WAT JOU DOKTER NIE SÊ NIE...
Is dit omdat hy of sy te skaam is?
2010-05-25
Is dit omdat hy of sy te skaam is?
2010-05-25
Het jy al ooit gedink dat jou dokter jou dalk nie alles vertel nie? Wel, dit is bloot omdat hulle nie die tyd het nie en dalk net te “skaam” is. ’n Paar medici deel hul gedagtes met ons en help jou om ’n beter pasiënt te wees...
Wat sê jou gp?
Dié probleem is dat huisdokters omtrent net 15 minute het om jou te sien wanneer jy kom vir ’n afspraak. Terwyl jy by jou dokter is, is daar ’n duisend goed wat deur sy/haar kop maal. Hulle ondersoek jou en bo en behalwe dit, wonder hulle hoe hulle ooit vir jou gaan sê dat jy beter na jouself moet kyk sonder dat jy kwaad sal raak.
Jy moet onthou dat jou dokter net die beste vir jou wil hê. Maar hoekom is almal dan só sku om dokter toe te gaan?
Dalk is dit omdat dokters jou slegs sien wanneer jy totaal afhanklik van hulle is? Dit is nou maar so dat ons nie gesien wil word as swak nie en dan is ons nog selfbewus oor ons beenhare of pienk toonnaels ook... Reg? Dr. Katherine O’Connell White sê dat dokters glad nie eers worry oor jou beenhare nie, so moenie verskoning maak daarvoor nie. “Ons kyk nie daarna nie.”
Sit maar ’n lekkerruik dingetjie aan voordat jy dokter toe gaan, maar moenie te veel stres oor jou voorkoms nie. Die dokter is daar om jou gesond te maak, nie om jou voorkoms te beoordeel nie. Behalwe natuurlik as hulle voel jy kyk nie na jouself nie.
Dr. Sharonne Hayes meen dat sy graag wil hê dat haar pasiënte eerlik met haar moet wees oor hoeveel of hoe min hulle oefen. Sharonne sê dat om besig te wees nie dieselfde is as om fisies aktief te wees nie. Jy sal slegs resultate sien as jy minimum 30 minute se redelike intense oefeninge elke dag doen.
Verder is dit goed om ook oop met jou dokter te wees oor wat regtig fout is met jou. Dokters hou daarvan as jy reguit en eerlik met hulle is. Dr. Raul Seballos sê dat elke dokter “by the way, doc” pasiënte het. Dit is pasiënte wat na die dokter toe gaan met griepsimptome en eers wag na die ondersoek totdat hulle die regte probleem aanspreek, soos hartkrampe, ens. Raul sê dat dit ’n ernstige kwessie is en dat pasiënte eerder eerlik met hul dokters moet wees. Jou dokter ondersoek jou, na gelang van watter simptome jy het of aan hulle verduidelik.
Dr. Zoe Draelos sê dat jy weer mense kry wat dink hulle het elke kwaal denkbaar. Sy sê dat ’n pasiënt vir haar sal sê: “Ek het daardie pil gesien vir toonnaelfungus, ek soek dit.” “Jy het nie toonnaelfungus nie.” “Ja, maar my toonnaels lyk net soos dié in die foto.” Wees eerder bly jy het nie toonnaelfungus nie!
Wat sê jou onkoloog?
Het jy geweet dat jou dokter graag wil hê jy moet eet en sodoende die risiko vir kanker verlaag? Dr. Edward Creagan van Minnesota in die VSA, sê dat jy lang Europese etenstye moet neem. Sy rede hiervoor? “Jy weet hoe Italianers vir ure kan kuier oor etes... Dit hou hulle uit die son uit wanneer die son op sy gevaarlikste is.” So vat bietjie ’n lekker lang lunch saam met jou vriendinne en vermy so die son se gevaarlike strale wat dalk velkanker kan veroorsaak.
Wat sê jou tandarts?
Ons almal ken dit... Jy borsel jou tande 500 keer voordat jy tandarts toe gaan, jy wil tog nie met ’n slegte asem daar aankom nie. “Mevrou, hoe gereeld borsel jy jou tande?” “Ek borsel my tande drie keer ’n dag en ek vlos en ek gebruik mondspoel en en en...” Dit terwyl jy weet, jy sorg nie só goed vir jou tande nie.
Jennifer Jablow, ’n kosmetiese tandarts van New York se dat jy maar eerder van die suurlemoene moet wegbly as jy mooi wit tandjies wil hê. Sy sê die hoë suurinhoud in suurlemoene laat die emalje (enamel) van jou tande afskilfer.
Wat sê jou ginekoloog?
Oukei, dit is nou nie iets waarmee vrouens gemaklik voel om oor te praat nie, maar dit is tog nodig. Prof. Mary Jane Minkin van Yale Universiteit sê dat vrouens nadat hulle seks gehad het, toilet toe moet gaan. Hoekom? As jy urineer nadat jy seks gehad het, raak jy ontslae van bakterieë wat dalk urinêre infeksie kan veroorsaak. Sy sê dat ’n glas rooibosbessiesap (cranberry juice) ook kan verhoed dat daar bakterieë aan die blaaswande verbind.
Wat sê jou sielkundige?
Dr. Karla Umpierre, ’n kliniese sielkundige van Miami, sê dat jy na partytjies toe moet gaan om gelukkig te wees. “Om ’n sterk sosiale netwerk te hê, verbeter jou geestesgesondeheid, sowel as jou fisiese gesondheid.” Sy sê dat mense geleenthede moet soek en bywoon waar hulle met mense kan connect vir wie hulle omgee.
Karla sê dat jy ook selfsugtig moet wees. “Dit is belangrik om tyd te neem om jouself te leer ken, jou vrese en wat jy in die lewe wil hê.”
Wat sê dr. Oz oor ouderdom?
Die bekende Dr. OZ van Oprah sê dat daar ’n paar gevaartekens is wat daarop kan dui dat jy besig is om te vinnig oud word:
• As ’n vrou se ringvinger langer as haar wysvinger is, kan dit beteken dat die kans groter is dat sy osteoporose kan ontwikkel.
• Vrouens wat in hul 20’s ’n bra met ’n D cup size dra, sal meer geneig wees om diabetes te ontwikkel as vrouens wat ’n kleiner borsmaat het.
• Wanneer die agterkant van jou knieë seer is wanneer jy nies of hoes kan dit beteken dat jy diep aar trombose het.
• Volwassenes wat groter abdomens het in hul 40’s, se kans is 3 en ’n half keer groter om kranksinnigheid te ontwikkel.
• ’n Droë mond kan jou tandvleis en tande laat verrot wat die moontlikheid daarstel vir hartsiektes.
Besoek gerus die onderstaande bronne vir verdere inligting oor wat jou dokter graag wil hê jy moet weet:
living.health.com
www.examiner.com
www.rd.com/living-healthy
www.medicinenet.com
sallywadyka.com
- Gee raad oor HVT asb. Ek gebruik nou al ongeveer 25jr hvt en wil weet of dit werklik nodig is. Ek is 60jr oud en alles is verwyder. Volle histerektomie gehad. Ek het 'n vermoede ek hou water terug as gevolg daarvan. My hare is ook baie dun. Gee raad asb
- ons soek inligting oor dokters
- kan u my help met my rug besering/PYN /BENE LAM VOEL EN EK BEGIN NOU MANK LOOP
argief
HOE MAAK JY JOU KOS GAAR?
Jy eet dalk gesond, maar jou gaarmaak-metode, verander dalk jou gesonde kos in iets wat net jou maag vol maak.SIT SPANNING OP SY PLEK!
Jy werk baie hard, want jy moet mos oorleef, of hoe?SOETE SOETE SLAAP
Jy lê stil in jou bed, amper te moeg om die komberse oor jou skouers te trek.DIE EEN-REËL DIEET
Sal jy van 'n dieet hou met nét een reël?'N FINESSE STAPPLAN VIR ELKE VROU
Die gimnasium is nie die enigste plek waar jy fiks kan word nie. Verruil die gewigte vir 'n paar tekkies - en stap jou fiks!DIE MAER-WORD-UITDAGING!
FitSlim challengeWORD FIKS TEEN 'N WINSKOPIE!
Run/Walk for Life bied hierdie maand 'n uitstekende aanbod aan FINESSE lesers.IS DIT NET 'N GRIL?
... Of 'n groter gevaar?SLAAN VERKOUE HOK
Wanneer kry dit einde? Koue dae en lang nagte …AANVULLINGS ...
Het jy 'n tekort die winter?























