WONDERSOETE SLAAP
Sal slaap nog steeds so wondersoet wees as jy te veel slaap?
2012-01-20
Sal slaap nog steeds so wondersoet wees as jy te veel slaap?
2012-01-20
Johan Lottering, eienaar van Value Added Life (vervaardiger van Prozen), beantwoord lesers se vrae oor die invloed van alkohol op jou slaap, die waarde van natuurlike slaapmiddels en té veel slaap.
Te veel slaap
Ek slaap gemiddeld 10-12 uur per nag, maar ek voel steeds moeg wanneer ek wakker word. Ek voel ook gedurende die dag lomerig en lusteloos. Hoe kan dit wees? Ek slaap dan so baie? - Gina, Upington
Dit is waar dat ’n goeie nagrus belangrik is vir goeie gesondheid, maar dit klink of jy te veel slaap. Begin deur die ure wat jy slaap, te verminder. Probeer om elke aand op dieselfde tyd in die bed te klim en elke oggend dieselfde tyd wakker te word. Ongeag die rede hoekom jy so baie slaap, behoort jy, deur in ’n goeie slaappatroon te kom, voordeel te trek uit ’n nagrus van sewe tot nege uur. Neem jou ouderdom, hoeveel jy oefen, jou algemene gesondheid en leefstyl in ag.
Die feit dat jy te veel slaap, kan die gevolg wees van mediese probleme soos diabetes en hartsiekte. Maak ’n draai by jou huisdokter as jy nie met minder slaap kan regkom nie om vas te stel of jy aan ’n slaapversteuring ly.
Elke aand ’n drankie
’n Alkoholiese drankie saans laat my makliker aan die slaap raak, maar ek word dan gedurende die nag wakker en sukkel om weer aan die slaap te raak. Die probleem is dat ek nie sonder ’n drankie kan ontspan of aan die slaap raak nie. - Melissa, Bellville
Alkohol jou kan laat ontspan en kalmeer, maar as jy altyd alkohol nodig het om te ontspan, beweeg jy beslis in die verkeerde rigting. Verander eerder jou leefstyl. Begin met ’n oefenprogram sodat jy fisies moeg kan word en kom in ’n roetine om altyd op dieselfde tyd te gaan slaap. Vermy opkikkers soos koffie. Oorweeg dit eerder om ’n natuurlike middel vir slaap te neem in plaas van ’n drankie. Dis heel waarskynlik ook jou lewer wat jou in die middel van die nag laat wakker word. Jou organe slaap nie snags nie, maar hou hulle besig met baie noodsaaklike “herstelwerk”. As jy alkohol drink voor jy gaan slaap, beteken dit jou lewer moet ekstra hard werk in die nag.
Slaappil teenoor natuurlike middel
Ek sukkel met spanning en slaaploosheid, maar is bekommerd dat as ek ’n slaappil of ontspanningsmiddel gebruik, dit sal inmeng met my ander voorgeskrewe medikasie. Wat stel jy voor? - Rika, Oos-Londen
Die meeste natuurlike middels vir slaap en spanning behoort nie ’n invloed op jou voorskrifmedikasie te hê nie. Dit is egter raadsaam om dit met jou apteker te bespreek. Daar is geen gevaar daarin om sporadies ’n slaapmiddel te gebruik nie, die gevaar lê in langtermyngebruik. Die meeste voorskrifmedisyne vir slaap behoort nie langer as 10 dae aaneenlopend gebruik te word nie. Wat natuurlike middels betref, koop ’n produk wat gesteun word deur navorsing, soos Prozen. Dit sal die kwaliteit van slaap verbeter deur die brein toe te laat om af te skakel. Dit is nie ’n kalmeermiddel nie, maar dit sal jou help om natuurlik aan die slaap te raak sodat jy jou normale slaappatroon kan volg. Jy kan ook nie daaraan verslaaf raak nie.
Vir meer inligting oor ProZenprodukte besoek www.valueaddedlife.com.
argief
PAULA SE 10 GEWIGSVERLIES WENKE
Paula Galão van Eden Life gewigsverlies kliniek deel haar 10 gewigsverlies wenke.DIE LIEF JOUSELF DIEET
Wees lief vir jouself en verloor gewig!WONDERSOETE SLAAP
Sal slaap nog steeds so wondersoet wees as jy te veel slaap?JOU EEN-WEEK ENERGIE DIEET
Sorg dat jou energievlakke heeljaar lank hoog bly, met dié eenweek-energiedieet.DAARDIE TWEEDE GLASIE WYN ...
Jy is by die huis en jy hoef nie te bestuur nie, wat is dan verkeerd met 'n glasie wyn elke aand?REëLS VIR GESONDWEES IN 2012
Ons het die belangrikste reëls uitgesoek sodat jou strewe na gesondheid nie jou lewe oorneem nie.HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?


.jpg)




.jpg)

















