rondom jou naelbed. Moet nooit jou naelvliesies probeer knip nie. Dit beskerm jou liggaam teen infeksies. Gebruik eerder ’n geskikte naelvyltjie om dit saggies terug te druk.
Skoonheid met ’n gewete
Almay Bio Organic is splinternuut en een van die rare waarlik organiese reekse wat deur ? top skoonheidshuis uitgebring word. Omgewingsvriendelike bestanddele gee jou ’n gesonde alternatief vir skoonheidsorg. Die reeks bevat ’n ingeboude, natuurlike SBF14. Jy kan die Almay reeks sonder kommer oor jouself of skuldgevoel teenoor Moeder Aarde gebruik.
Tik-tok, tik-tok
“Jy kan nie tyd laat stilstaan nie. ’n Slim vrou is een wat verstaan sy gáán verouder so sy moet die proses bestuur. En dit ís moontlik. Daar is die voorkomingsfase, die restourasie fase en die onderhoudsfase. Gelukkig het ons die era van die aktiewe bestanddeel betree.
Die aktiewe bestanddeel maak ’n merkbare verskil in al die fases. Jy kry resultate wat jy kan sien. Ons weet die vel verouder, weefsel neem af, spiere verslap. Voeding, vernuwing, om te veg teen verslapping van jou vel en die daaglikse bevogtiging van jou vel met aktiewe bestanddele is dus baie belangrik. Onthou, om die vel in stand te hou gaan oor restourasie, nie transformasie nie.
My werk behels restourasie, nie om dinge totaal te verander nie. Ek glo nie aan ingrypende chirurgie nie want ek wil hê jy moet jouself herken op 40, 50 en 60! Die kombinasie van ’n vrou se ryper jare, haar aantreklikheid en die preservering van haar natuurlike skoonheid moet harmonieus saamhang sodat die vrou emosie in haar gesig het. Emosie ís lewe.”
DR. JEAN-LOUIS SEBAGH, kosmetiese praktisyn
Ek wíl jonk bly!
Moenie dat die ouderdom jou onderkry nie. Vandag kry ouer vroue dit reg om veel jonger te lyk, danksy ’n gesonde leefstyl gekombineer met skoonheidstegnologie. ROC CompleteLift Anti-Sagging Moisturiser for Day, R345, met Lift&Fix tegnologie sit ’n glimlag op jou gesig sonder die lagplooie! Jou gesig word gelig, jou vel word fermer en jou jeugdige glans word herstel. Nog ’n rede hoekom jy jonger vir langer kan lyk.
argief
MOOIER BENE IN NÉT 4 WEKE
Volg dié maklike wenke en jy kan dit ook in 'n kortbroek waag hierdie somer.ONDERLAAG - JOU NOMMER EEN WAPEN
Jy kan nog wegkom met goedkoop maskara en lipstiffie, maar die verkeerde onderlaag laat jou oud en afgeleef lyk.BIKINILYF IN TIEN MINUTE
Jy wil nie ure in die gimnasium deurbring nie, daarvoor is die lewe heeltemal te kort.SKOONHEID WAT JOU SAK PAS
Vroue spandeer soms geld op produkte wat onnodig is.JOU BOOB-ISSUES UITGESORTEER!
'n Volledige gids om jou boob issues op te los.DEURBRAKE WAT JOU MOOIER MAAK
Daar tóg nou en dan 'n skoonheidsproduk wat werklik jou skoonheidsroetine vir altyd verander.10 STER PRODUKTE
Uiteindelik! Die uitslae op die Ongesensorde toets van régte produkte!PROBLEEM-BORSTE? GEEN PROBLEEM!
As hulle nie te klein is nie, is hulle te groot. As hulle nie meer ferm en volrond is nie, jeuk jy om 'n plastiese chirurg te gaa...ELSABÈ SE SKOONHEIDSGEHEIME
Elsabe (Linda in 7de Laan) se grasieuse skoonheid strek veel verder en dieper as haar mooi fyn hande en ongekunstelde naels.JOU EIE KONKOKSIE
... fermer of fataal?


.jpg)




.jpg)

















