23 JOU EEN-WEEK ENERGIE DIEET jou woema Articles www.voelgoed.co.za

JOU EEN-WEEK ENERGIE DIEET

JOU EEN-WEEK ENERGIE DIEET

Sorg dat jou energievlakke heeljaar lank hoog bly, met dié eenweek-energiedieet.

2012-01-19

Dag 1

Wanneeer jy wakker word, drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in. Dit sal jou metabolisme aan die gang sit.
Maak ’n heerlike ontbyt-smoothie met 6 wortels, 2 seldery stokkies en ’n halwe komkommer.
Vir ’n versnapering later die oggend kan jy ’n handvol amandels eet.
Middagete – ’n Lekker bak slaai met 175g vars ertjies, 50g mango, 2 sprietuie in skywe gesny, ’n halwe komkommer, 1eetlepel grasuie, 2 eetlepels natuurlike soja-jogurt en ’n halwe knoffelhuisie.
Vir ’n laatmiddag versnappering kan jy ’n vrug eet.
Aandete bestaan uit 150g geroosterde varkvleis met bruinrys, pampoen en broccoli.

Dag 2


Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap.
Vir ontbyt - 250g hawermoutpap met 125 ml water of rysmelk en kaneel.
1 Mango as versnappering
Middagete – Smullekker tamatiesop van 150g opgekookte tamaties, ’n halwe ui, 1 knoffelhuisie en ’n halwe eetlepel olie. Kook alles tot sag en voeg dan 250ml kokende water by. Voeg handvol vars basiliekruid, meng goed en geniet.
1 Appel as versnappering
Mondwater roerbraai gereg vir aandete. Beesvleis in skywe gesny, wortels, roket, 2 sprietuie, 1 knoffelhuisie,’n halwe teelepel gekapte gemmer, 75g broccoli blommetjies, 50g baba mielies, ¼ rooi peper en ’n halwe eetlepel sonneblomolie. Voeg water en bietjie sop poeier by vir heerlike smaak.
Vir ’n versnappering kan jy tee (sonder suiker) en 1 growwe beskuit geniet.

Dag 3

Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in.
Heerlike vrugteslaai vir ontbyt wat bestaan uit mango, piesang, 6 aarbeie, handvol bloubessies en granaatpitte.
1 appel vir ’n versnappering.
Middagete – Slaai met komkommer, tamatie, blaarslaai, tuna, amandels en bietjie lite slaaisous.
Tee (sonder suiker) en 1 growwe beskuit vir ’n versnappering.
Vir aandete 75g gekookte bruin rys met 1eetlepel groente vanjou keuse.
Droëvrugte kan as versnappering geniet word.

Dag 4


Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in.
Ontbyt -  2 eiers en 1 sny volgraan geroosterde brood.
Handvol rosyne as versnappering.
Vir middagete - 100g tuna (in lente) met bronkors, roket, spinasie, komkommer, 4 gehalveerde kersietamaties, 1teelepel balsamiese asyn en 1teelelpel ekstra suiwer olyfolie.
As versnappering eet ’n handvol ongesoute neute.
150g geroosterde beeshaas filet, gestoomde groente en sous.
Vir versnappering – enige vrug.

Dag 5

Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in.
Ontbyt-smoothie met 'n paar aarbeie, frambose en 1 piesang.
Versnappering – handvol ongesoute neute.
150g ingemaakte ertjies, 90 gram vars ertjies, 5 klein uie, 3eetlepels Asyn, 1teelepel olyfolie en ’n handvol vars kruisement vir middagete.
1 vrug as versnappering.
Vir aandete – 150g hoenderborsie met groenpeper, 50g baba mielies, ’n halwe knoffelhuisie en gekapte sprietuie. Kook met die sap van hlawe lemoen, 1teelepel mielieblom,1 eetlepel sojasous.
Tee (sonder suiker) met 1 growwe beskuit vir ’n versnappering.

Dag 6

Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in.
Ontbyt soos dag 2.
Handvol ongesoute neute as versnappering.
Middagete – Opgekookte vis sonder vel, ’n halwe knoffelhuisie , ’n halwe teelepel gekapte gemmer. Geniet saam met bruin rys en groente van jou keuse.
Versnappering – handvol rosyne.
Vir aandete 200g ingemaakte botter bone, ’n halwe komkommer, 2 sprietuie, ’n handvol pietersielie, olyfolie, sap van ’n halwe suurlemoen. Besprinkel met sesamsaad. Geniet saam met 1 sny volgraanbrood.
Vir versnappering geniet ’n handvol gedroogte perskes.

Dag 7

Drink ’n glas lou-warm water met ’n paar druppels suurlemoensap in.
Ontbyt soos dag 4.
1 vrug van jou keuse as versnappering.
Heerlike gebalanseerder bord kos van jou keuse (moet al 5 voedselgroepe bevat - nie te groot porsies.)
Vir aandete maak ’n lekker vrugteslaai (met 5 vrugte van jou keuse) en jogurt.
Versnappering – handvol ongesoute neute of ’n soet bederfie.

*Oefen ten minste 3 keer per week vir 40 minute en drink elke dag ten minste 8 glase water.

Kommentaar

gesels saam


argief

soek op voelgoed

 

 

 

voelgoed

vermaak

 

 

   vg TV [kyk dit]


  

   vg OUDIO [luister dit]