DAARDIE TWEEDE GLASIE WYN ...
Jy is by die huis en jy hoef nie te bestuur nie, wat is dan verkeerd met 'n glasie wyn elke aand?
2012-01-11
Jy is by die huis en jy hoef nie te bestuur nie, wat is dan verkeerd met 'n glasie wyn elke aand?
2012-01-11
Dit laat jou mos so ontspanne en sosiaal voel. Reg? Verkeerd.
Jy mislei jouself as jy dink twee glase wyn per aand is nie skadelik nie. Selfs net een glasie wyn elke aand kan jou gesondheid benadeel. Hier is die skokkende feite oor vroue en drank – prontuit.
Hoekom vroue nie soveel soos mans kan drink nie
• Ons lewer is kleiner as dié van ’n man en daarom kan ons alkohol nie so goed verwerk soos hulle nie.
• Alkoholiste ontwikkel ’n afhanklikheid oor jare. Dit neem tien jaar vir ’n vatbare man en net drie tot vier jaar vir ’n vatbare vrou om verslaaf te raak.
• Vroue wat alkohol inneem, se denkpatrone word gouer versteur as dié van mans.
• Die risiko vir beserings en ongelukke verhoog met die hoeveelheid alkohol wat ingeneem word en die risiko blyk hoër te wees vir vroue.
Wat sê die dokter?
“Ek sal nooit ’n glas wyn voorskryf nie” – Dr. Christian Jessen
Dit bekommer my dat soveel mense hulleself met alkohol ‘behandel’ sodat hulle stres beter kan hanteer. Ja, alkohol is ’n ontspanningsmiddel en laat ons minder angstig voel, maar dis nie ’n gesonde manier om jou bui te verbeter nie. Alkohol kan jou depressief laat voel omdat dit die senu-oordragstowwe wat verantwoordelik is om buie te beheer, nadelig beïnvloed word.
Praktiese wenke
• Vra jouself: Is ek dors of net angstig? As jy ongemaklik rondstaan by ’n werksfunksie, sal ’n drankie jou waarskynlik meer ontspanne laat voel. Kry ’n glas sodawater en fokus verder op ander eerder as om aan jou eie angstigheid te dink en knoop ’n geselsie aan.
• Is dit regtig nodig om ’n glas wyn saam met aandete te drink? Oefening is veel beter vir stresontlading. Of klim in die bed met ’n boek.
• Moet nooit op ’n leë maag drink nie – jy sal meer drink en vinniger dronk word.
• Stadig met die hoofpynpille as jy wakker word en aaklig voel. Aspirien kan jou maag irriteer en parasetamol is swaar op jou lewer.
Ontnugterende gedagtes
• Ongeveer een uit vier kinders in die VSA het ’n ouer wat ’n alkoholis is.
• ’n Studie deur die Amerikaanse Heart Association het bevind dat mans wat daagliks vier drankies of meer drink, hulle risiko om aan hartsiektes te sterf verlaag. Dis in teenstelling met vroue wat dieselfde hoeveelheid drink en hulle risiko verviervoudig.
• Alkohol ondermyn jou vel se vermoë om homself teen bakteriële infeksies te beskerm. Wil jy ’n vleklose vel hê? Bly weg van alkohol.
• Die Million Women Study wat oor ’n tydperk van ses jaar aan die Universiteit van Oxford gedoen is, het gekyk na 1,3 miljoen vroue se leefstyl, geskiedenis en gewoontes. Die studie het bevind dat slegs een drankie per dag jou risiko verhoog om sekere kankers, soos bors-, rektum- en lewerkanker, te kry.
Lief jou lewer
Die effek van alkohol op vroue se lewer is baie groter as op mans s’n. Behalwe dat ons lewer alkohol nie so vinnig kan afbreek soos ’n man s’n nie, vat ’n vrou se lewer langer om homself te herstel. Alkoholverwante lewersiekte neem jare om te ontwikkel en bekruip jou soos ’n dief in die nag. Daar is meestal nie sigbare simptome nie tot dit te laat is en jy al die gevorderde fase bereik het. Jy mag dalk die siekte jare lank hê voordat jy dit uitvind en dan is die skade reeds gedoen.
Om na jou lewer om te sien, behels meer as om net min alkohol te drink. Jou lewer is die grootste van jou inwendige organe en een wat baie hard werk. Benewens die belangrike taak om alkohol te metaboliseer en van al die giftige neweprodukte ontslae te raak, verrig jou lewer verskeie lewensbelangrike funksies. Noem dit sommer jou liggaam se interne chemiese laboratorium wat voedingstowwe omsit in energie, hormone afbreek, stollings- en immuunfaktore produseer, gal vrystel wat help met vertering en die absorpsie van voedingstowwe, die bloed filtreer en gifstowwe verwyder.
Maniere om jou lewer in top werkende toestand te hou:
Eet al jou groente: Blomkool, broccoli, Brusselse spruite, aspersies en kool is uitstekend vir lewergesondheid omdat dit help om gesonde ensieme te vervaardig wat nodig is om die bloed van skadelike gifstowwe te reinig. En suurlemoen skakel as’t ware die lewer se detoksproses aan.
Loop lig vir vitamien A: ’n Oormaat vitamien A, wat na absorpsie in die lewer gestoor word, is toksies vir jou lewer. Die maksimum veilige hoeveelheid vitamien A vir volwassenes is 3 000 mikrogram per dag.
Ken jy die perke?
Baie vroue is verbaas as hulle hulle drankies begin tel en vergelyk met die hoeveelheid wat as veilig beskou word.
Die voorgestelde hoeveelheid vir vroue oor 18 jaar (gebaseer op mediese advies) is 2-3 eenhede alkohol per dag en nie meer as 14 eenhede gedurende een week nie. Maar volgens die voorafgaande navorsing blyk dit heeltemal te veel te wees. Jou gesondheidsrisiko’s verhoog met elke eenheid wat jy oor die limiet gaan. Jy kan ook nie jou eenhede gedurende die week spaar en dan al 14 eenhede oor die naweek drink nie.
Daar is 4,5 eenhede in ’n halwe bottel wyn wat 12% alkohol per volume bevat. Om eenhede uit te werk, gebruik die volgende formule: sterkte (bv. 12%) x volume (ml) ÷ 1000 = eenhede.
Om binne die voorgestelde twee standaarddrankies per dag te bly, is ’n kwart bottel wyn ál wat jy kan drink. As jy ’n bottel wyn met iemand deel, is dit 100 persent of dubbel oor die limiet!
Spoel ’n slag jou teepot uit en nooi jou vriendinne vir ’n koppie tee, drink ’n koue gemmerbier of maak vir ’n verandering ’n paar mocktails (mengeldrankies sonder alkohol).
argief
PAULA SE 10 GEWIGSVERLIES WENKE
Paula Galão van Eden Life gewigsverlies kliniek deel haar 10 gewigsverlies wenke.DIE LIEF JOUSELF DIEET
Wees lief vir jouself en verloor gewig!WONDERSOETE SLAAP
Sal slaap nog steeds so wondersoet wees as jy te veel slaap?JOU EEN-WEEK ENERGIE DIEET
Sorg dat jou energievlakke heeljaar lank hoog bly, met dié eenweek-energiedieet.DAARDIE TWEEDE GLASIE WYN ...
Jy is by die huis en jy hoef nie te bestuur nie, wat is dan verkeerd met 'n glasie wyn elke aand?REëLS VIR GESONDWEES IN 2012
Ons het die belangrikste reëls uitgesoek sodat jou strewe na gesondheid nie jou lewe oorneem nie.HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?


.jpg)




.jpg)

















